Kabinet wag vir ANC se Gupta-verslag

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die kabinet sal na verwagting binne twee weke ʼn verslag van die ANC ontvang ná ʼn interne ondersoek oor bewerings dat die Gupta-familie regeringsbesluite beïnvloed het.

“Daar is ʼn proses wat aan die ANC se kant plaasvind,” het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Vrydag gesê toe hy ná ʼn kabinetsvergadering gevra is of ministers die omstredenheid bespreek wat die kabinet nou al weke lank skud.

“Ons sal ʼn behoorlike verslag binne die kabinet ontvang,” het hy verduidelik.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het verlede maand aangekondig dat die regerende party bewerings sal ondersoek dat die welgestelde Gupta-broers uitvoerende besluite beïnvloed, nadat adjunkminister van finansies Mcebisi Jonas gesê het hulle het verlede jaar die ministerspos vir hom aangebied.

Opposisiepartye het gesê ʼn interne ondersoek is nie voldoende nie, gegewe die erns van die bewerings en versoek ʼn kriminele ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Veritas ·

Hoekom twee weke wag? Ek kan nou al die strekking van die verslag bekendmaak. ‘ Die interne ondersoek het getoon dat geen teken van, onbehoorlike inmenging in regeringsake, gevind kon word nie. Die ANC beskou hiermee die saak as afgehandel. Enigeen wat hiermee verskil is ‘n rassis’.

Luister ·

Haha: “Kabinet wag vir ANC”…….Kabinet IS die ANC….so-te sê.
Verwag nog ‘n “whitewash”.

GES ·

Die anc se wiele kom nou af. Al strategie aan hulle bekend is die vertragingstaktiek. Dit gaan ook nie lank hou nie. Die mense van SA raak nou ongeduldig.

Hennie Theart ·

En die ANC dink ons sal dit aanvaar. Wie dink hulle is hulle?? Ek het nog nie gehoor van ‘n bias van die ANC se kant nie, ek glo ook nie dit sal bias wees nie. Gaan lieg asseblief op ‘n ander plek vir ander mense. Ek kan niks glo wat van julle kom nie!!!

Ben Prinsloo ·

Verslag aan kabinet: daar is geen verbintenis wat die bewering kan staaf dat die Guptas die regering be-invloed het nie. Alle bewerings is ongegrond en weer net n politieke samesweerdery van die media en die ander politieke partye om die regering, die ANC en veral die president in n swak lig te stel”

Weter de Wet ·

N afgewaterde verdraaide niksseggende klomp bollie sal sal gemaak word deur die AFRICAN NATIONAL CIRCUS. Apartheid en Jan van Riebeeck sal die skuld kry vir ons ” Eerste skelm” se wandade. Die Kooptas en hul staatskaping sal met mooi verdraaide onwaarhede kwytgeskeld word. Asof die geletterde kieser n klomp swape is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.