‘Kabinet sal besluit oor skole’

ʼn Skool word ontsmet teen Covid-19 (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die regering is uiters bekommerd oor onderwysers, hoofde en skoolondersteuningspersoneel wat enige platform gebruik om die regering aan te val omdat hulle moet terugkeer werk toe.

“Dit skep die indruk dat hulle anders as die res van die staatsamptenare behandel moet word,” het die raad van onderwysministers gesê nadat daar Dinsdag ʼn spesiale vergadering met minister Angie Motshekga gehou is.

Die raad het besluit dat daar regsaksie geneem sal word teen alle individue en groepe wat voortgaan om onderrig in die land te ontwrig. Daar is benadruk dat die open en sluit van skole ʼn wetgewende verantwoordelikheid is en dat individue en groepe nie sommer net skole kan sluit nie.

“Die raad het kennis geneem van Sadou se beroep dat skole behoort te sluit. Dié besluit sal deur die kabinet geneem word.”

Die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, die departement van gesondheid en die sektor vir basiese onderwys sal voortgaan om die verwikkelinge in skole ten opsigte van die virus en die pandemie fyn dop te hou en die raad van onderwysministers en die kabinet dienooreenkomstig adviseer.

Volgens die raad het veral kinders van plattelandse en afgeleë gebiede tydens vlak 5 en vlak 4 van die afsonderingsregulasies nie toegang tot aanlyn onderrig gehad nie en dit het hul reg op basiese onderwys negatief beïnvloed.

ʼn Belangrike rede hoekom daar ook besluit is om skole te heropen is sodat arm kinders weer toegang kon kry tot die skoolvoedingskema. Daar is ook bekend gemaak dat skoolbywoning tans op sowat 80% staan.

“Ons wil dit benadruk dat daar deurlopend gesprekke in die regering en die kabinet is oor hoe die geleidelike heropening van skole kan voortgaan, maar ook sal help om die druk op die gesondheidsorgstelsel te verlig om te fokus op die hantering van die hoogtepunt van die pandemie. Die kabinet sal op die toepaslike oomblik ʼn besluit neem oor die aangeleentheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marius ·

Die inwoners van die land is keelvol vir die sit en niks doen spul .

Oros Soros ·

Soos wat die taxi’s die regering aan die korthare beet het, net so ‘n greep het Sadou (Sadtu). Die grootste saamgroepering van niksdoeners op aarde.

Joggie ·

Na kabinet besluit het, sal hulle net eers by taxi base hoor of hulle saam stem!!

JohanR ·

Kan julle nie skole sluit, en die leerlinge heel dag rond ry in minibus taxis wat 100% gelaai is, die kinders dra maskers, en die vensters is soe skreefie oop sodat die virus kan ontsnap. Nou en dan kan ‘n groot boom, of ‘n garage by afgetrek word, sodat die kinder die toilette kan slaan. Jy kry moes nie Covid-19 in ‘n minibus taxi nie! Net my opinie, maar die kabinet wat al alles vanaf 26de Maart op gebogger het sal besluit! Ummmmm…..kan die Wes-Kaap maar solank aangaan want hulle doen al alles reg vanaf die 26de Maart?

Asgat ·

Die regering en kabinet sal eers wag tot die “arm kinders” almal COVID het voor hulle iets gaan doen. Dan gaan daar nie plek wees in die patetiese staats hospitale nie …. hulle moet besluit of hulle, soos hulle heeltyd se oor die sigaret “ban” dat dit lewens spaar ….

Anel ·

Soos ek gesê het, as hulle nie wil werk nie, kry hulle nie geld nie. Wat is hulle belangriker as ander wat nie KAN werk nie. Daar is baie ander wat die werk met graagte sal wil doen. Maar dis mis lekker, staat betaal en hulle sit by die huis. Maar nou ja, hou die massa ongeletterd en jy maak met hom net wat jy wil. Geletterde mense kan vir hulle self dink.

Objektief ·

Stem saam”no work no pay” Groot persentasies kinders kanniedie data vir aanlynskool bekostig nie.

Sarah ·

Hoewel my hart elke dag swaar is as ek my kind gaan aflaai by die skool en ek heeldag sit en bid dat hy niks oorkom nie, verkies ek dat hy skool toe gaan. Ons is albei ouers voltydse werkers en kan nie meer afkry by die werk nie. Ons hele familie bly in n ander provinsie en ons kan nie bekostig om iemand te betaal om na ons kind te kyk nie. Ons verlof is ook al op so dis nou onbetaalde verlof wat op die ou einde gaan lei na afdanking… Asb, neem ons in ag. Ons wil ook net oorleef

Sarah ·

En vir die wat wil he die skole moet toemaak, jy kan daai keuse maak om jou eie kind tuis te hou dat die ander kinders skool toe gaan wie se ouers gemaklik is

Scalla ·

Met alle respek, die kabinet kan nie eers oor eenvoudige dinge besluit nie en wil regsaksie neem, shame

smith ·

Dis so ‘n eenvoudige ding wat mense wil oorkompliseer.
As jy nie jou kind wil skool toe stuur nie moet nie, maar los die mense uit wat geen ander keuse het nie. Ek en my man werk albei en is nie in die posisie om by die huis te bly nie. Ons het geen familie of oumas of oupas waar ons kinders kan heen gaan nie. Dis baie senutergend om elke dag my kinders by die skool te los en om te draai omdat ek weet ek moet vanaand kos op die taffel sit en die dak oor ons kop moet betaal word so dis regtig onodig om nog meer druk en stres op ons te sit wat nie n keuse het nie. As jy nie jou kind skool toe wil stuur nie moet dan nie…

Cielie ·

Kinders gaan skooltoe sit en doen niks maar hulle moet skooltoe..Ek stem saam SADU dat skole moet sluit ons kan nie net kinders laat skoolgaan omdat arm kinders nie kos het nie daar is ander instansies wat ook help met kospakkies… Ek se nogsteeds soos die Vrystaatse proffessor sluit die skole sit alle leerders deur spaar die arme kinders die verleentheid wat nie sou slaag nie en begin volgende jaar weer As dit die Heer se wil is… Kinders bring die virus van huise af of van vervoer en al daai dinge af en noudat Taxi,”s 100% mag wees hoeveel kinders gaan hulle oplaai en dan nog met oop vensters wys my wie ry met oopvensters indie winter… Ons almal gaan deur afleggings en afdankings en pension so ek dink laat onderwysers 50% van hulle salarisse verdien en die mense wat nog kan skoolfonds kan betaal doen dit…Meer privaatskole kry nou voorkeur want meer mense sit hulle kinders homeschool en privaatskool want dit is die veiligste… Ek stem dat skole sluit..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.