Kabinetskommeling bied geleenthede vir Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa
(Oktober 2018) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die kabinetskommeling wat deur omstandighede op pres. Cyril Ramaphosa afgedwing word, bied aan hom die geleentheid om die land se regering te versterk.

Minstens twee veranderings gaan nodig wees weens die afsterwe van die minister van omgewingsake, Edna Molewa, en die versoek deur die minister van finansies, Nhlanhla Nene, om van sy pligte onthef te word.

In Nene se geval lyk dit nie asof Ramaphosa ʼn ander keuse gaan hê as om in te stem om hom te laat gaan nie. Eerstens het Nene aanvanklik in die openbaar gelieg oor of hy die Guptas tuis besoek het. Die vraag is waarom, en waaroor hy dalk nog lieg.

Tweedens het Nene gekies om twee en ’n half jaar te swyg oor wat onder meer met die gepoogde kernwapenooreenkoms gebeur het voordat hy met die sak patats vorendag gekom het. In daardie tyd het die land, onder meer deur sy stilswye, groot skade gely weens staatskaping.

Derdens blyk dit dat Nene se seun ’n groot geldelike inspuiting van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gekry het terwyl Nene as adjunkminister van finansies die voorsitter van die OBK was. Dit is ’n regstreekse botsing van belange – en een wat Nene verkies het om te verswyg.

As voorloper vir die sleutelposisie van minister van finansies word die naam van die Gautengse LUR vir finansies, Barbara Creecy, genoem. Dit is ’n ope vraag of sy die gravitas het wat die pos vereis.

Ander name wat genoem word, is dié van Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, en Enoch Gondongwana, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

Ramaphosa het ook die opsie om ’n kundige van buite die politiek te nader om as minister van finansies te dien.

Wat die ministerie van omgewingsake betref, is daar nie juis iemand in die ANC se parlementêre koukus wat uitstaan nie. Die geleentheid bestaan egter om die kabinet te skommel, nuwe bloed in te bring en van die swakker skakels te vervang.

Die twee heel swakste skakels is sekerlik Malusi Gigaba (binnelandse sake) en Bathabile Dlamini (vroue, kinders en gestremdes). Albei is – afsonderlik en oor verskillende kwessies – in die hof aan meineed en ondergrawing van die Grondwet skuldig bevind.

Eintlik is hul posisie in die kabinet onhoudbaar, maar Ramaphosa sal weet dat die afdanking van Gigaba (’n voormalige leier van die ANC-jeugliga) en/of Dlamini (tans leier van die ANC-vroueliga) vir hom as nasionale ANC-leier baie negatiewe gevolge kan inhou binne die mynveld van ANC-magspolitiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nettie ·

Ek wens hy wil die kabinet só skommel dat hy homself sommer as President UITskommel – uit die kabinet, uit die politiek en UIT DIE LAND uit. En mag hy sommer maar ‘n paar van sy ANC kaders en hul 100’e duisende “ingevoerde” stemmers vir 2019 saamneem.

J van Rustenburg ·

Hy sal moet kies tussen SA eerste of sy eie politieke oorlewing

Paul ·

As hy maar net van die ACE in die pak en Mpumalanga se joker ontslae kan raak en natuurlik Jessie, maar dit is ‘n pie in the sky. Dalk slaan hulle nog die kitaar met die nuwe aanstellings.

waarheid ·

Ook maar lekker korrup hirdie een! Kyk nou net wat se leuenaar is hy oor die plaasmoorde. Dit se baie vir ons.
Grondonteiening se dit ook mos alles. ‘Our people’ se dit ook.
O nee genade – soos die leser hierbo se – skommel die hele spul uit die land uit.
Ek is seker hy het van al hierdie korrupsie geweet en nie ‘n woord gese nie – waaro mnie ?- Was / Is hy dalk deel van dit?>

Botha ·

Mr Enoch Gondongwana is ook nie geskik vir pos as Finansies minister nie. Former deputy minister of economic development, Enoch Godongwana, allegedly misled the Canyon Springs Investments 12 insolvency inquiry while giving evidence last year when he failed to disclose that he had received money from companies belonging to Richard Kawie, who has been charged with fraud in the scandal over the misappropriation of
clothing factory workers’ pension fund cash.

Alida ·

En CR het van NIKS geweet terwyl hy adj preisident was nie. Miskien glo die man in die maan hom.

lewies ·

Watter les is daar vir ons almal in SA in hierdie gedeelte uit Lukas 12: 2en3 ?: “2 Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. 3 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word.”
Die Bybel Nuwe Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1983.

Heinrich ·

Okay, die geleentheid vir die ANC om die regte ding vir die land te doen? Het hierdie geleenthede al baie gesien kom en gaan; gaan nie my asem ophou dat hulle die regte ding gaan doen nie. Hier is net weer ‘n geleentheid vir faksie versterking, niks met die land uit te waai nie.

Nico ·

Monkey see, monkey do… jy lieg net so lekker jou dwaas, jy moet jouself ook vervang

Alias ·

Nog skokke kom binne maande…. Malema en kie gaan SA in revolusie gooi! Baie van vorige ANC lede spoel oor na EFF toe vir lelike hardhandige dade teen ons blankes.

lewies ·

Ek is geneig om saam met jou te stem. Daar is so iets soos valse gerustheid.

Pieter ·

Natuurlik het Rampharra geweet van staatskaping hy was dan adjunk president. Die hele ANC spul is verrot. Dit herinner my aan wat Dr DF Malan en ons voormalige leiers altyd gesê het van die ANC en dit is: “Ons onderhandel nie met ondermyners nie”. Dis presies wat ANC is ondermyn alles wat goed is en plunder.

Lerato ·

Daar is geen beter persoon in die land om die land te red nie.

Ramaphosa is die enigsye

Snowball ·

@Lerato, die ding met integriteit en geloofwaardigheid, is dat EEN LEUEN, genoeg is om albei uit te wis.

TP ·

Stem saam: Pravin of Trevor. Probleem is dat Pravin goeie werk (soos altyd) doen by die SOEs

Ramapaddapot ·

Se my ramapaddapot – net vir interssantheid – hoeveel shares het jy by Engen?
Wie in die regering het ook shares daar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.