Kabinetskommeling: Hof hoor oor ‘intelligensieverslag’

Pres. Jacob Zuma tydens die Vryheidsdagvieringe op 27 April 2017 in KwaZulu-Natal (Foto: GCIS)

Die sogenaamde “intelligensieverslag” was weer onder die loep toe die hooggeregshof in Pretoria Donderdag die DA se aansoek aangehoor het om pres. Jacob Zuma te dwing om redes te verskaf vir sy onlangse kabinetskommeling.

Regter Bashier Vally het beslis Zuma moet binne vyf dae dokumente verskaf rakende sy besluit om Pravin Gordhan as minister van finansies en Mcebisi Jonas as sy adjunk te pos tydens die onlangse kabinetskommeling. Zuma moet die redes aan die DA se regsverteenwoordigers verskaf en moet ook die koste van die aansoek betaal.

Die DA het op 5 April die aansoek by die hof ingedien om Zuma te dwing om sy redes te verskaf vir die “rampspoedige” kabinetskommeling.

Adv. Steve Budlender, vir die DA, het aangevoer dié redes sal verklap of Zuma op die sogenaamde “intelligensieverslag” staatgemaak het om sy kabinetskommeling te beplan.

“Elke uitvoerende besluit is onderhewig aan die beginsel van wettigheid en rasionaliteit. Sonder om bewus te wees van die redes kan ʼn mens nie die rasionaliteit formuleer nie,” het Budlender gesê.

Zuma hou vol dat dit sy grondwetlike reg as president is om aan te stel en af te dank wie hy wil en dat sy besluit om Gordhan en Jonas af te dank ʼn uitvoerende besluit was.

Dié argument is deur adv. Ishmael Semenya, vir Zuma, ondersteun. Hy het aangevoer dat die president ministers kan aanstel en hul ook mag afdank.

Hy meen ook dat Zuma reeds redes vir die kabinetskommeling verskaf het, naamlik dat dit in die belang van kiesers was.

Volgens hom is die DA nie geregtig op enige dokumente wat Zuma se redes vir die skommeling verklap nie.

“Die president se keuse om die kabinet te skommel val in die kategorie van uitvoerende besluite en sulke besluite verdien beskerming teen die bekendmaking daarvan. Daarom is die DA nie geregtig op die dokumente nie,” het Semenya gesê

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, het gesê dat Zuma se redes getoets sal word aan die beginsel van rasionaliteit en die invloed wat dit op die land gehad het.

“Ons wil hê dat Zuma moet doen wat hy gesweer het om te doen as hy weer besluite neem oor die samestelling van die kabinet – om die belange van Suid-Afrikaners te bevorder,” het Selfe gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Scalla ·

Dit was n uitvoerende lede vergadering deur die raad waarvan slegs Zuma teenwoordig was met die besluit. Korum is nie dan ter sprake,

Johann ·

Mense mense. Dink mooi daaraan? Vir enige “verslag” om deur Zuma as “intelligent” beskou te word verg?????? N toepaslike funksionele vlak van toegepaste intelegensie!!!!!! M.a.w: hoe meer of minder.die intelligensie van die leser van die verslag, hoe meer of minder die vlak van intellegensie van die verslag? So gemeet aan Zuma se aldaagse funksionaliteit,,,,,, het hy gedink.dis n MOEDER van n intelligensie verslag!!!!!! EN sy handpoppe rondom hom wat die verslag saamgeLIEG het, het seker gemaak Zuma verstaan die verslag? Shame julle: hyt ma net reageer.op wat hy het om mee te reageer? IN UR FACE JACOB ZUMA: BOKWAGTER BEDRIËR…ongeskoolde, opgelyde terroris, veelwywer….

Cherokee ·

Re “zuma moet die kostes betaal”.
Zuma of die belastingbetaler? Hierdie soort kosteheffings behoort beter gespesifiseer te word in ‘n hof om te voorkom dat parlemantariërs hofkostes opjaag ten koste van die publiek.

Helma ·

Tydens ‘n mediakonferensie wat Pravin in Londen bygewoon het, het hy gesê daar sal NIE met die nuclear deal voortgegaan word nie. Volgens ‘n Britse Koerantberig is die uitspraak herlei aan die Russe waarna Zuma blykbaar ‘n gewaarsku is: “your finance minister…or your life!”

Marius ·

Dit is seker die oninteligente inteligente verslag waarvan Pravin gepraat het.Help my asb met hierdie klomp korrupte bedreers.Daar is geen redding met hulle nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Waar kom Zuma aan al hierdie benaminge wat hy het vir al sy nuwe idees? Nou is dit ‘n intelligensieverslag. Weet Zuma WAT is intelligensie? Demokkrasie (sit ‘n kappie op die eerste e en dan rek jy die ooooooooo lank uit vir die regte Zuma uitspraak. Rol en swaai die hande en arms , suig jou lippe in na binne om jou tande en jy het die prentjie. Die nar van Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.