Kabinet sê oor e-tol, SAL en grond

Jackson Mthembu. Foto: Ronnie Mamoepa

Die kabinet sal eers volgende jaar ʼn besluit oor die omstrede e-tolstelsel in Gauteng neem.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie oor die afgelope kabinetsvergadering gesê die kabinet neem kennis van die verslag oor die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP).

Die verslag is saamgestel deur ʼn taakspan onder leiding van Fikile Mbalula, minister van vervoer. Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vanjaar die taakspan bestaande uit Mbalula, Tito Mboweni, die minister van finansies, en David Makhura, Gautengse premier, aangestel om ʼn oplossing vir die krisis oor die e-tol-stelsel te vind.

Volgens Mthembu sal ʼn finale besluit oor die aanbevelings van die taakspan in die nuwe jaar geneem word.

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat in sakeredding geplaas is, het Mthembu gesê die kabinet is vol vertoue dat die ingryping sal help om die nasionale lugredery te herposisioneer in ʼn sterker en meer kompeterende entiteit.

Die kabinet het die aanstelling van Les Matuson as sakereddingspraktisyn verwelkom. “Hy sal saam met swart vennote werk wat binnekort aangekondig sal word.” Volgens Mthembu sal SAL ʼn bykomende R2 miljard se finansiële hulp van die regering ontvang om by te dra tot die radikale herstrukturering van die lugdiens. Die bestaande leners van SAL sal ook R2 miljard ekstra verskaf.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sal op ʼn gereelde basis terugvoer aan die kabinet gee oor die sakereddingsproses by SAL.

Die kabinet het intussen ook bekend gemaak dat hy nege van die voorstelle in die presidensiële adviespaneel se verslag oor grondhervorming en landbou verwerp het. Volgens Mthembu is 60 voorstelle aanvaar en word daar kennis geneem van drie ander.

Mthembu het gesê al die departemente wat hierby betrek word, is deur die interministeriële komitee vir grondhervorming, onder leiding van adj.pres. David Mabuza, gevra om die aanbevelings rakende hul onderskeie portefeuljes te bestudeer en dienooreenkomstig te reageer.

“Die verskillende departemente sal meer volledig inligting kan gee oor die voorstelle wat nie goedgekeur is nie en die waarvan kennis geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

Gaan net ‘n paar ANC-lede besluit hoe grondhervorming moet plaasvind, of e-tol sal voortwoeker en oor al die voortploeterende staatsentiteite en alle ander menings oorboord gooi? Ons het nie net ‘n eenpartystaat nie, maar word deur ‘n geheime elitetistiese eksklusiewe gang beheer… die tipiese ou kommunistiese styl wat tot uitbarstings en opstande gaan lei en… bang, bang, down we go… oorlogskamers of te not. Cyril stel meer belang in die welstand van misdadigers en wil 51 000 tussen ons loslaat…Wow!

chrisjan

Ek wonder of Fikile Mbalula besef watter gevolge daar gaan wees sou hy ‘n besluit aankondig oor e-tol wat nie deur die massa aanvaar word nie.Ek is baie dankbaar ek bly ver van Gauteng af want ek sien ‘n bruin spul spat in die nuwe jaar daar en dis NIE modder nie!

lanie

Hulle moet die e-toll afstel en die petrol met R1 op sit dan kan hulle die uitstaande geld so betaal. Basta met die res.

Anoniem

SAL, Mango of enige ander SA lugredery sien my nie meer nie. Sover moontlik gaan ek nooit weer SAL bespreek nie! Dit sluit mos Mango ook in.

Johanna Botha

Met die anc se rekord kan hulle se wat hille wil dit gaan n gemors wees soos met alles die afgelope 25 jaar en hoekom die land op sy knee is !