Kabinet vra insette oor NGV

Minister Jackson Mthembu gee terugvoer oor die kabinetsvergadering. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die kabinet het alle Suid-Afrikaners gevra om insette te gee oor die omstrede nuwe nasionale gesondheidsversekering (NGV) noudat die konsep-raamwerk daarvoor gepubliseer is.

Die kabinet voer aan die doelwit van die NGV is gelyke toegang tot gesondheidsorg, en het die versekering gegee dat dit op ʼn gestruktureerde, verantwoordelike en planmatige wyse in fases geïmplementeer sal word.

Die kabinet het voorts bevestig dat basiese dienslewering deur die staat voortaan grootliks op distriksvlak in die 44 distrikte en agt metro’s sal plaasvind eerder as in elke munisipaliteit, ten einde dit beter te bestuur.

Die kabinet het die Wetsontwerp op die Beskerming van Behuisingsverbruikers goedgekeur, wat die Behuisingsbeskermingswet van 1998 vervang.

Die nuwe wetsontwerp het ten doel om ontwikkelaars en huisbouers te reguleer, huisbouers en huiseienaars teen swak dienslewering te beskerm, wetstoepassing te versterk en strawwe teen huisbouers wat regulasies en wette oortree te verskerp.

Gesubsidieerde behuising en behuising wat aan die staat behoort, sal ook onder die wet ressorteer.

Ten laaste het die kabinet hulde gebring aan verskeie Suid-Afrikaners wat ʼn groot bydrae tot die land gelewer het, by name regter Edwin Cameron van die Konstitusionele Hof vir sy lewensbydrae ter bevordering van die belange van die kwesbaarste mense van ons land. Cameron het pas afgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Hulle luister na geen goeie raad nie. Dit is net ‘n blufspel om insette te vra….

Arno Scheepers ·

Hoekom jou tyd mors, die vra van insette is om die publiek te paai . Die anc regering sal nooit na insette luister nie. Hulle besluite is lankal geneem en die vergoeding is lankal ontvang.

Gert van Wierdapark ·

“Almal se insette nogal?? Dan sal die uitslag seker wees dat die meerderheid die plan soek!! Wat ‘n foefie!!

JohanR ·

Wees bang Suid Afrika, baie bang vir hierdie stuk wetgewing. As dit nou nag Nella is vir medies in SA, gaan dit na die stuk wetgeving, permanent donkerte wees. Die ANC will nou medies uit privaat hande uitneem, en in regering hande insit. Ons weet almal hoe goed dit all in 25 jaar gewerk het! Totsiens SA doctors en verpleegsters. Wees bang, wees baie bang!

Ander Koos ·

Lewer inset net om van die tafel gevee te word soos al die 100 de duisende insette oor onteiening sonder vergoeding van die tafel gevee en geignoreer is. anc hou van geld- en tydmors

Ruiklont ·

Net bluf van die ANC, reeds besluit wat om te doen ten koste van die publiek, net verdere aftakeling van dit wat werk vir absolute gaos aan die einde

marous ·

Begin by die staatsdiens . Dit sluit die parlements lede in . Probeer dit vir ‘n maand en kyk of daar nog iets oorbly om te brand ….

Pieter ·

Hier gaan weer mijarde weg raak dit is maar al al die ander staat in stellings het hulle geplunder daar is nie meer om te plunder nie nou skep hulle maar weer net n nuwe geleentheid om verder te plunder en ons blankes se mos maar net ja en amen skrik wakker asb

wilma ·

Die onnosel massas sal graag insette lewer. Hul te onnosel om te besef als beloftes van hul govt wat net meer geld soek vir hul bankrek en mense krepeer in hosp wa govt betrokke is

Pieter ·

Kobus ons blankes se brobleem is ons is hardkoppig ons sien wat gebeur ons sien wat maak hulle maar ons kannie saam staan nie dit is hoekom hulle met ons mors in hulle oe is ons n klomp bang gatte ons is besig om ons self te begrawe wanneer gaan ons wakker skrik dalk die dag wanneer hulle ons kinders gaan leed aan doen

Andre ·

As die ANC nie eens die huidige Gesondheidssorg kon administreer nie wat is die doel om die res oor te neem. As daar na die res van die land se agteruitgang gekyk word kan dit net oor finansies gaan. Die regering wil hulle hande in die mediese fondse se beursies kry en dit ook vernietig tot hul voordeel.

Pieter ·

Dit is al waar oor dit gaan andre kyk hoe lyk die staats hosp soos die geld in kom raak dit weg as jy nou wil dood gaan dan gaan jy na n staats hosp toe die helfte van ons buur state se mense is hier want hulle stem mos vir die anc hulle kry mos ook verniet mediese sorg n mens word siek as jy na die land en sy anc regering kyk laat hulle die staats amptenare se pension geld vat en dit bele in die nhi as dit dan nou so goeie plan is

blouapie ·

nog meer staatskaping, die koekieblik gaan mos baie geld in kry. nog ‘n ANC mislukking oppad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.