Kabinet probeer plan maak met ekonomiese insinking

ekonomie-finansies-geld-sakrekenaar-knyp-spaar

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die kabinet het ‘n taakspan onder leiding van die minister van finansies, Nhlanhla Nene, aangestel om dadelik te vergader en planne te beraam om die afname van 2,2% in Suid-Afrika se bruto binnelandse produk wat gedurende die eerste kwartaal van vanjaar aangeteken is, om te keer.

Luidens die kabinetsverklaring wat vanoggend ná die tweeweeklikse kabinetsverklaring uitgereik is, neem die kabinet kennis dat die grootste agteruitgang in die landbou-, mynbou-, en vervaardigingsektore plaasgevind het.

Die regering het werkgewers en vakbonde gevra om met die staat saam te werk sodat die ekonomie sy kop kan lig in die algemene belang.

Die kabinet het wel vreugde geput uit die groot nuwe fabriek vir die vervaardiging van inligtingstegnologiegoedere wat hierdie week in Oos-Londen bekend gestel is.

Die regering is ook opgewonde dat die Nasionale Vergadering verlede week die wetsontwerp op ‘n nasionale minimumloon goedgekeur het. Die wetsontwerp, wat volgens die DA ontsettend baie werkgeleenthede gaan kos, is nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys vir debat.

In ‘n verdere belangrike verwikkeling aan die wetgewende front is die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering deur die kabinet goedgekeur om in die parlement ter tafel gelê te word. Die presiese inhoud van die wetgewing sal in die Staatskoerant gepubliseer word, maar die konsep is uiters omstrede, met groot kommer dat die Suid-Afrikaanse staat gewoon nie die vermoë het om dit te laat werk nie.

Die kabinet het ook die bevindings deur Statistieke Suid-Afrika verwelkom dat toegang tot basiese dienste soos water, sanitasie, riolering en vullisverwydering onder Suid-Afrikaners verbeter. Geen opmerking is egter deur die kabinet gemaak daaroor dat die finansiele en fiskale kommissie bevind het die standaard van sulke dienste is dikwels swak en onbetroubaar nie.

Die minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, het die kabinet ingelig oor vordering met onderhandelings oor staatsdiensverhogings. Tussen die reëls lyk dit of dit maar taai gaan daar.

Die regering het nogmaals probeer om die groeiende kommer oor die uitbetaling van welsynstoelaes deur die Poskantoor te besweer, en het ontvangers van toelaes daaraan herinner om hul nuwe Sassa-kaarte te kry sodat betalings kan voortgaan.

Ingryping in die Noordwes-provinsie is ook weer bespreek. Die kabinet is tevrede met die vordering daar.

Die kabinet het vir die soveelste keer gewelddadige protesoptrede veroordeel — hierdie week meer spesifiek die onlangse ontwrigting en vernietiging by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sê maar net ·

1. Raak ontslae van al die onnodige lede in kabinet.
2. Bring die Btw terug na normaal.
3. Spreek korrupsie en plaad moorde daadwerklik aan en hou op om mense rond te skuif wat niks weet van die posvlak nie.
4. Deborteer al die in suipelaars in ons land.
En so kan die lysie nog lank aangaan.

Selfbeskikking ·

Dit gaan nie gebeur nie. Ons lus vir oorlewing moet nou wees:
1) Onderhandel met regering en die internasionale gemeenskap vir selfbeskikking terwyl ons nog kan.

Andrea ·

Ek dink dis n nuwe woord wat beide konsepte van insypeling en uitsuiping van staatsgeld, dus belastinggeld, vervat.?

Koos ·

5. Hou op om buitelandse beleggers die harnas in te jaag met grondonteiening sonder vergoeding.
6. Verbied alle stakings en spaar so miljoene rande se opbou van vernietigde infrastruktuur EN privaat eiendom, wat alle beleggers minder negatief sal stem.
7. Gee positiewe terugvoering van die nuttige aanwending van enige fondse wat verhaal is uit bedrog en korruptiewe optredes deur amptenary – of is hierdie net ‘n gerusstellende aksie sonder enige positiewe resultate?
En so kan die lysie nog lank aangaan.

GM ·

Hou op om taakspanne vir als aan te stel? Die meeste van hul word net betaal vir niks doen. Daar is baie MM-lesers wat die land van totale ondergang sal kan red, ongelukkig gaan daar nie geluister word voor daar nie ‘gevoel’ is nie.

Jordaan ·

1. Verseker eienaarskap van eiendom.
2. Vat betogers vas.
3. Verklein die staatsdiens
4. Hersien arbeidswetgewing sodat werkgewers makliker kan aanstel en verminder
5. Verkoop staatsmaatskappye wat permanent geld opsie
6. Staak rasse wetgewing
7. Hou op om die muishonde van die wêreld te steun deur buitelandse beleid

Hierdie enkele items sal al ver gaan, geen taakspan gaan enige verskil maak solank huidige beleid voortgesit word nie.

Vryheid ·

Het die regering regtig gedink daar sal enige groei wees met al hulle blink planne tot dusver. Om als te kroon stel hulle Nene aan om die taakspan te lei. Eish ja, armoede, rommelstatus en werkloosheid SA se voorland.

Pierre ·

Die oplossing is eenvoudig soos ons kan sien met die kritiek hier. Dit is die uitvoering daarvan wat die probleem is.
Dit gaan nie n intelektuele reus vat om dit te herstel nie. Net n leier met integriteit.
Ons het baie goeie swart leiers in die land, ongelukkig is nie een van hulle in die politiek nie. Ek sien nog swaar tye voor.
Ons moet maar ons belde styftrek.

Kosie Kramer ·

In Rusland het hulle `n vaste belastingkoers van 13%, ongeag hoeveel jy verdien. Ons betaal belasting op beleggings en pensioene, waardeur mense verarm en om staatshulp moet aansoek doen. Belas ons minder, belas ons spaarrekenings minder. Slegs R30 000 beleggingsrente per jaar is belastingvry, maar`n ryk persoon kan R10 miljoen per jaar die land uit neem, sonder om belasting daarop te betaal.

Maklik ·

Ag, dis maklik. Roep net vir Nomvula Mokonyane in sodat sy gou die Rand vir ons kan lig.

Pietman ·

Nog weer planne? Departemente se vermoë om regerings inisiatiewe uit te voer onder verdenking. Totdat opgehou word om kaders te ontplooi sal dinge nie verbeter nie. Om oproerigers en stakers aanhoudend te “veroordeel” sonder praktiese stappe is ‘n sinnelose oefening – dit stop hulle nie. Vakbonde voel vere vir enige planne deur regering om iets positiefs te bereik. ANC se handelinge gebaseer om stemme te behou – nie om land doeltreffend te regeer nie – dit sou impliseer dat regering daadwerklike stappe neem teen almal wat hulle mooi planne in die wiele kan ry – die probleem is dat buitelandse beleggers dit ook weet.

Bul ·

Ha ha ha……wat ‘n grap. Die kabinet…van wie baie die ekonomiese en sosiale verrotting van die afgelope 10 jr aanskou het en daarby gebaat het het nie die kollektiewe wilskrag of kapasiteit om dit te vermag nie.

Boerseun ·

As jy nie weet wat wat jy nie weet nie, sal jy dit nooit weet nie. Uitweg,druk nog geld aka Mugabe

jennefer ·

Ek lees in nederlandse media dat Nene gese het, hy gaan baie geld druk, dan is niemand meer arm, weet iemand of dit “fake” nuus is??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.