Kabinet oorweeg nóg geld vir Eskom

beurtkrag-kers

Argieffoto.

Die kabinet het die sukkelende Eskom se finansiële verknorsing vandeesweek bespreek en kyk weer na maniere om die kragreus te help.

Volgens die regering was opwekking die afgelope week bestendig, maar daar was ʼn groot getal onbeplande onderbrekings. Die regering sê in ʼn verklaring die tegniese hersieningskomitee wat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, aangestel het, sal sommige van sy werksaamhede volgende week afhandel.

Dit sal die regering ʼn voorlopige aanduiding gee van die situasie by Eskom se kragsentrales en gaan help met die inwerkingstelling van ʼn “strawwer program om kragsentrales te onderhou sodat die opwekkingstelsel oor die volgende paar weke en maande gestabiliseer kan word”.

Die Nasionale Tesourie het Eskom in Februarie van R23 miljard per jaar, oor die volgende tien jaar, verseker.

Eskom het verlede week Fase 4-beurtkrag ingestel weens ʼn rits aanlegte wat onklaar geraak het. Sikloon Idai wat Mosambiek vroeër getref het, het ook veroorsaak dat krag nie van daar af ingevoer kon word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Santjie ·

Sorteer net die onwettige verbindings uit en die wat nie hul rekenings betaal nie!! Hoekom moet ander wat wel hul rekenings betaal gestraf word?

Paul ·

Kan jy glo. Maroela media beskou Eskom as ‘n kragreus. Dan weet ek nie wat die betekenis is van ‘n reus nie.

HPV ·

Ja Paul, dit is nogal snaaks. Miskien kragmuis of Eskom kragteloos of enige iets maar reus, nee ek dink nie so nie.

Ella ·

Nee nee nee
So gaan staatskaping voort. Kastig vir Eskom maar miljoene beland dalk in hoeveel ander se sakke.
Ons kan wragtig nie meer nie. Die DA kry die armes jammer maar ons is al almal arm.
Wie oudit al die geld wat aan Eskom gegee word om seker te maak dit word reg aangewend? Of gaan hulle na wilkekeur aan?
Eskom is n staatsinstelling so hulle gee geld vir hulleself.
“Siek” kan nie beskryf hoe siek die staat is

Salamander ·

Dis tyd dat Eskom op n kwartaalikse basis ge-oudit word. Baie streng en onafhanklik, soos n kind wat deurentyd oogepas word.

Diana ·

Kan hulle oudit spel? Dit is baie anders as onbevoeg en korrup?

Jerry ·

Hulle gaan aanhou geld vat totdat daar niks oor is nie. Die plan wat Gordhan voorhou regverdig die geld aan Eskom en dit stop net daar. Wat Eskom met die geld gaan doen weet ons reeds. Dit sal gespandeer word volgens die revolusionere plan om die sogenaamde “oppressors” te breek deur hulle te verarm en die sogenaamde “oppressed” te verryk! Dit is die plan, onder Zuma was dit om te plunder, onder CR is dit om aan te hou vat en te gee totdat die ANC elite en revolusionere strukture “untouchable” ryk is! Al wat Eskom hoef te doen is om weer geld te vra wanneer die geld klaar is en so gaan dit aanhou!

fred ·

n reus met klei voetjies…hoop maar dit gaan nie reën nie ….en die onbekwame ,korrupte idiote wine and dine nog altyd in die duurste plekke…het die Molefe sy +-30 millioen “pensioen “uitbetaling reeds tetug betaal?

Geskok ·

O my goeiste!
Lees ek reg R23miljard per jaar vir 10 jaar??
Het hulle ‘n idee hoeveel belastingbetalers nodig is om te werk en belasting te betaal om die bedrag per jaar te kry.
Dit is net gee nie eers ‘n lening of onderhewig aan prestasie nie.
Wat ggan Eskom doen om weer op hulle eie bene te staan?
‘n Reus staan mos. Hy lê nie in die modder en skop en skree nie.
Ek voel skoon siek.

Boet Fasie ·

Privatiseer die hele lot, hulle spandeer net meer en meer, dit is nuwe voertuie, meubels, kantore, wat jy nie gebruik op jou begroting nie verloor jy en volgende jaar kry nie weer nie.

Ek wil asseblief weet ·

Ek wil graag weet waar hulle daardie geld vandaan gaan kry? Dalk van die “Government Employees Pension Fund”?? Daar lê mos baie geld?

MANIE ·

Nogsteeds word geen personeel verminder wat totaal onbevoeg en te veel salaris verdien . Hierdie is nou maar eenmal n onbevoegde maatskappy danksy die anc. Ek verstaan nie hoe kan letterlik miljoene nie betaal vir krag maar die ligte bly aan

LMRI ·

Dis omtrent R63 miljoen per DAG!
Hoop dis genoeg vir die top mense se salarisse…

Ai. ·

Bwahahaaaaa haha haa.Jul kan maar soveel probeer toe stop soos jy wil maar dieTitanic gaan onder..net n kwessie van hoeveel hul gaan probeer skep voor die wrak op die bodem is..

TLC ·

Net een verskil die Titanic se ligte was nog aan toe hy gesink het

wraggies ·

Ek verneem dat meeste van die kragstasies aan die einde van hul lewens is asook die steenkoolmyne wat hulle verskaf, wat gaan geld help dit kan nie die tyd terugdraai nie, hierdie is net ‘n gepaai.

Diana ·

Geld is mos nie ‘n probleem vir SA nie! Ons kan dan R 60 m vir Mosambiek skenk na die tifoon!

Alida X ·

Diana daardie mense is met niks gelaat na die tifoon nie.
Die regering praat altyd van miljarde .
Die R60m is minder as wat die regering Eskom daagiks gee.
Ek hoop net dit word in Mosambiek reg aangewend en beland nie tipies Afrika in ‘n paar korrupte sakke nie. Dan is dit ten minste “money well spend”

Pieter ·

So die prys van my krag is nie net die bedrag op my kragrekening nie, maar ook van my belasting wat in eskom verdwyn. Nog steeds van die goedkoopste krag in die wêreld?

Gert van Wierdapark ·

Noem Eish-kom al lankal ‘n Kragdwergie in my kommentare! Hy het wel Reusagtige skuld,’ n Reus-agtige salarisrekening en, ‘n Reus-agtige windgat houding in sy versoeke vir Biljoene Rande om die bollie wat oor die jare aangejaag is, te probeer herstel. Niemand kan Eskom omdraai nie – sy omkom het reeds geskied = rus dus in vrede en los asb ons geld uit!

Jerry ·

Sou Gordan daarop aangedring het en toegesien het dat die personeel gesny word van 46, 000 na 14,000 dan sou ons geweet het dat die geld nie volgens die revolusionere plan aangewend gaan word nie, want die revolusionere plan behels net soos by SAL om so veel moontlik kaders in poste aan te stel wat nie bestaan het nie en dan hierdie addisionele strukture te verryk teenoor die wat bestaan het. 14,000 werk inderwaarheid vir Eskom, die res werk vir die ANC en dit kan enigeiets behels van rent a crowds, werwing van kiesers, stig van vakbonde, sabotasie ens, alles behalwe om die ligte aan te hou! Mense moet besef dat die ANC hulle plan gaan volbring deur die teenoorgestelde van die huidige tot stand te bring. As kundiges se plan se personeel moet verminder word, dan se die revolusionere denkwyse dat dit eintlik vermeerder moet word om “our people” (revolusioneres) te verryk ten koste van die voorheen bevoordeeldes (teenrevolusioneres) by wie die geld gevat word. Enige geld wat die ANC staat kry, hetsy van belasting, pensioene, binnelandse en buitelandse beleggings word alles so gekanaliseer dat dit ANC bestaande revolusionere strukture verryk en uitbrei, uitgesluit alle teenrevolusionere Suid Afrikaners. Jy word n teenrevolusioner geag as jy nie n lid is nie en nie stem vir die ANC nie, ten spyte daarvan of jy wit of swart is of voorheen bevoordeel is. Die revolusionere plan dwing Suid Afrikaners wie n werk en geld wil he, om die ANC te “join”!

Jack Sadie ·

Ons dinges teen donderweer. Daardie deel van die bevolking wat staatstoelae en huise kry, is die volstrekte meerderheid. Hulle sal altyd ANC stem. Ons moet besin oor hoe om as wit, bruin en Indiër, vreedsaam onder hierdie tirannie te lewe. Punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.