Kabinet wil hê De Ruyter moet gouer by Eskom oorvat

André de Ruyter (Foto: André de Ruyter/Facebook)

Die finale kabinetvergadering van 2019 het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, opdrag gegee om met André de Ruyter te onderhandel om vroeër reeds die leisels oor te vat by Eskom.

De Ruyter, tans uitvoerende hoof van die verpakkingsfirma Nampak, sou op 15 Januarie 2020 as uitvoerende hoof van Eskom aangestel word.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Dinsdag verslaggewers toegespreek oor die kabinetvergadering wat op 13 Desember gehou is. Hy het gesê De Ruyter sal die pogings lei om die bestuur en tegniese bedrywighede by die kragvoorsiener te stabiliseer.

“Die kabinet ondersteun ten volle alle pogings wat kragvoorsiening in ons land verseker. Die kabinet het gevolglik minister Pravin Gordhan opdrag gegee om met mnr. De Ruyter te onderhandel om vinniger met sy pligte te begin,” het Mthembu bygevoeg.

“Mnr. de Ruyter en sy bestuurspan sal dadelik die kwessies van bestuur en gebrek aan finansiële bestuur aanroer en die bedrywighede by Eskom stabiliseer. Dit sluit in ʼn groot agterstand van instandhouding van die verouderende vloot van kragstasies en strukturele probleme by Medupi- en Kusile-kragstasies.”

Mthembu het ook aangekondig dat adjunkpres. David Mabuza ʼn energie-oorlogskamer op die been sal bring saam met finansiesminister Tito Mboweni, energieminister Gwede Mantashe en Gordhan.

Eskom het vroeër Dinsdag gesê na verwagting sal geen beurtkrag deur die loop van die dag ingestel word nie, en die waarskynlikheid vir beurtkrag vir die res van die week bly laag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tresia ·

n Benoude kat maak darem benoude spronge HELP ASB!!! Ons het alles verwoes

Pop ·

Hy gaan onder die bus ingegooi word! Na Eskom reeds in die moeilikheid is, gaan hy maar sukkel en dan word al die blaam op hom gepak. Soortgelyke ding het gebeur met bestuurder van Bloemfontein se dieretuin.

Mm ja nee ·

As ek enige raad aan Mnr de Ruyter kan gee,,,,,,, bly weg, bly weg daar, jy gaan jou loopbaan doodmaak daar.

Ag Ja! ·

Ek stem saam. Hoop nie hy gaan gebruik word as die spreekwoordelike lam ter slagting nie.Heel eerste taak, raak ontslae van die roomafskeppers en stel nuwe bevoegde persone aan wat blankes insluit. Die Kabinet dink dat hy n towerwand moet swaai en dan is alles reg! Nie so maklik nie.

Lam Ter Slagting ·

Dis presies hoekom hy aangestel is lanie … enige onpopulêre besluite deur hom sal dan voor die deur van ras gelê kan word. It was da white man who did this to our peepol. Ek kan dit al hoor. Arme man… hardloop terwyl u nog kan meneer.

Otio ·

Pop is die man jou kop gehad so hy nie hierdie werk aanvaar het nie. Met die EEF volgende jaar se betogins saam met die unies gaan hy sy naam met ‘n plank slaan. Ek kan ook sê: “Vlug maar vlug betyds”

Andrea van Vuren ·

Kom ons staak al die negatiwiteit. Ek glo de Ruyter besit die vermoë om dinge reg te tuk. Onthou Rome is nie in een dag gebou nie. Kom ons ondersteun hom en bid vir hom.

John ·

Fools rush in… Alles gaan nou sy skuld word… Ons hoop nie hy sukkel met sy hart of bloeddruk nie…

Peter ·

Ona moet ons eie krag besigheid begin – privaat – weg van die staatsgemors af.

Christo ·

Ek wonder of hy die erkenning daarvoor gaan kry indien hy ESKOM kan regruk…..?

ano ·

Mnr de Ruyter, ek stel voor jy dra elke dag ‘n (spreekwoordelike) “bullet proof vest” vir al die messe wat jy in die rug gaan kry. Jy het wraggies die moed van ‘n leeu.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.