Kabinet verbind hom tot werkskepping vir jeug

Argieffoto (Foto: radiokerry.ie)

Die kabinet het hom spesifiek verbind tot werkskepping vir jongmense te midde van die nuus dat die land se werkloosheidskoers met ʼn verdere 0,3 persentasiepunte tot 27,5% toegeneem het.

Luidens die verklaring wat Donderdag uitgereik is ná vandeesweek se kabinetsvergadering meen die kabinet die ekonomiese stimuluspaket wat R50 miljard spesifiek in landbou, infrastruktuur, die township-ekonomie en die landelike ekonomie gaan belê, behoort ʼn positiewe uitwerking op jeugwerkloosheid te hê.

Volgens Phumla Williams, waarnemende hoof van die regering se kommunikasie- en inligtingsdiens, volg die positiewe kabinetsuitkyk op die beraad oor werkgeleenthede wat die regering onlangs aangebied het.

Wat indiensnemingsyfers betref, was die grootste groei in die dienstebedryf en die boubedryf, en die grootste werkverliese in die mynbou, die vervaardigingsektor, die vervoersektor, asook die indiensneming van huishulpe en tuinhulpe.

Die kabinet het voorts die herinstel van eenhede teen bendebedrywighede in die polisie verwelkom, en uitgewys dat sulke eenhede net sukses kan behaal indien die gemeenskap met hulle saamwerk.

Die kabinet het alle belastingbetalers bedank wat hul belastingopgawes betyds teen 31 Oktober ingedien het, asook studente wat in aanmerking wil kom vir bystand deur die nasionale finansiële studentebystandsfonds (NSFAS) herinner dat die sluitingsdatum vir aansoeke 30 November is.

Die volgende geskeduleerde kabinetsvergadering vind oor twee weke plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Alida ·

Ja dis reg stel die wat matriek dop aan as SAPD lede en verpleegsters. Dit is wat ons het deur die sogenaamde werksskepping. As ek na ons stede en dorpe se verval kyk kan ek aan BAIE werk dink.

Johannes van Rooyen ·

ANC belowe dit al 25 jr en steeds is werkloosheid die hoogste ooit in SA geskiedenis as ANC nie SA so beroof het nie was daar werk gewees

Stormjaers ·

Dis maar net nog n wortel wat voor die neuse van die “usefull idiots” gehou word.

Pvt ·

Na wie se sak toe gaan die fondse ??
Hier is GEEN instansie in SA wat die projek kan bestuur nie.
Hou dop en ons gesels weer einde 2019.

Johann ·

ANC LEGACY! Elke keer voor n verkiesing belowe hulle dieselfde goed aan dieselfde mense en steeds val hulle daarvoor!!!!

SOU dit egter wel n werklikheid word… WIE sluit hulle definisie van jeug in… en uit? Is dit bloot n JOB met PAY… sonder rerig hoef te werk…? Hoeveel van die geld gaan vir konsultante en ANC komrades en kie?

Johann ·

Maroela? Die foto… van toepassing hoe? Iemand wat wag vir n HOE pos? Iemand wat gaan spring? Iemand wat die scafolding toets? Ek vang nie so lekker die assosiasie nie.

James ·

Julle moet onthou dit sluit wit kinders UIT.
Kyk bevoorbeeld na:

yes4youth: Home
https://www.yes4youth.co.za

As jy kies white mag jy nie aansoek doen nie. Dit verbaas my dat maroela nie op die geval rapporteer nie.

Salamander ·

Jy kan net werk skep nie. Jy moet eers rykdom skep. Daarvoor is produktiwiteit nodig. Wanneer die regering ophou om die vyand van die industrie te wees, kan dit dalk gebeur.

jaco ·

as meer as 27% van die bevolking van werkende ouderdom werkloos is, beteken dit dis VER meer as die 8% wat die persentasie wit mense van SA se bevolking is. 27% laat my besef n reusagtige deel van hierdie groep werkloses is nie wit nie.
So nou wonder ek maar net: waar is di e wonderlike regstellende aksie dan? Dit gee mens werk as jou velkleur “reg” is. Opleiding en ondervinding tel glad nie.
So eintlik behoort net 8% van Suid-Afrikaners van werkende ouderdom werkloos te wees en hulle moet almal wit wees.
Ek steun nie regstellende aksie en diskriminasie teen wit mense nie, maar dit word GEDURIG voorgehou as “straf” op wit mense vir apartheid.
So nou wonder ek maar net: waarvoor word die miljoene swart werkloses dan gestraf???

Gemaskerde Sopbeen ·

Die “werkloosheid” in SA sal slegs begin afneem sodra die regering begin verstaan wat “werkskepping” beteken. Op die oomblik dink hulle dat werkskepping gelyk is aan “meer aanstellings”….daarom sit Eskom met 30 000 teveel mense, die SABC met 2000 teveel mense, SAL met 4000 teveel mense………wat elkeen ‘n salaris kry plus maatskappy voordele. Dis nie volhoudbaar nie….Om net meer mense aan te stel beteken NIE dat daar werk geskep word nie…..

GM ·

Die werkloosheidsyfer sou BAIE beter gelyk het as daar jare terug geboortebeperkings ingestel was. As die grense nie so oop was nie, en BEE nie die lig gesien het nie, dan het omtrent elkeen ‘n werkie gehad. Maar nou ja, soos ons ouers altyd gesê het, “as is verbrande hout”.

alida ·

Hulle skep gedurig werk deur enige jan rap en sy maat aan te stel in hoë poste al het die persoon GEEN ondervinding of graad nie. Nou sit die maatskappye met ‘n oorvloed en dit gaan miljoene kos om van hulle ontslae te raak. Die regering kon nog nooit dink voor doen nie maar het alles gedoen voor hulle gedink het. BEE bo !!!! en daar het julle dit nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.