Kabinet gaan oor sukkelende ekonomie vergader

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Die kabinet se ekonomiese groepering gaan Dinsdag ʼn spesiale vergadering hou om die land se swak kredietgradering en sukkelende geldeenheid te bespreek.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Vrydag die spesiale sitting aangekondig. Internasionale graderingsagentskappe het verlede week Suid-Afrika se kredietgradering afgegradeer na BBB-, net een vlak bo rommelstatus. Nhlanhla Nene, minister van finansies, is Woensdag deur pres. Jacob Zuma uit sy pos verwyder, waarna die rand skerp gedaal het teenoor die vernaamste geldeenhede.

Radebe het Vrydag ná afloop van ʼn kabinetinligtingsessie gesê Dinsdag se vergadering is belê om ekonomiese aangeleenthede te bespreek. “Dit is ʼn voortsetting van besprekings wat gewoonlik deur die kabinet gehou word, veral nou met hierdie swak ekonomiese klimaat wat heers.”

Zuma het Nene met die grootliks onbekende David van Rooyen vervang. Van Rooyen is Donderdag in die Uniegebou in Pretoria ingehuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Knersus D ·

Ai tog – waarvoor?? As hulle net hulle fippen oge en ore oopmaak sal hulle mos weet dat daar net een oorsaak is – Zuma. ELke keer as hy sy snater oopmaak, dan val die Rand.

Gerhard Bezuidenhout ·

Kul jou hier ,kul jou daar en siedaar .Weg is my vorige ommentaar alweer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhard

Vergewis jouself gerus van die riglyne van lesersdeelname op Maroela Media soos vervat in ons bepalings en voorwaardes om seker te maak dat jou kommentaar nie gemodereer word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Berhalet Beukes ·

Vergader en dan wat… Spandeer hulle duisende rande aan kos terwyl hulle die ekonomie bespreek en verdere gedagtes uitruil om ons op innoverende maniere te besteel?

Nic Grobler ·

Dinsdag se vergadering sal ongetwyfeld ‘n groot sukses wees met die bekwame leiding van Van Rooyen en met al die lank verwagte oplossings vir die ekonomie tevoorskyn kom.

M ·

Ai sal laaik om vlieg teen daai mure te wees om te hoor wat is nou besluit oor wat nou die oorsaak is van die swak ekonomie en wat ook al. Sterkte Mr Van Wyk, ons sien uit na jou begrotings toespraak in Februarie

Slim vang Sy baas...eischhh. ·

Die buitelanders wil meer daar in die RSA bele in enige iets nie want die government wil als mos net vat en helfde van als moet mos maar net weggee word for free…staking op staking,korrupsie..ja malema en zumpies dit is die skade wat jul berokken elke keer as jul daai dwase papegaai snawels van jul oopmaak!!!doe so voort die rand is binnekort langs die ou Zim eenheid in waarde..hehe…eischhh afrika..

arie plaasboer ·

Weet hulle waaroor die ekonomie gaan of dink hulle hulle weet dit.
In my siening het hulle absoluut geen besef van waaroor dit ieindelik gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.