Kabinet kos R4,4 m per dag

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma se uitvoerende gesag kos belastingbetalers minstens R4,4 miljoen per dag, het die Sunday Times berig.

Die koerant het ʼn analise gedoen van al die voordele waarop die land se 74 ministers en adjunkministers geregtig is. Volgens die analise spandeer die staat ʼn minimum van R1,6 miljard per jaar, of sowat R133,7 miljoen per maand, om die uitvoerende gesag te handhaaf.

Volgens die berig is Zuma se persoonlike kostes ʼn aansienlike persentasie van die totale bedrag wat spandeer word. Die “ondersteuningseenheid” vir die president se gades kos sowat R10,9 miljoen per jaar. Die BBP-eskader en helikopters wat gebruik word om Zuma tussen Nkandla en sy amptelike woning in Durban te vervoer, kos minstens R60,8 miljoen per jaar. Die analise sluit nie Zuma se regskostes, wat al voorheen deur die staat betaal is, in nie.

Volgens die berig kos die ondersteunende personeel van elke minister sowat R291 miljoen terwyl daar R62 miljoen spandeer word op gesondheidsfasiliteite. Die staat moes weens die uitbreiding van Zuma se kabinet nuwe wonings koop vir ministers. Die ministers is geregtig op twee wonings – een in Kaapstad en een in Pretoria. Die ander groot uitgawes is veiligheid by die ministers se private wonings en motortoelae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan Smit ·

ANC Soustrein!!
Die drywer is Zuma, nr 1 en sy gespuis sit elkeen in sy eie wa.
Die Bloutrein is ‘n vulletjie teen die merrie,by name ANC Soustrein.
So stoom die trein voort op die spore, sweet en bloed van afgetrede spoorwegamptenare wat dag vir dag sit en wonder wat hulle gaan eet.
So word hulle net vet gevoer.
Hulle hoef nie eens na die “lounge” te stap nie. Die oorvloed word somaar afgelewer. Elkeen sin bereken in die verhouding wat nr 1 baat gevind het uit die meeloper se bydrae tot die groter prentjie.
Ek glo as die omvang van hierdie ANC netwerk openbaar kan word, kan dit die MAFIA na vulletjie laat lyk.

Jasper ·

Dit laat my dink aan n parasietiese fungi.

Dit is oral tuis waar dit grondvat.
Dit begin onmiddelik vermeerder
Dit verorber en vernietig alles om hom
Waneer die voedingsbron uigeput raak, sterf die fungi terug sodat daar niks oorbly nie, want hy het nie n oorlewingstadia soos baie ander fungi nie.
Dit het die vermoë om vinnig te muteer om sodoende by verskillende omstandighede aan te pas.

anita ·

Ek begryp nie waarom mense klae nie, die aantal belasting betalers teenoor die aantal mense in die land is in die MINDERHEID dit kan nie balanseer nie….maar ons is almal swakkelinge en laat dit gebeur. Waar is die persoon die as voordanser optree na Parlement, want dit is al TAAL wat die ANC ken. As alleenlik die vliegtuig bedrae gebruik word kan hier in die Kaap die opgradering van die Sogenaamde Vernederende NAAM woonbuurt “Blikkiesdorp” op gegradeer en leefbaar gemaak word.

Klagtes help nie dus aanvaar hierdie misbruike…tensy iemand die optog aanvoer. en die Minister van Finansie aanspreek .

Drieks ·

Anita, ek wens iemand wil jou antwoord, ek verstaan nie hoekom laat ons belastingbetaalers dit toe nie. Hoekom stop ons nie. Asseblief slim mense, antwoord ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.