Kabinet sê jammer oor Sassa-gemors

Argieffoto

Die kabinet het Donderdag om verskoning gevra aan die honderdduisende begunstigdes van maatskaplike toelae wat vandeesmaand nie hul toelae betyds ontvang het nie weens tegniese probleme met die nuwe betaalstelsel.

“Die kabinet verstaan dat maatskaplike toelae lewensbelangrik vir die mees weerlose lede van ons samelewing is en daarom is hierdie ongerief uiters betreurenswaardig. Die kabinet wil graag sy innige verskoning aan die betrokke begunstigdes rig,” lui ʼn verklaring.

Daar is ook genoem dat die kabinet oor die probleme ingelig is deur Susan Shabangu, minister van maatskaplike ontwikkeling.

Shabangu het aan die kabinet verduidelik dat die probleme veroorsaak is deur die oorskakeling van betalings van ʼn ou stelsel na die nuwe stelsel deur die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo). Sy het aan die kabinet gesê die meeste begunstigdes wat deur die probleme geraak is, is sedertdien betaal.

Minstens 700 000 van die land se ongeveer 17 miljoen maatskapliketoelaag-ontvangers het gesukkel om toegang tot hul toelae te kry toe probleme Sondag ontstaan het. Sassa het oorgeskakel na ʼn nuwe betaalstelsel wat deur Sapo bedryf word. Begunstigdes het sedertdien nuwe toelaagkaarte ontvang om die kaarte wat voorheen deur Cash Paymaster Services en Grindrod Bank uitgereik is, te vervang.

Die kabinet het gesê spanne beamptes werk tans hard om die stelsel te stabiliseer en soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

Sassa het beloof dat al die probleme teen die einde van vandag uitgestryk sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Paul ·

Sê sommer ook jammer aan 50Milj SA’ners dat julle die land in net 24 jaar so opgemors het, roep ‘n algemene verkiesing uit, staan terug en gee ander ‘n kans.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahah…droom ou Paul nou vir jou lekker so vroeg in die oggend. “Staan terug en gee ander ‘n kans”??? Waar in die lewe het jy dit al gesien gebeur? 700 000 uit 17 miljoen is maar net 4% né? In Afrika terme is dit een enorme sukses!!!

Bertus ·

Gee die minister ‘n groter portefuljue!
Dis mos hie dit in parlement en staatsdiens gaan. Jaag aan en word bevorder!

Willie ·

Swak peplanning,kan elke keer sê jammer!Soos bvb Sassa,paaie potholes,gesondheid,Munisipaliteit ,mis daaren Polisie dienste?

willie ·

Kan nie elke keer onverskoning vra vir swak beplanning !Bvb Sassa,paaie vol potholes,Munisipaliteit,gesondheid en Polisie dienste.

elsa ·

Hoe enige iemand kan dink hierdie gaan werk, weet ek nie … die poskantoor sukkel om met die basiese poskantoor dinge by te hou, nou het hulle miljoene ‘nuwe’ kliënte. En hulle staak tog so graag – wie gaan dan uitbetaal?

Natan ·

Daarby wil hulle die nasionale gesondheidsplan in stel. Chaos. Ondermyn die hele ekonomie, almal afhanklik van die staat. Waar gaan al die geld vandaan kom? Wil net belastings verhoog/in stel terwyl die geldmors krane oopbly. Hierdie stelsel gaan inmekaar tuimel.

Linda Gouws ·

Ek sukkel nou al meer as ‘n maand om deur te kom na SASSA toe sodat ek vir my 87 jarige pa kan reël vir ‘n huisbesoek om ‘n nuwe kaart te bekom. Hulle beantwoord net eenvoudig geen oproepe of navrae op facebook nie.

Johan ·

My tuinjong vra elke keer as hy swak werk en ek hom aanvat: “Vergewe my” !!!!!!

So is die regering ook – vra maar net verskoning en voeter voort om maar net weer droog te maak, en weer, en weer, en weer, en …………………..

Is daar hoegenaamd enige kundigheid in die regering?

Spike ·

Met verskoning vra dink hulle, hulle kan altyd wegkom met hulle onvermoëe. Die hele land is vanaf 1994 af in sy peetjie in. Maak toe sa se deure.

Spike ·

Lees op facebook wat sê Tuli Madonsela oor swart bestuur. Een persoon wat rasioneel is.

Marinda ·

Let’s face it, all new systems have teething problems.
Remember when you or your company changed over to a new computer program………
Alles was nie altyd klop dissel boom nie.

Colleen ·

Dit is nou al 24 jaar! Wanneer is hierdie so-called teething problem stadium op ‘n einde?

John ·

… die probleem is net… hierdie baba gaan nooit tande kry nie… nooit gespeen kan word nie.. en mamma se melkies…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.