Kabinet sê oor plaasmoorde

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die kabinet het sy volle steun toegesê aan die inhegtenisneming van diegene wat gruwelike misdade pleeg, waaronder die marteling en moord op boere en plaaswerkers.

“Die boerderygemeenskap is ’n integrale deel van ons ekonomie en misdaad op plase hou nie net ’n bedreiging in vir boere en plaaswerkers se persoonlike veiligheid nie, maar ook vir die land se voedselsekerheid.”

Die kabinet het Woensdag virtueel vergader.

Die regering se implementering van die hersiene landelike beveiligingstrategie word volgens die kabinet bespoedig om sodoende op landelike gemeenskappe se veiligheidsbehoeftes te reageer en hul sosio-ekonomiese ontwikkeling te steun.

Die kabinet doen ’n beroep op landsburgers om die Suid-Afrikaanse Polisiediens by te staan in die stryd teen misdaad deur by  gemeenskapspolisiëringsforums in te skakel en om misdaad by hul naaste polisiestasie aan te meld.

“Ons moet saamwerk om misdaad in ons gemeenskappe uit te roei en ons land veiliger vir almal te maak.”

Nasionale raad vir ekonomiese herstel goedgekeur

Die kabinet het ook die totstandkoming van die nasionale raad vir ekonomiese herstel goedgekeur. Dié raad is op die been gebring om die implementering van pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan te monitor.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Luidens die verklaring sal die raad onder die president se voorsitterskap wees en bestaan uit die adjunkpresident, die minister in die presidensie en al die ministers in die ekonomiese groepering.

Dié raad sal maandeliks vergader.

Verlengde ramptoestand

Volgens die kabinet sal die onlangse verlenging van die ramptoestand die regering in staat stel om die verspreiding van die koronavirus verder te bekamp.

Maroela Media het vroeër berig die kabinet het verlede week die land se ramptoestand met nóg ʼn maand tot 15 November verleng.

Dié besluit het wyd kritiek ontlok.

“Terwyl Suid-Afrika ’n geweldige afname in die verspreiding van Covid-19 gedurende die afgelope maande beleef, bly die virus by ons,” sê die kabinet.

Die kabinet doen opnuut ’n beroep op Suid-Afrikaners om sosiale afstand te handhaaf, hul hande te was en gesigmaskers te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Genis ·

VAT DIE EFF VAS RAMAPADAPOT… Hoe duld die kabinet hulle? KOM WAAR IS ONS ADVOKATE.. Wil julle my se hier is niemand wat hulle staal kan wys nie?

Tsek! ·

Wait a minute….ons President se dan daars geen plaasmoorde in SA nie…nou wat nou ???

Wilhelm ·

Praat, praat, praat… maar ek verwag absoluut niks. Bheki Cele wat langs Julias Malema in die hof sit waar plaasmoord aanvallers voorkom, kort nadat hy(Julias) Kill The Boer gesing het, is basies die uitbeelding van die staat se houding teenoor witmense.

Punisher ·

Presies wat ek ook sê en hulle keur dit goed my magtag man

Suzette ·

Misdaad moet by die naaste polisiekantoor aangemeld word ….. ek stop maar hier…..

Deon ·

Ek sien nie aksie nie, ek lees van vergaderings hier en vergaderings daar. En die plan en daai plan. En ons gaan so maak en ons gaan sus maak…. En intussen het hierdie plaasmoordenaars glad nie eers spoed verloor nie. Wanneer hou hulle op om te praat wanneer sien ons AKSIE!!!!

Riaana ·

Sal ook graag wil weet wanneer gaan die gepraat oorgaan in aksie, want ons gee hulle weereens die land op n goue skinkbordtjie

Piet ·

Ja ai waar is Rambo as jy hom nodig het, hyt beslis nie net gepraat nie hyt gedoen

Werner ·

Niksseggende klomp twak hulle is so min gepla oor plaasaanvalle as die man in die maan

JohanR ·

Die EFF het ook sy volle steun toegese? Sal maar wag en sien!

Persheks Adri ·

Hang aan ‘n tak! Hy sê nie veel omtrent plaasmoorde nie net dat ons die polisie moet help en hoe vinnig is sy vinnig? Direk daarna praat hy oor Covid snert.

Dit help nie ons help die polisie nie, want hulle is NOOIT beskikbaar nie of sit in Wimpie of KFC en eet soos hier by ons.

Right Cyril sê gou vir my: wat gaan JY doen as daar NIKS kos op die rakke is nie? Dis op die stadium die beste opsie vir julle om op te hou vermoor so sê my asb!!!

Fedup ·

And pigs can definitely fly.
Time for is to call in those who won’t tolerate this circus.

Persheks Adri ·

Praat met jou comrades Cyril veral EFF! Die polisie help niks gaan lees die artikels. Dink dis tyd die boere haal die kos van die rakke af laat ons kyk wat vreet hulle. Daar is plekke wat ons blankes sal help glo my.

Wat sê jy oor KILL THE BOER?

Punisher ·

Wil ek ook mos weet Adri hulle is teen ons en Cyril en kie veroordeel net als altyd tensy dit sy mense is

Dries ·

Die eintlike antwoord is: Hou op om boere en blankes altyd as die bose oorsaak van elke liewe probleem in hierdie land uit te kryt. Dis opstoking, en opstoking lei tot moord en doodslag. So maklik soos dit.

johanf ·

As dit blankes of boere is word dit genoem, hoekom kan/mag nie die ras noem by ander sake nie….?

Dup ·

Die F,F,F’ s en hulle misdadige trawante en meelopers regeer hierdie land.Hulle sê en maak net wat hulle wil,waar hulle wil en wanneer hulle wil.Of is my persepsies helemal verkeerd?

nell ·

”Too little too late” – die wêreld daar buite het reeds kennis geneem, ”so drop the act.”

Pieter ·

Vertel my nog n grap asb julle ANC is terroriste was op die grens weet hoe werk julle.

Natasha ·

Nog ‘n raad wat niks beteken word gestig. Ons soek dade nie woorde….

Alta ·

Bla bla bla, en so dreun ons regering voort met hul lee beloftes. Maak n plan met malema, cele , die SAP en ons slegte regstelsel as jul wil n verandering sien. Dis net weer n klomp praatjies ! DOEN IETS en hou minder meetings oor wat jul kastig beoog met die plaasmoorde! Julle probeer weer toesmeer wat aan die gang is!

Connie ·

CR jy en Cele sit saam met die EFF dit sal my nie verbaas as julle 2 die orders gee nie, of is julle bang vir die eff dat julle hul nie aanvat nie. Julle het nie n ruggraat nie, hoekom ontlont julle nie die eff in geheel nie. O nee julle kan nie, is seker bang hulle val julle aan, so nou hou julle maar handjies vas, hulle vloek die polisie, sing die verbode liedjie, so watse tekens soek julle nog. Ooo laat ek my mond hou.

Johannes Andreas ·

So bietjie tong-in-die-kies: Ek wonder nou maar net wat die reaksie gaan wees indien al die sogenaamde ‘vryheids liedere’ en EFF toesprake netso hergebruik word met die volgende veranderings: Vervang alle verwysings na blankes (Boere) met nie-blank (swart/zoeloe/xhosa/venda ens), sit ‘n lekker Duitse mars musiek deuntjie daarby en kry ‘n wit man (kom ons sê nou maar iemand soos Steve) om dit op die verhoog te sing. Sal dit as haatspraak beskou word? Sal die MRK betrokke raak? Sal dit as Ver Regse opsweping afgeskiet word? Wat van Spesiale Ondersoek Span en regterlike kommissie om die Blanke Gevaar te ondersoek en dop te hou???
Hoe gelyk is al die diere op hierdie Animal Farm????

LANA is ELANè ·

Om saam met die SAPD te werk kan gevaarlik wees, want vd grootste rampokkers is in die SAPD.
Doen eers jou eie ding en dan laat weet jy die SAPD want hulle sal alle ondersoeke saboteer vir eie gewin❗

pieter ·

Hoekom tree ramaphosa en die anc regering nie op teen malema en kie nie ,laat jou maar
net wonder of hoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.