Kabinet verwelkom hulp van private sektor

Nomvula Mokonyane. Foto: Elmond jiyane, GCIS

Die kabinet het die aanbod van die private sektor om kundiges na die staatsdiens te sekondeer, met dank aanvaar.

Die kabinetswoordvoerder en minister van kommunikasie, Nomvula Mokonyane, het vanoggend die inligting verskaf tydens ‘n terugvoersessie oor vandeesweek se kabinetsvergadering.

In verdere ekonomiese nuus het Mokonyane aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa Vrydag ‘n sterk stimuluspakket gaan aankondig om die Suid-Afrikaanse ekonomie weer op koers te kry. Boonop is die departement van handel en nywerheid besig om beleggings van sowat R100 miljard uit Japan te probeer lok, en die kanse op sukses lyk goed.

Ramaphosa het reeds miljarde rand in beleggings uit die Verenigde Arabiese Emirate en Saoedi-Arabië vasgeteken, asook miljarde rand se beleggings en lenings uit China, hoewel die Chinese ooreenkomste met ‘n groot mate van agterdog bejeën word deur Suid-Afrikaanse opposisiepartye.

Die kabinet het Suid-Afrikaanse maatskappye versoek om hulself so ver moontlik te weerhou van afleggings en afdankings in die huidige moeilike ekonomiese klimaat.

Voorts het die kabinet die voortgesette vlakke van geweldsmisdaad in die land ten skerpste veroordeel sonder om stappe daarteen aan te kondig.

‘n Skeppie goeie nuus uit die kabinetsvergadering is dat die regering aanstaande maand nuwe visumregulasies gaan aankondig wat dit makliker sal maak vir geskooldes, toeriste, sakelui en akademici om na Suid-Afrika te kom. Verskeie ooreenkomste wat minder visums sal vereis vir Suid-Afrikaners om oorsee te reis sal ook aangekondig word, het Mokonyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois le Cochon ·

Moet net nie dat Zuma hiervan hoor nie, sy mond sal seker begin water en sy brein sal seker begin planne maak oor hierdie miljarde.

John ·

… en die hele boksemdaais sal saam piekel hierheen. Gratis hulp en gratis geld vir Afrika… die ewige storie en nooit kom dinge reg nie. Die droom is Afrokonings op trone en wit slawe… soos Israeliete in Egipte… net ons het geen vaderland om heen terug te keer nie… of?

Eish ·

Die gedeelte uit Deuteronónuim spook by my!
Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak. Hý sal aan jou leen, maar jý sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees. En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;
DEUTERONÓMIUM 28:43‭-‬45 AFR53

Jerry ·

Dit is nou goeie nuus. Is nou nog net die misdaad wat n probleem bly!

Andre ·

Hoe kan ons luister na mense wat se bates deur die Batebeslagleggings-eenheid opgeeis moes gewees het en nie in die tronk is?

Thai Dlamini ·

Can you all just get a little bit positive please. At least Mr Ramaphosa is doing something No??

Willie ·

Yes Thai, he is slowly but surely selling our country to the Chinese, Japanese and… the list could go on…

Judge Dredd ·

Die ANC maak baie skuld en beloftes/plannetjies net om 2019 verkiesing te wen.
Maar as hulle plannetjies nie werk nie – soos gewoonlik – dan gaan hulle die land in groot skuld dompel en boonop die 2024 verkiesing verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.