Kabeldiewe vermoor wag grusaam

Die perseel waar die veiligheidswag vermoor is. (Foto: Verskaf)

ʼn Sekerheidswag is Vrydag in die vroeë oggendure grusaam op ’n perseel by ’n rioolplaas in Leslie in Mpumalanga vermoor nadat hy op ’n voorval van kabeldiefstal gereageer het.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê ’n sekerheidsmaatskappy het vanoggend ’n klagte ontvang oor kabeldiefstal en die betrokke sekerheidswag is uitgestuur om ondersoek in te stel.

Patrone is op die toneel gevind. Foto: Verskaf)

Die polisie in Leslie is ook ontbied. Hulle het egter met hul aankoms op die sekerheidswag se liggaam afgekom. Die sekerheidswag het “ernstige beserings” aan sy keel gehad en sy persoonlike vuurwapen is moontlik gesteel. Daar is ook patrone op die toneel gevind.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat ’n elektriese kabel ook vanoggend gesteel is.

’n Saak van moord en kabeldiefstal is sedertdien aanhangig gemaak en die polisie is op die spoor van verdagtes.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het intussen die moord op ’n wetstoepassingsbeampte sterk veroordeel.

“Ons sal alle beskikbare hulpbronne gebruik om die verdagtes op te spoor en te verseker dat diegene wat by die sekerheidsbeampte se moord betrokke was, aan die pen ry,” sê Manamela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nie Verbaas ·

Lekker in Suid Afrika as jy n krimineel is en ons slapgat regering is die oorsaak daarvan.

Althes ·

Sterkte aan sy familielede. N Man wat daagliks gaan werk het om vir hom en sy gesin te sorg.
En gierige, moorddadige kriminele neem sy lewe en vernietig sy geliefdes.
Danksy ons slapgat regering, dink die kriminele hulle kan maak en breek soos hul wil

Delia ·

Hoe de…stuur die sekuriteitsmaatskappy net 1 man uit. Ons weet mos kabeldiewe kom nie een een.

Burgermeester ·

Die probleem hier is dat die sekerheidsmaatskappy vinniger gereageer het as die SAPS.

Danie ·

Dis regtig hartseer dat ons in sulke slegte omstandighede moet leef en elke dag moet hoor hoe misdaad seevier. Dan lui goeie mense daaronder. My hart breek vir die arme familie wat agter bly en moet sit met die wete dat hul geliefde so wreed vermoor is. Ek moet ook vra dat hoe is daar net een wag op die perseel geplaas? Sy dood maak geensins sin nie – en boonop is die skuim nou nog n vuurarm ryker!
….ook nie asof hulle aangekeer sal word nie.

sterkte aan die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.