Kabinet bekommerd oor ekonomie

Argieffoto

Die kabinet het vandag sy kommer uitgespreek oor verskeie aspekte van die landsekonomie, en die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, het onderneem dat die regering binne drie weke met ʼn praktiese plan ter verbetering van die situasie vorendag sal kom.

Mthembu, wat ook die kabinetswoordvoerder is, het gesê die stygende werkloosheidskoers en swak ekonomiese groei wek spesifiek kommer.

Nogmaals het die minister aangevoer dat die kabinet daartoe verbind bly om strukturele uitdagings te takel wat die ekonomie kniehalter en die vermoë terughou om ontwikkelingsuitdagings die hoof te bied.

Die kabinet het hom, volgens Mthembu, ten sterkste uitgespreek teen die onlangse aanvalle op die polisie in die Johannesburgse middestad en gesê dat alle skuldiges onverwyld vervolg moet word want alle aanvalle op die polisie moet streng gestraf word. Munisipale regulasies moet ewe streng toegepas word.

Eweneens het die kabinet hom uitgespreek teen die beskadiging en vernietiging van eiendom tydens onlangse stakersoptrede in die middestad van Pretoria. Die kabinet is bekommerd oor toenemende vandalisme tydens protesoptrede.

Die kabinet het sy blydskap uitgespreek oor die nuwe Mosambiekse skietstaking en sy ondersteuning van die atleet Caster Semenya se pogings om aan die middelafstande te mag bly deelneem as ʼn vrou.

Die kabinet het Suid-Afrikaners genooi om uitblinkers te benoem vir die ontvangs van nasionale ordes. Benoemings sluit op 31 Augustus en besonderhede is beskikbaar by www.thepresidency.gov.za.

Die kabinet het ook met kommer kennis geneem van die uitbreking van Ebola in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Oordrag van die siekte geskied deur persoonlike kontak. Hoewel Suid-Afrika geklassifiseer word as ʼn laerisiko-land vir die oordrag van die siekte is gebeurlikheidsplanne getref vir die hantering daarvan.

Mthembu het ook aangekondig dat Suid-Afrika en Japan voortaan gaan saamwerk om meer omgewingsvriendelike plastiek te vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

CHAPPIES ·

JAAAA….ÁL WAAR HUL VASHAAK !!!!
Bekommerd….bekommerd…bekommerd en DÓÉN NÍKS DAADWERKLIKS!!
Patetiese spul

Stand for change ·

Bekommerd… regtig. Ek was al 20 jaar terug bekommerd. Wat verwag mens van ‘n regering waar almal hulself help, net hulself dien en niks tussen die ore het as slegs korrupsie nie. Dis hoekom Afrika is waar hy is, want regerings kan nie proaktief wees nie, kan nie regte besluite neem en die etiese ding doen nie. Die land is geplunder en die SOEs is almal bankrot en hulle praat steeds van banke nasionaliseer, pensioene nasionaliseer, grond onteien, ens. Wys jou net. En hulle is nou eers bekommerd. Oor nog 25 jaar sal hulle die witman skuld gee en nog 25 jaar daarna sal hulle besef China het als afgevat.

jean ·

@Chappies….hulle het nie ‘n clue wat hulle doen….praat in sirkels en in die wind.

Jacques ·

Wanneer die kabinet sy kommer uitspreek oor die ekonomie, besef ons dit is fopnuus.
Hulle het geen benul wat dit is om vir ‘n paar rand te werk nie. Nog minder om uitgawes te he.
As hulle enige benul gehad het wat in die ekonomie aangaan, sou hul praktiese plan (binne 3 weke), die afskaffing van SEB, sowel as die CCMA.
Onmiddelik. Sonder voorwaardes.
Enigiets anders is net nog geld mors en verder in die bodemlose put af.

Petrus ·

Die land is klaar oor die afgrond. Niks kan SA meer red nie. Die ANC het te veel skade aangerig. Was die land ‘n besigheid sou ons dit op ‘n veiling moes verkoop.

Beleid ·

Jy is presies reg. Beleid. Maar dit sal nie verander nie. Miskien meer regulering om seker te maak al die ryskorrels is getel om later weer verlore te raak.

Pieta ·

As hul regtig bekommerd is, verminder hul salarisse met helfte. Dan verdien hul steeds te veel.

Gert van Wierdapark ·

Blah-blah-blah x 100!!! Die Flippen enigste manier om die ekonomie aan die gang te kry, is om die SOUSTREIN binne 3 WEKE TE STOP, my China!

Johan ·

Die Kabinet is bekommerd oor die ekonomie. Maar dit is hulle besluite wat die ekonomie laat sink!

Johan ·

Mr Mthembu – All of this took place specifically over the last 10 years – sorry sir but me for one is not buying anything you as politicians are saying – why now – what about all the murders on all citizens that is just increasing by the day – not one politician is saying enough is enough – let us stand together and forget all our differences on all levels and fight the fraud , murders etc – let us stand together as one nation and be proud of ourselves and support each other in this war against everything that is hurting us as human beings and as a country – otherwise there is no hope for us!!!!

JohanR ·

Sal dit hulp om die SOUS TREIN weer aan die gang te kry, as almal in kabinet ‘n groot verhooging kry?

Ruiklont ·

Weereens woorde en nogmaals woorde oor 25 jaar. Geen noemens waardige suksesse oor die periode nie, hoekom sal dit nou verander?

Chrisjan ·

Dalk is die kabinet bekommerd omdat die beloftes van oorsese lande om geld in hierdie bodemlose put begin taan. Agv meer publisiteit oorsee oor omgekeerde rassisme, plaasmoorde, geweld en wetteloosheid is die sogenaamde bondgenoot lande besig om hul beursies toe te hou – dit is waaroor ons kabinet so vreeslik “bekommerd” is.

Trots Afrikaans ·

Oplossing
Stap 1: Sit God terug in die Grondwet.
Stap 2: Kanseleer regstellende aksie en swart bemagtiging.
Stap 3: Vervang die ANC regering met VF+

Kobus ·

Stap 1: Nie almal in die land is Christene nie, veral nie Calviniste nie.
Stap 2: Stem saam
Stap 3: Geen manier dat 414 000 mense se wil op die meerderheid afgedwing kan word nie.

Dink verder en kom vorendag met Plan B.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die “menere” wat nou so bekommerd is oor die ekonomie is dieselfde spul wat besluit hoeveel van my hard verdiende inkomste ek moet oorbetaal sodat hulle ‘n lewe daarmee kan ly waarvan ek net kan droom. Dis die menere wat NIE vir brandstof betaal nie, nie vir huise betaal nie, nie vir water en elektrisiteit betaal nie, nie skoolfonds betaal nie, nie medies betaal nie……………maar hulle’s bekommerd oor die “ekonomie”? What a joke!! SA is in die bootjie waarin hy is vir net een rede: Hopeloos teveel mense kry hopeloos teveel geld vir hopeloos te min werk!!

Johanna Botha ·

BQ laat nou ….agv al die dom mense daar se besluite !

Skuweberg ·

Wat verwag hulle anders. Die plek(parliment) is die afgelope 25 jaar deur ondeurdagte besluite in n rowerspilonk verander.

Manie ·

Haai foeitog. Het die klomp trog vreters begin agterkom hulle het die land in sy dinges in met hulle swak regering

Reinhardt ·

Whahahaha, die regering het onderneem om binne 3 weke met ʼn plan vorendag te kom ter verbetering. Whahahaha…

Ja nee ·

Ek is seker die is fop-nuus, daar is geen kans dat die regering bekommerd is oor die ekonomie nie!

George in Bloem ·

Dis die beste waarmee hulle kan opkom na 24 jaar? Hahahahahahaha!!

Jimmy ·

Hoeveel planne het ons nou al gesien? Maar die ANC begin weer sterk staan by die stembus.

Kobus ·

Nou eers? Julle was mos lankal gewaarsku maar stap net voort. O ja vergeet is Jan van Riebeeck se skuld

Pieter ·

Haha hulle moes tien jaar terug al bekommerd gewees het ek glo nie hulle weet wat peteken daai woord nie als is mos n grap die land ook he he he

Sarel ·

MM, berig behoort te lees dat n minderheidsgroep in die parliament bekkomerd is.

John ·

Die DA moet nie net hofsakies hou en daarna op Clifton se strand gaan uitspan nie, maar werk aan ‘n volhoubare beleid as oppossie. Teen 2028 op die meeste gaan die ANC se doodsberig in die Mail verskyn weens die wonderlike doepa van die nuwe mediese plan. Hul eie mense gaan hulle begin stenig weens swak dienslewering en omdat grootskaalse misdrywe met die fondse plaasvind. Hierdie nuwe liggaam wat die geld gaan in moet eerstens onder die dept van finansies funksioneer, maar daar is al klaar oompies met sterretjies in die ogies. Baai-baai ANC!

Chris ·

Iemand onder die uitverkorenes wat om gee of verstaan wie “eintlik” verantwoordelik is vir die “situasie”?
Blitsvinnige Praktiese Plan: Pay Back the Money

Johann van Cullinan ·

Die regering is bekommerd oor die ekonomie. Dit is juis hulle skuld dat ek en 300 mense ons werk verloor het in 2015 en dat ons maatskappy hulle sponsyster vervaardigings plant op Cullinan moes sluit, as gevolg van goedkoper invoer yster van China af. Hulle praat altyd van werk skepping, maar hoeveel besighede moes al hulle deure toemaak as gevolg van die ANC regering. Hulle kan nie werk skep nie, net die belasting betaler se geld. Dit is al wat hulle kan skep. Net probleme. Dit is die nagevolge van onbekwame mense, met vervalsde kwalifikasies.

Deon ·

Die kabinet bevestig maar net dat die ANC nie ‘n idee het wat aangaan nie. Moodys en buitelanders besef dit ook. Dit is belaglik om te sê binne drie weke sal daar ‘n plan wees. Hoeveel planne het ons nou al beleef?

Rubber ·

Nee wat Jackson die eintlike heersers is die SAKP. En soos ons sien in Venezuela en Zimbabwe gaan dit gepaard met ‘n orgie van korrupsie hongersnood, armoede, krimpende ekonomieë, en eindig met anargie. Julle sal niks doen om dit om te draai nie want ‘n honger maag kan nie opstaan teen verdrukking nie.

Gert van Wierdapark ·

Die enigste struktuele uitdagings waaraan die a en see in die huidige Kakistokrasie kan aandag gee, is om hul Kaarte-huis se laaste ou pilaartjie, genaamd Ys, ook soms gespel Ace, te verwyder!!! Wanneer die stof dan gaan le het, kan ons aan n nuwe plan werk waar geen politici betrokke MAG/MOET wees, nie!

Buffel ·

En een ding is vir seker en dis dat bekommerd wees al is wat hulle kan doen. En niks anders nie. Die politieke wil en kognitiewe vermoe is afwesig. Hulle sal net die belastingbetaler wat produktief is, melk vir nog om die stelery te laat voortgaan vir nog ‘n paar jaar.

Souff Êffrika ·

Kla maar. Dit sal niks help nie. Moet niks beters in Afrika verwag nie. Dinge sal ook nie verbeter nie. Hordes gekwalifiseerdes emigreer op strepe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.