Kabinetsbesluit oor standbeelde veroordeel

Die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria is vroeër vanjaar beskadig. (Foto: Verskaf)

Die regering se voorneme om standbeelde uit die apartheid- en koloniale era te verskuif na sogenaamde temaparke, het basies ten doel dat Suid-Afrika se openbare ruimtes ʼn geskiedenis uitbeeld wat deur die regering goedgekeur is.

Die DA het gesê hy veroordeel ten sterkste die besluit van die kabinet om sy steun te verleen aan ʼn omvattende oudit van alle standbeelde, simbole en monumente en om van hulle dan te verskuif na “kulturele nasiebou-parke”.

Veronica van Dyk, DA-woordvoerder vir sport, kuns en kultuur, het gesê haar party sal ʼn skrywe aan die voorsitter van die portefeuljekomitee vir sport, kuns en kultuur rig om te vra dat die taakmag wat vir die aanbeveling verantwoordelik was voor die komitee kom verskyn sodat hulle besluitnemingsproses onder kruisverhoor geplaas kan word.

“Hierdie besluit van die ANC-regering het basies ten doel om openbare ruimtes in Suid-Afrika te ‘ontsmet’ en te verseker dat dit ʼn geskiedenis uitbeeld wat deur die regering goedgekeur is, en soortgelyk slegs hulde bring aan helde wat deur die regering goedgekeur word.”

Die verwydering van standbeelde en monumente wat nie by dié amptelike geskiedenis inpas nie, laat die ANC toe om beheer uit te oefen oor die konteks waarin hierdie standbeelde en monumente aan toekomstige generasies voorgelê word. “Dit het tot gevolg dat die stemme van die gemeenskappe vir wie hierdie standbeelde – en hul gepaardgaande stories – belangrik is, stilgemaak word, en ontken aan hulle ʼn plek in die nuwe Suid-Afrika.”

Anders as wat die kabinet in die verband beweer, dra hierdie besluit nié by tot nasiebou nie, sê Van Dyk. “Inteendeel verdeel dit ons samelewing nog verder. Enige besluit om ʼn standbeeld of monument te verwyder (en ook die besluit oor wat daarna daarmee gebeur) moet op individuele meriete beoordeel word, verkieslik op gemeenskapsvlak, en slegs na ʼn proses waar wyd met die publiek gekonsulteer is.”

Die DA beskou die verwydering van standbeelde en monumente in ʼn baie ernstige lig. “Dit skep ernstige twyfel oor die ANC se bedoelinge wanneer dit kom by nasiebou. Hierdie kabinetsbesluit het dit duidelik gemaak dat die ANC-regering nie glo dat Suid-Afrika aan almal wat hier woon behoort nie, en dat sommige gemeenskappe ʼn groter ‘reg’ as ander het.”

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die Afrikanerbond het gesê die voorstel om standbeelde en monumente te verskuif, is net nog ʼn bewys van Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, se onvermoë om die diversiteit en geskiedenis van die land te verstaan en dit toon ook sy onkunde oor die Suid-Afrikaanse Grondwet.

“Die ongeregtighede van die verlede en van apartheid is ʼn werklikheid. Dit kan deur niemand ontken of verdoesel word nie,” het Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, gesê.

“Die verlede mag egter niemand van sy of haar grondwetlike regte ontneem nie. Indien daar nie respek vir die geskiedenis is nie, sal ʼn ander generasie in die toekoms ook nie respek of agting hê vir die hede nie.”

Die organisasie ToekomsVonk meen dat daar meer afstootlike onderwerpe is wat dringende aandag moet geniet as ʼn standbeeld uit die verlede. “Die standbeelde en monumente verteenwoordig en simboliseer groei en vooruitgang van Suid-Afrika oor die jare heen. Sonder hierdie persone, insidente en gebeurtenisse wat in ʼn standbeeld, monument of gedenkplaat verewig is, sou Suid-Afrika nie die status bereik het as ʼn onafhanklike en progressiewe land nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stebastiaan ·

Hierdie sogenaamde regering is besig om ‘n vuur aan te steek wat hulle nie sal kan blus nie. Die BOERE Volk is al in die verlede ondermyn en het hard terug geslaan. Pasop hulle krap waar dit nie jeuk nie!!!!

Martie Smartie ·

Stel in elke geval nie belang in hulle nasiebou nie, ek wil nie deel wees v ‘n swart rassistiese korrupte nasie nie dankie

Pieter ·

Bid dat hierdie cANCer tot ‘n einde kom en ‘n Godvresende regering in die plek kom. Sorg dat alle afgodery in die volk padgee, daar is nog baie. Ou Testament stel die pad na herstel duidelik. Die mag is in ons hande.

Hendrik ·

Hierdie land behoort aan almal. Dit is nie ten voordeel van enige nasie, ras of kultuur om ander se standbeelde te verwyder nie. Kry rigting en hou op om alles op apartheid te blameer. Miskien het die betrokke ministers niks anders om te doen nie, dit is waarom die regering nie funksioneer nie.

Kokerboom ·

Vraag is: Het die ANC werklik positiewe nasiebou en groei ten doel of wil hul verdelend optree , die goeie gesindheid op voetsoolvlak en sodoende die land vernietig? Hul moet NOU ‘n besluit neem, dan sal die Blankes behalwe die kruipers en manteldraaiers weet wat om te doen om hul toekoms te verseker. So kan ons NIE aangaan!

Althes ·

Rassiste het nie ñ plek in die regering nie. En om te dink hy was eens op ñ tyd ñ Minister van Polisie…

Hoekom ·

Die ANC regime is meer behep met ras as enige vorige regering in ons geskiedenis. Hulle is veel ERGER as hulle vyand die apartheids regering. Die apartheids regering het darem geweet almal kort ‘n stukkie son in SA. Nie die ANC nie, hulle is die werklike rasiste en die internationale gemeenskap moet die slaap uit hulle oë vee en sien wat aangaan en hierdie kriminele organisasie, ANC, onwettig verklaar…

Tokkel ·

Nathi, Nathi…jy is net besig om almal se boude te krap. Lyk my jy het nie iets om jouself besig te hou nie. Onthou die standbeelde kan nie kniel nie…

JohanR ·

Kan al die standbeelde van daai terroris Nelson Mandela ook asseblief verskyf word. Moeg om in sy bakkies ook orals te moet vaskyk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.