Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Vrydag die spesiale sitting aangekondig. Internasionale graderingsagentskappe het verlede week Suid-Afrika se kredietgradering afgegradeer na BBB-, net een vlak bo rommelstatus. Nhlanhla Nene, minister van finansies, is Woensdag deur pres. Jacob Zuma uit sy pos verwyder, waarna die rand skerp gedaal het teenoor die vernaamste geldeenhede.
Radebe het Vrydag ná afloop van ʼn kabinetinligtingsessie gesê Dinsdag se vergadering is belê om ekonomiese aangeleenthede te bespreek. “Dit is ʼn voortsetting van besprekings wat gewoonlik deur die kabinet gehou word, veral nou met hierdie swak ekonomiese klimaat wat heers.”
Zuma het Nene met die grootliks onbekende David van Rooyen vervang. Van Rooyen is Donderdag in die Uniegebou in Pretoria ingehuldig.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Ai tog – waarvoor?? As hulle net hulle fippen oge en ore oopmaak sal hulle mos weet dat daar net een oorsaak is – Zuma. ELke keer as hy sy snater oopmaak, dan val die Rand.
Kul jou hier ,kul jou daar en siedaar .Weg is my vorige ommentaar alweer.
Vergader en praat net die heeltyd maar doen niks.
Vergader en dan wat… Spandeer hulle duisende rande aan kos terwyl hulle die ekonomie bespreek en verdere gedagtes uitruil om ons op innoverende maniere te besteel?
Dinsdag se vergadering sal ongetwyfeld ‘n groot sukses wees met die bekwame leiding van Van Rooyen en met al die lank verwagte oplossings vir die ekonomie tevoorskyn kom.