Kabinet takel ekonomiese herstel en korrupsie

Minister in die presidensie, Jackson Mthembu. (Foto: GCIS)

Die kabinet en enkele ander regeringsleiers vergader Woensdag en Donderdag virtueel om veral die land se ekonomiese herstel en strenger optrede teen misdaad en korrupsie te bespreek.

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, het Woensdagoggend gesê die lekgotla (bosberaad) word bygewoon deur alle ministers, adjunkministers, premiers (insluitend die Wes-Kaapse premier, Alan Winde van die DA) en die bestuur van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga), wat munisipaliteite verteenwoordig.

“Die rol van die lekgotla is om die beleid van die regerende party te implementeer,” het Mthembu gesê met klaarblyklike verwysing na die gebiede wat deur die ANC regeer word.

Volgens Mthembu sal die klem eerstens val op praktiese ekonomiese herstel na die impak van die koronavirus.

“Dit was sleg vir ons lewens, ons ekonomie en ons sakeondernemings; die regering se plig is dus nou om met ’n ekonomiese herstelplan vorendag te kom,” het die minister daaraan toegevoeg.

Hy het enkele “pilare” voorgestel waarop so ’n herstelplan sou moes berus. Die eerste daarvan is die herstel en uitbou van infrastruktuur in sowel die openbare as die private sektor.

Die tweede pilaar is massa-indiensneming om die miljoene onlangse werkverliese die hoof te bied, en die derde pilaar is die uitbou van industrialisering en lokalisering.

Spesifieke stappe teen misdaad en korrupsie sal voorts bespreek word, asook die hantering van openbare en staatsfinansies na die korona-pandemie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nie Verbaas ·

Siestog, dit is nie binne die ANC se intellektuele vermoe om die planne suksesvol uit te voer nie. Steel nog meer en ontken skuld is nie n plan nie.

Suzette ·

So as julle nou korrupsie “takel” hoekom is ace nog daar?

Kokerboom ·

Ekt nou amper gedog dis ‘n Aprilgrap!!!Rerig????Skat jul die publiek se intelligensie soo laag!!!!!!Moet ASB NIE ons tyd mors!!!Jul flous miskien die kaders maar NIE vir ons!!!

Adam Adriaan ·

Wat ‘n grap. Goeie verskoning om ‘n bosparty the hou op die belasting betalers se rekening

Moedeloos ·

Waar moet werkskepping vandaan kom as hoevele mense hul werk verloor agv die Covid-19 wat nie staatshulp gekry het nie. Begin eerder voor jul eie deure te vee en skoon maak voordat jul ander voorskryf wat om te doen.

Wielspore ·

Die ANC is goed daarmee om baie te praat en min te doen.

Persheks Adri ·

Ons weet presies wat hier gesê word met die stelling:

“die beleid van die regerende party te implementeer”

Nice so dit sluit ons uit! Julle plunder net so maak julle eie gemors reg! Sê vir ons hoe julle die ekonomie gaan reg maak en wanneer die klomp in oranje pakkies sit sommer ook!

My siening ·

Kom ons lag, ANC is dit hoekom die WP DA GENOOI IS om n copy te kry wat jul inelkgeval nie kan uit voer nie want die ANC kon vir 27 jaar niks uitvoer nie.

JohanR ·

Kan net lag. Julle het die ekonomie in 5 maande opgebogger. Nie Covid-19 nie….julle die ANC. Daar is nie herstel nie. Hier naby verkiesing tyd begin julle met baie praat, en promises, en food parcels, en T-Hemde. #VoertsakANC!

capie ·

“Die tweede pilaar is massa-indiensneming om die miljoene onlangse werkverliese die hoof te bied,”
Wat gaan wie doen en hoe en wie gaan die mense betaal, dit gaan in elk geval op stakings uitloop. Korrupsie word sommer van vêr af gesien.

Jakes ·

Sekerlik die grootste grap van die dekade. Hierdie kabinet is nie instaat om die land se ekonomie te verbeter nie. Trouens, dit sal eerder sneeu in die Sahara woestyn voor ek dit sal glo en aanvaar.

Andries Petrus ·

Absolutely nothing will improve. The ANC are clueless and quite honestly why would things improve? They are all having a good time feeding in the trough

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.