Kabinet ‘ook onkant gevang’ deur Zwane-verklaring

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.

Jeff Radebe, woordvoerder van die kabinet en minister in die presidensie, het Donderdag gesê kabinetslede is ook onkant gevang deur Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, se uitsprake dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word na die banke wat hul verhoudings met die Gupta-familie verbreek het.

“Ek het ook, soos julle, maar in die koerant daarvan gelees,” het Radebe tydens ʼn inligtingsessie oor die kabinet se tweeweeklikse vergadering gesê. Nadat Radebe herhaaldelik gevra is of Zwane berispe sal word oor die omstrede verklaring, wat hy twee weke gelede uitgereik het, het Radebe gesê pres. Jacob Zuma het dit duidelik gemaak hy sal die saak met die minister opneem.

Maroela Media het vroeër berig Zwane het wyd kritiek ontlok nadat hy in ’n verklaring op sy departement se webwerf voorgestel het dat banke, wat hul bande met die Gupta-familie verbreek het, ondersoek moet word. Die presidensie het kort hierna ʼn verklaring uitgereik om te sê Zwane se stelling is in sy persoonlike hoedanigheid gemaak en dat hy nie namens die interministeriële komitee, die presidensie of die regering praat nie.

Zuma het vandeesweek in die Nasionale Vergadering gesê hy praat met Zwane daaroor, maar gewaarsku dit moet nie as ʼn teken van onenigheid in die regering gesien word nie.

“Die verklaring deur die president se kantoor was baie duidelik dat die uitspraak in Zwane se persoonlike hoedanigheid gemaak is. Daar is nie veel meer wat ek kan byvoeg nie,” het Radebe gesê. Hy het bevestig Zwane het Woensdag se kabinetsvergadering bygewoon, maar gesê hy is nie oor die saak uitgevra nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Polities Korrek ·

Ai, ons word regeer deur ‘n klomp onbeholpe en amateuragtige narre! Hoe lank nog voordat deurdagtheid en intelligensie weer die botoon sal voer?

Piet Snot ·

Ons moet mooi luister wat Zwane sê.
Hy’t bloot per ongeluk uitgepraat wat in die binnekringe bespreek is.

John ·

Hoekom gaan die Guptas nie hof toe nie. Hulle kan seker ‘n advokaat bekostig? Dit behoort ‘n interessante sirkus te wees met ‘n baie lang wasgoeddraad buite vir al die vuil wasgoed wat gewas sal moet word, maar nie weens ‘n groot skrik vir ‘n bosveldleeu se gebrul nie.

Mauritz ·

Hy maak verklarings in sy PERSOONLIKE HOEDANIGHEID op sy DEPARTEMENT SE WEBWERF??

Koos1 ·

Volgende is dat hy verkeerd aangehaal en/of verstaan is, en dan daarna dat die media hom boellie. Leer maar by die beste in self verontskuldiging, die einste nr. 1.

Ander Koos ·

Wat ‘n sirkus!”Rather remain silent and be thought a fool, than soeak up and remove all doubt” is nou van toepassing op al die narre, insluitend die hoofnar.

Net nog n Koos ·

Hulle is almal n groep narre wat mekaar entertain…
Maak hulle kwaad vir mekaar en staan eenkant toe, dan sal jy sien hoe steek hulle makaar se agterstewe toe…

Popeye ·

Ag man, daai computa werk nie reg nie, ons sien ons hoor ons gaan aan….

pieterdp ·

Die nare van die ANC gelaaide regering moet soo aan gaan. Al wat gaan gebeur is dat die staat hul self net tot n verleendhuid gaan plaas. As die ANC aangaan soos wat hul aan gaan, gaan hul die algemene verkiesing verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.