Kabinet kanselleer inligtingsessies

Pres. Cyril Ramaphosa tydens ‘n kabinetsvergadering. Foto ter illustrasie. (Foto: GCIS)

Die minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, het aangekondig dat die inligtingsessies en mediakonferensies wat elke twee weke na afloop van kabinetsvergaderings gehou word, afgeskaf is.

Dit volg nadat die Persgalery‑vereniging ’n formele navraag aan Ndabeni-Abrahams gerig het oor die slap verskonings wat die afgelope paar maande elke twee weke opgedis word oor hoekom die mediakonferensies nie plaasvind nie.

Die mediakonferensies is sowat tien jaar gelede ingestel om die voortdurende gerugte en nuuslekkasies uit die kabinet te keer, en ’n formele geleentheid te bied aan die land se voorste joernaliste om openlik deur vrae vas te stel wat in die kabinet gebeur het.

Oor die jare het dit die voorste inligtingsgeleentheid geword waar vrae oor die regering gevra kon word, veral wanneer bekwame amptenare soos Themba Maseko of Phumla Williams, of bekwame ministers soos Jeff Radebe aan die hoof van sake gestaan het.

In onlangse tye, met die oorname van Nomvula Mokonyane as kabinetswoordvoerder, het joernaliste egter gaandeweg begin kla oor vaagheid en later leuenagtigheid in die terugvoer uit kabinetsvergaderings.

Die rede wat Ndabeni-Abrahams aanvoer vir die kansellasie van die inligtingsessies is dat die blote uitreik van ’n verklaring sonder enige verduideliking of geleentheid vir verdere ondervraging groter gelykheid van toegang tot inligting verseker, en heeltemal genoeg inligting bevat.

Joernaliste het gemor dat dit slegs gelyke gebrek aan inligting verseker.

Die voorsitter van die Persgalery‑vereniging, Andisiwe Makinana, het gesê die kwessie sal nie daar gelaat word nie, maar in belang van deursigtigheid en verantwoordbaarheid voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Nes modderskerm, blink gepeots van buite, maar behoorlik bekyk vieslik vuil agteraf otw binnein.

Anders as lenings paaiemente wat ophou na paar jaar, hou elektrisiteits prys verhogings vir lenings terugbetalings nooit op nie, dit verhoog ingeslote, bv. NERSA het addisionele 4,5% (bo 9,5%) elektrisiteits prys verhoging goedgekeur om R33Mj lening terug the betaal. 2018 JFS Omset R180 Mj +9.4%=R197Mj +4,5%=R206 Mj dus R8Mj (2019), R9Mj (2020), R10Mj (2021), R11Mj (2022), terugbetaald maar word net meer en meer, afhangend van die %.

Alki ·

Benoude katte maak benoude spronge, hulle is bang, baaaiieee bang, hulle sal nie hou van wat hulle gaan hoor nie

humor ·

Tog logies. Hul wil nie dat hul korruptheid, klaaglike onbevoegtheid en onderduimse politiekery aan die lig kom nie.

George in Bloem ·

Ek dink nie “inligtingsessies” is meer nodig om mense in te lig hoe korrup en onbevoeg die spul is nie. Die resultate van hulle patetiese wanbestuur,korrupsie en nepotisme is daar vir die hele land en wereld om te sien.

Zirk ·

Wat vir my baie vreemd-interressant is, is dat in die “ou apartheids regime”, wat kwansuis soo korrup was, ook gereeld pers vrysyellings en konferensies was. Die betrokke ministers verantwoordelik vir hul portefeuljes was goed ingelig en voorbereid en die joernaliste kon uit die heup skiet. En nooit het ons gehoor van ‘n departementshoof of minister wat nie opgedaag het vir daardie afspraak nie. Vergelyk dit met die huidige onvoorberyde, oningeligte, ongedisseplineerde, arrogente, lui en laks huidige “untoucheble” kabinetslede.

willem Botha ·

Dit is in elk geval n lieg sessie soos cr reeds verskeie kere bewys het.

JohanL ·

Ons moet onthou dat vir ‘n sinvolle inligtingsessie moet daar intelligente mense aan die woord wees wat oor genoeg relevante inligting beskik om (gewoonlik wakker) joernaliste te woord te staan en hul vrae te beantwoord. Daar is egter geen sulke “materiaal” tans in die ANC nie – ons moet onthou die skerpste potlood in hul pakkie, is maar baie stomp.

Sarel ·

Dit is goed, die joernaliste sal nou beter ondersoek doen, verder het enigiets wat onder n deksel verberg word die geneigdheid om te wil uitkom.
Hulle moet nou net nie weer kla dat hulle kant nie gehoor word nie.
Kom joernaliste, rook hulle.

Jack Klok ·

Die eintlike rede waarom dit gestop is is dat die ANC heeltemal uit verskonings geloop het. Dieselfde ou afgesaagdes wat tot dusver gebruik is is so dun verslyt dat nie meer hanteer kan word nie nie want dan verkrummel dit. Selfs die dikvelliges in die ANC het dit nou agtergekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.