Kabinet keur verslapping van afsonderingsmaatreëls goed

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Suid-Afrika se kabinet het die verdere verslapping van afsonderingsmaatreëls die afgelope week tydens ʼn virtuele vergadering goedgekeur. Ministers het ook ooreengekom dat verskillende vlakke van afsondering vir verskillende munisipaliteite en metro’s moet geld.

Die kabinet het Dinsdag en Woensdag ʼn spesiale vergadering belê, waartydens die koronavirus-bevelraad terugvoer gegee het oor die vordering wat gemaak is en uitdagings met betrekking tot die instelling van vlak 4-afsondering.

Danksy die vordering met betrekking tot die afplatting van die kurwe en die verbeterde kapasiteit van die gesondheidstelsel om ʼn verhoogde aantal infeksies te hanteer, is ooreengekom dat die afsonderingsregulasies verslap kan word.

“Ministers sal nou begin om wyd binne die regering en met die burgerlike gemeenskap oorleg te pleeg. Dit sal lei tot die algemene verslapping van afsonderingsregulasies vanaf vlak 4 na vlak 3,” het die kabinet Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Dit sal druk op die ekonomie verlig en groter beweeglikheid van mense moontlik maak, maar terselfdertyd gesondheidsmaatreëls in werking stel.”

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê die land sal teen einde Mei van vlak 4-afsondering na vlak 3 beweeg. Dié aankondiging is wyd gekritiseer en politici en ekonome is van mening dit sal katastrofies wees vir die ekonomie indien afsondering in sy huidige vorm nie onmiddellik opgeskort word nie.

Tydens vlak 4-afsondering kon ongeveer 1,5 miljoen Suid-Afrikaners terugkeer werk toe.

Ministers het ooreengekom dat dieselfde vlak van afsondering nie deur die bank vir alle dele van die land kan geld nie, aangesien daar verskille in die koers van infeksies is. “Daarom sal die vlakke van afsondering verskil tussen onderskeie metro’s en munisipaliteite.”

Ministers het toegegee daar was aansienlik verwarring oor vlak 4-regulasies. “Dit het aanleiding gegee tot die oneweredige vertolking en toepassing van die regulasies. Daarom het ministers hulle daartoe verbind om die regulasies te hersien ten einde die nodige duidelikheid en verbeterde nakoming te verseker,” sê die kabinet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cleopatra69 ·

Seker weer NDZ, Cele en Patel. Want die 3 gaan aan as of hulle die president is

Miggies ·

Nee nie ‘n klomp narre nie, ‘n nar laat jou lag maar hulle maak ons die duiwel in.

marius ·

Kan daar aaseblief uitgevind word of hierdie mense kruie tee vanaf madagaskar aangekoop het . Die wgo moet nou bontstaan omrede hul nie wil goedkeur dat dit die virus voorkom en genesende eienskappe het nie. Dit is volgens wgo reeds na afrika lande uitgevoer .

Albert Willem ·

WGO is maar China goed gesind en wil nie verstaan dat kruip medisyne daai gemaakte virus kan stop nie

Jannie van Niekerk ·

Hulle was nie op skool nie. Onthou hulle leuse is “Liberation before education”

antieke antie ·

die kaapse probleem is dat ‘our people from africa’ nog nie luister en na die reels luister en toepas nie….want die siekte kies mense op hulle velkleur

Maanprinses ·

Presies wat my kolega gesê het. Sy is nie bang nie want dit is n witmens siekte. Mense van kleur word Glo nie siek hiervan nie. Ek dink daar moet n web blad wees waar sterftes duidelik gepubliseer word (Naam Van Ouderdom Streek ) sodat dit kan insink as ‘n werklike bedreiging. Maak dit n blad van eerbetoning, of so iets om stigma te voorkom.

JohanR ·

Ek kan verkeerd wees maar gaan die Inperking nou gebeure op nog ‘n kleiner skaal, of ‘n maco skaal? 1. Die hele SA is onder Inperking geplaas. 2. Die 9 Provincies is elk in aparte Inperking en Fase’s geplaas. 3. Elke aparte municiplaliteit is onder Inperking en Fase’s geplaas. 4. Elke aparte buurt is onder Inperking en Fase’s geplaas. 5. Elke aparte blok is onder Inperking en Fase’s geplaas 6. Elke aparte straat is onder Inperking en Fase’s geplaas. Kyk nou hoe belaglik word dit nou! As dit nou wel soe is, dan het die ANC dan nou rerig hulle varkies verloor!

Lila ·

Ons menswaardigheid is aangetas en gering geskat! Waar is ons regte in terme van die Grondwet? Blatante hipokratiese outukrasie!

Alleen Wolf ·

Ek is verbaas dat ons ou volkie so geduldig is, hierdie klomp gaan woer woer speel met ons solank ons dit toelaat, ek dink die tyd het aangebreek dat ons beheer neem oor ons eie lewens en hulle los om hulle regulasies en vlakke uit te dink en toe te pas op die klomp sotte wat dit wil nakom in hulle proses van self vernietiging

Hoekom ·

Die meeste klagtes teen ons volk wat die “reëls” verbreek kom uit ons eie volk se mense uit. Die tanies met hulle verkykers…

Alleen Wolf ·

Ja die vervolgings waan en afgunstigheid gaan nog die Afrikaner se ondergang beteken, daar kan ons ‘n les leer by ons swart landsgenote

johanf ·

Ons het nie juis ń keuse nie, sal met ons ga**e in die tronk sit….

Fedup ·

Wow really? I just won’t hold my breath.
Strange as it seems, no amount of learning can cure stupidity. Don’t they get it? We don’t care what they decide.

Andre ·

Ek hoop dis nie weer reëls wat voorskoolse kleuters sal trots maak op wat hulle self kon uitdink nie.

Sarel ·

My bekommernis enn groot vraag is, is die geagte Minister, van wzt ons gesien het, bevoeg daartoe?

Sarel ·

Nou weet ek regtig nie meer nie want daar is:
1. Staatspresident en sy Presidensie
2. Dan is daar die Kabinet
3. Dan die ( Geheime) Bevelsraad
4. Dan die Presidensiële Advors groep.
Nou wie neem die bedluite?

JohanR ·

Alle besluite oor alles word deur President Nkosazana Dlamini-Zuma geneem. Sy is die Alpha en die Omega. “Bly stil Cyril! Ek sal jou se waaneer jy mag sit, staan, praat of toilet toe gaan”.

Pieter J ·

Ek dink die ANC gaan die wes-kaap hou op vlak 4 want die DA is mos aan bewind daar.

Nick ·

Ag.asseblief ou zuma,jy en jou gespuis het nie n idee van wat aangaan nie,bly eerder stil en gaan kook vir Jacob,ons weet al lankal julle is onbevoeg maar blah blah blah wil julle!!! Dis net julle eie wat na julle crap luister,ek dink die res van ons is bietjie meer opgevoed en bietjie slimmer as wat julle ooit kan droom om te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.