Kabinet het goeie nuus oor beleggings

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, tydens die debat oor die begrotingsrede in die Nasionale Vergadering (17 Julie 2019). (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die kabinet het vandeesweek goeie nuus gehad oor buitelandse investering van miljarde rand in die land.

Dit kom in ’n tyd dat Suid-Afrikaanse maatskappye katvoet loop om hul likiede bates binnelands te belê – iets wat die regering vreeslik graag wil hê moet gebeur.

Eerstens beskou die kabinet die Amerikaanse koeldrankmaatskappy PepsiCo se aanbod om die Suid-Afrikaanse maatskappy Pioneer Foods teen R25 miljard te koop as ’n mosie van vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Sommige markontleders sien dit weer as ’n tweesnydende swaard – aan die een kant beteken dit ’n klomp geld kom die land binne, maar aan die ander kant is dit die verlies van Suid-Afrikaanse beheer oor ’n plaaslike bate wat lank reeds bestaan.

Die tweede voorbeeld wat die kabinet geopper het, is dat die motorvervaardiger Ford aangekondig het dat hulle hul aanleg by Silverton in Pretoria teen ’n koste van R3 miljard gaan uitbrei om voortaan 168 000 Rangers en Everests per jaar te kan vervaardig – 44 000 meer as tans.

Die kabinet se derde voorbeeld van ’n groot buitelandse belegging is R50 miljoen van die maatskappy BFG Rail in ’n fabriek in Gauteng wat chemiese middels vervaardig.

Die kabinetswoordvoerder en minister in die presidensie, Jackson Mthembu, het voorts aangekondig dat die verslag van die presidensiële taakspan oor grondhervorming en landbou Sondag vir openbare kennisname gepubliseer sal word. Die kabinet het ook sy leedwese en meelewing oorgedra aan die familie van die musikant Johnny Clegg, wat verlede week oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wielspore ·

Beleggings in die vervaardigings sektor is goed vir ‘n land, dit skep werk en ekonomiese vooruitgang.

David ·

Dit is goeie nuus, maar wat van die afleggings by ArcelorMittal en die mynboubedryf, wat in 20 jaar nie een nuwe skag gesink het nie?

Pepsi en Ford se uitbreidings is hoofsaaklik geoutomatiseerde produksielyne en gebruik hoofsaaklik hoëvlak ingevoerde spesialiste om aan die gang te bly.

Die aankondiging maak my nie optimisties nie en is waarskynlik nog ‘n poging om aandag af te lei van die onteiening sonder vergoeding wat nou in die grondwet ingeskryf gaan word.

Skoolgeld ·

Dit slaan my dronk, kyk waar is die Rand letterlik alweer oppad na die afgrond teen die Dollar en Euro vandag.

Gert van Wierdapark ·

Die manne in beheer reken seker dit is weens hul toe doen dat die beleggings ens gemaak word!! Droom Verder asb!

Kallie ·

Klein en medium grootte SA ondernemings maak weer toe. En hulle verskaf baie werk.

Chris ·

Fitch het gister SA se krediet gradering afgeskaal van stabiel na negatief.

Little Wing ·

Droom voort! Stakings, vandalisme, sabotasie, misdaad, korrupsie, onproduktiewiteit en BEE maak vooruitgang n miete!

Phillip ·

America het nie kos nie. Droogte misoeste silos wat waterskade opgedoen het winkelrakke wat leeg is agv voorafgenoemde!! Daar gaan ons kos.

Ander Koos ·

Meer rondskuif van die dekstoele, gaan geen noemenswaardige groei veroorsaak nie

Oom Koos ·

Ja miete kan groot skade veroorsaak en dis nie ‘n mite nie hoor.

fred ·

Ford R3 miljard…Eskom R440 miljard skuld en nog meer miljarde bail outs.
As dit donker is gee 1 kers baie lig…

Rubber ·

Net ‘n spin. Vergelyk die 3 biljoen investering, want die PepsiCo transaksie is nie investering nie dis bate ruiling, en die Eskom moeras. Nee wat hierdie regering dink soos diewe, en tree op soos diewe. Net daar vir hulle eie sak.

jaco ·

Pepsi gaan skaars hier wees, dan word hulle gedwing om mense in hoë verantwoordelike poste aan te stel SONDER om te kyk na kwalifikasies en ondervinding en om NET die “regte” velkleur” in ag te neem.
Ek hoop hulle weet ook van stakings waar sommer die maatskappy se geboue en voertuie aan die brand gesteek word as geweier word om te voldoen aan eise vir hemelhoë salarisse gepaardgaande met absuluut minimum werksure.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die arme siele maak hulself bly . Baie beleggers gaan hul pie vat en waai wanneer grondonteiening begin vlamvat. Whirlpool het pas aangekondig dat hul padgee en Anton Rupert maak snaakse geluide so die politici bluf net die oningeligtes.

humor ·

Baie in Afrika gereis en oral het ons gevind dat hul maklik oorgehaal kon word met n bietjie koeldrank. Dit is maar n vaal trosie veral as jy weet elke koeldrank wat jy koop se geldjies gaan oorkant die water.

Scruffie ·

Pepsi weet nie wat wag vir hulle hier nie Die ANC lei hul aan hul neuse rond en hul val vir dit Baie sterkte Pepsi die volgende ding wat ons gaan lees is stakkings vir beter geld en ander mense in poste

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.