Kabinet: ‘Gʼn ruimte vir Wes-Kaap om af te stig’

Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie. (Foto: @GovernmentZA/Twitter)

Daar is geen ruimte vir die Wes-Kaap om van Suid-Afrika af te stig nie en “daar sal nie twee Suid-Afrika’s wees nie”.

Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie oor die uitkomste van die afgelope kabinetsvergadering gesê wanneer daar ʼn “skuif” is, soos in die Wes-Kaap, om mag van die nasionale regering na provinsiale vlak af te wentel, die nasionale regering die verantwoordelikheid het om die provinsie daaraan te herinner dat Suid-Afrika nie ʼn federale republiek is nie maar ʼn unitêre staat met slegs een Grondwet.

Volgens Ntshavheni sal Suid-Afrika een land bly en dit is die Wes-Kaapse regering se verantwoordelikheid om te verseker dat die mense van die provinsie gedien word, ongeag ras en ekonomiese status, en nie “die huidige tendense waar die armes en swart mense by dienste uitgesluit word nie”.

Die kabinet het reageer op die DA-gerugsteunde Wes-Kaapse Wetsontwerp op Provinsiale Magte. Dié wetsontwerp beoog om die uitoefening van provinsiale magte deur die Wes-Kaapse regering te bevorder en om die devolusie of delegering van verdere magte van die nasionale regering te bekom.

Ntshavheni het gesê die kabinet is ingelig oor die “ongrondwetlike” konsepwetsontwerp wat “die voorskrifte in skedules 4 en 5 van die Grondwet skend”.

“Die kabinet het opgemerk dat hierdie konsepwetsontwerp ’n poging is om terug te keer na die Demokratiese Party [voorloper van die Demokratiese Alliansie] se verkose federale benadering wat poog om ’n verenigde en inklusiewe Suid-Afrika te ondermyn.”

Volgens Ntshavheni is dit opmerklik dat die konsepwetsontwerp die uitsluiting van toegang tot dienste van die groot swart gemeenskappe van onder meer Khayelitsha, Gugulethu, Nyanga, Langa, die Kaapse Vlakte en Delft ignoreer.

“Die kabinet het die ministers van justisie en samewerkende regering en tradisionele sake opdrag gegee om met die Wes-Kaapse provinsiale regering in gesprek te tree in ooreenstemming met die relevante geskilbeslegtingsmeganismes soos voorsien in artikel 146 van die Grondwet en die toepaslike interregeringsraamwerk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Harry ·

The government would never allow this as doing so would make them look even worse than they already do and show the people what competent governance looks like.

Republikein in die Wes Kaap ·

Bog! Skrik jy wragtig vir ANC politici. Die regime het beheer oor die land verloor.

Sobymykoolkop ·

Dan gee die ” Europese” base baie goeie leiding van ver af.

Papsak ·

Nee want hoekom briek sy dit hulle te jaloers om te sien dat ons wittes kan en mag op ons eie aan gaan daarom skop sy hier teen hulle wil ons onder he klaar

Trotse Boervrou ·

O my genade, nou is ek absoluut sprakeloos. Die Wes-Kaap is nie ‘n probleem nie, die Regering is! HULLE SLUIT DIE HELE SA UIT. Kyk wat het hulle aangejaag vanaf 1994. Ag nee tog, laat ek nou net swyg want die wragtig weet.

Andre ·

Anc is lekker bang vir so n moontlikheid. Hulle skend die grondwet daagliks, maar dit is reg.

Hannes ·

Met díe rooi uitrusting kan ek maar net raai waar haar lojaliteit lê.

Cherokee ·

En kommunisties is ons, is dit nie? As jy wil stry, check wie is die government.

Manie ·

Dis nie vir die regering om te besluit nie, die grondwet maak voorsiening daarvoor.

Manie ·

Bladsy 71 van die Grondwet punt 127(1)F Die premier van ‘n provinsie mag ‘n referendum uitroep. Hoofstuk 14-Volkereg .235-Die reg tot selfbeskikking.

Republikein in die Wes Kaap ·

Besoek ook CIAG en Capexit se webtuistes. Heelwat werk is al gedoen op verskeie terreine.

Manie ·

Dit staan baie duidelik in die grondwet dat selfbeskikking ‘n fundamentele reg is.

Manie ·

Bladsy 71 van die Grondwet punt 127(1)F Die premier van ‘n provinsie mag ‘n referendum uitroep. Hoofstuk 14-Volkereg .235-Die reg tot selfbeskikking.

Vrystaat2109 ·

Kan jy glo sy praat oor dienste wat gelewer word onder die anc is daar GEEN dienste. Hoekom is daar binne anc munisipaliteite soveel onluste oor swak dienslewering, raak wakker.

Witbaard ·

Bly jy dan maar rustig en onderwerp jou aan hulle korrupsie. Moet net nie kla nie.

Witbaard ·

Nou is dit tyd om die krane oop te draai en alles moontlik doen om die Weskaap vry te maak. ANC het nou geskrik.

mattk ·

Woon hierdie vrou in Suid Afrika? Sy praat van die uitsluiting van swart gemeenskappe in die Wes Kaap, maar die amptenare in die ANC kabinet sluit alle inwoners van Suid Afrika uit as mens kyk na die dienslewering en instandhouding van alle infrastruktuur in die land.

Manie ·

Dit behoort nie te moeilik te wees nie. ‘n Eie Weermag van so 500 man sal voldoende wees.

Jack ·

Ja ons enigste hoop is afstigting maar dan gaan ons die besluit moet kan verdedig..in eenvoudige terme ons gaan ons eie weermag moet hê om enige teenstand te kan absorbeer.Dit is al taal wat die regering kan verstaan.Die regering besef ook dat die res van die land nie sal kan funksioneer sonder die Weskaap se ekonomie nie en daarom sal hulle so ‘n besluit met hand en tand beveg.

Cherokee ·

Vergèèt dit! Die Weskaap het permanente wind, reën en rampokkers. Die pragtige Natal loop reed ver voor met stemme.

melaney ·

Wanneer ‘n mens mismoedig of kwaad voel, dan is dit asof die brein gaan staan en kan ons nie helder dink nie. Daar IS maniere om hierdie probleem te omseil, sonder om oorlog te maak en geen lewensverlies. Eerstens moet ons sorg dat die ‘grysgoed’ gelig word vanuit die ‘exhaust’. Daarna sit ons ons helde verstande bymekaar. Ek kan aan ‘n hele paar maniere dink om die anc ‘n les te leer wat hulle nooit sal vergeet nie.

CHRISTINE ·

Natuurlik nie. Die son mag mos oor niemand skyn in die anc kommunisme nie,

Bolandse Nooi ·

SIen, ek het julle mos gesê: DAAR IS GEEN MANIER WAT DIE ANC DIE WES-KAAP SAL TOELAAT OM AF TE STIG NIE. Nes hulle ook nie ‘n koalisie-regering deur die Veelparty Handves sal toelaat nie. Diegene wat hieraan dink, lewe in ‘n droom wêreld.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien een streek afstig sal die res volg. Die regime sal dit nie kan keer nie. Hulle veg nou vir eie belang.

Bolandse Nooi ·

Sê een wat sekerlik siedend woedend is omdat sy nie soos talle van haar medelopers in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Wes en KZN Wes-Kaap toe kan vlug nie …

Mnr De Beer ·

Al wat ek nou kan aflei is dat ANC kan nie regeer en sonder die Wes-Kaap bestaan nie. Hulle weet Wes-Kaap is ongelukkig ver beter is as die ander provinsies wat deur ANC opgeneuk word. Ek is n Vrystater bygese. Ek hoop maar dat meer Afrikaners sal maak soos Orania. Dit lyk of dit werk daaikant.

Bulkalf ·

Die enigste manier om af te stig vir die Wes-kaap, is voor die handliggend. Koop die plek by die anc, julle weert hoe geldmal hulle is. Indien hulle nie kan skep nie, kan julle maar op julle koppe staan en “Hallelujah” liedere deur julle “unmentionables”sing want hulle sal dit nie toelaat nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Identifiseer die 10 magtigste lede van die regime en “onderhandel” met hulle.

Jakes ·

Toe maar antie, ons gesels weer na volgende jaar se verkiesing. Julle gaan n liederlike verrassing kry.

quartus ·

wel, ons ” stig maar af” : met of sonder die ANC se goedkeuring

Xain ·

Haha, ek het gedink daai manne sou sterk reageer op die moontlikheid… Hulle weet die Wes-Kaap skop gat wat regering en aanwending van regte en magte aanbetref !!!
Hulle sal baie sleg lyk as dit toegelaai sou word, want dan is daar model waarteen hulle gemeet kan word en dis sal nie goed verloop vir hull nie.
Sorry manne !

annie ·

Trots Afrikaans. Gooi my af. Kerm-en-kla-politiek. Die ANC sal die witmense in die Kaapse nou eers teiken. Waar is jul Sannas? ‘n Aaklige toekoms wag. En die JA-stemmers sal moet gaan veg. Kry opleiding by Zelensky en dalk ‘n paar guns vir die DA… Cyril het sy mes in vir die Biden-kruipers.

piet ·

Siende dat van julle so vashaak in die verlede, mag julle net sannas gebruik. Ons wat aanbeweeg het, mag moderne wapens gebruik.

annie ·

Ja Piet. Aanbeweeg waarheen. Die Afrikaanse werkersunie het net geld as Wit Afrikaners nog werk het en dit is wanneer die ANC julle nog toelaat. Kyk hoe verloop die tyd voor die verkiesing verder. Hulle hou mos van jou?

Kwikkie12 ·

Het al van Siener van Rensburg kennis geneem maar vir die eerste keer die week van Johanna Brandt se boodskap aan Suid-Afrika gehoor wat sy vroeg in die 19de eeu ontvang het. Sy was ‘n Heldin in die Boereoorlog hoekom het ons nie op skool destyds van haar geleer nie? Die “Boere” dis wat hulle die Afrikaners van die dag genoem het sal moet bid mense!!

Ben ·

Wie wil nou elk geval in die Kaap gaan bly onder die DA? Nee wat, ek dink iets soos Oranie is ‘n baie beter opsie vir Afrikaners.

Kirst ·

Al sou die ANC dit toelaat sal dit nie slim wees om die Wes-Kaap af te stig nie. Afgesien van die praktiese implikasies soos die befondsing van alles wat tans deur nasionaal befonds word, gaan ons net sit met al die onwettige immigrante uit Suid-Afrika wat hier wil kom werk soek omdat die res van die land uitmekaar val.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons betaal reeds meer belasting oor aan die regime as wat ons terugontvang. Terloops, onwettige immigrante uit SA kan hulle Sassa geld hier spandeer. Dis miljarde.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons moet solank ‘n volkslied kry wat ons gereeld sing.

Anon ·

Daar sal GEEN Suid-Afrika wees soos hierdie regering aangaan. Inklusief? Wat is dit? Swart inklusief, wit uitgesluit.? Die “woke” narratief van idiote wat eenvoudig te onnosel is om verder as hul eie wanbegrip van die wêreld te

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit kan gedoen word. Daar kan met die 10 magtigstes in die ANC “onderhandel” word.

DD ·

Ja, hulle sal nie want dan gaan die wereld sien hoe incompetent hulle is. Te bang vir die skande as die Wes Kaap ‘n hengse sukses is.
Face your fears of sorg dat julle op standaard kom.

JohanR ·

Oe my gooiste wie is die een???????????????? Ek wonder party keer of die president nie vir homself kan praat nie?

Oosieoos ·

Minister maar sy ken nie haar eie grondwet nie. Kan seker nie lees nie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.