Kabinetskommeling: Hof lewer uitspraak

Pres. Jacob Zuma. ArgieffFoto: GCIS

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag uitspraak gelewer in die DA se aansoek om pres. Jacob Zuma te dwing om redes te verskaf vir sy onlangse kabinetskommeling.

Regter Bashier Vally het beslis Zuma moet binne vyf dae dokumente verskaf rakende sy besluit om Pravin Gordhan as minister van finansies en Mcebisi Jonas as sy adjunk te pos tydens die onlangse kabinetskommeling. Zuma moet die redes aan die DA se regsverteenwoordigers verskaf en moet ook die koste van die aansoek betaal.

Die DA het op 5 April die aansoek by die hof ingedien om Zuma te dwing om sy redes te verskaf vir die “rampspoedige” kabinetskommeling.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, het gesê die party het ook versoek dat Gordhan en Jonas se afdanking tersyde gestel moet word op grond daarvan dat dit irrasioneel, ongrondwetlik, onwettig en ongeldig is.

“Elke uitoefening van openbare mag moet onderworpe wees aan die beginsels van wettigheid en rasionaliteit, en spesifiek die uitoefening van die president se magte, wat die aanstelling en afdanking van ministers en adjunkministers insluit,” het Selfe gesê.

Volgens Selfe is die DA van mening dat die president se besluit tersyde gestel moet word omdat dit nie aan die vereistes van rasionaliteit voldoen nie en daarom onwettig is.

Vir sy besluit om hersien te word moet Zuma volgens Selfe in terme van die hofreëls sy rekord van besluitneming oor die kabinetskommeling aan die hof verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

John ·

Het ons ‘n despoot as die leier van ‘n demokrasie? Dit lyk so, want hy doen net wat hy wil.

Speedguard ·

Natuurlik gaan hul nou appeleer ! Die koste kom natuurlik uit die belasting betaler se sak !!

Loeis ·

Moenie te gou opgewonde raak nie:
1) Zuma sal seker appelleer, tot in die grondwethof, en dalk betaal ons belasting geld nog vir die proses,
2) Selfs al moet Zuma redes verskaf, wat dan? Daar is nog geen bevel dat hy sy gemors moet regmaak nie.

As mens na daai regter se naam en van luister wonder jy maar of Zuma hierdie ook rassisties gaan noem.

LMF ·

Lekker man lekker oeeeeeee my tone krul maar……….. Maar wat gebeur as hy dit nie doen nie dink die volgende march moet op nkandla se stoep wees

Akes ·

Dink eerder daar moet iets met kruit op daardie stoepe geplaas word….

Cherokee ·

Heel interessante vraag hierdie…. watter wet oortree hy as hy nie gehoor gee nie en wat sal die opvolg wees.

Johann ·

Halo Wêreld. Ek woon in Suid Afrika. Vandag is die Staats President van my land vir die twede keer ( wat ek van weet), deur n Hof as IRRASSIONEEL bevind! Jip: IRRASSIONEEL! Hy is ook bevind as om sy plig te versuim het! Hy is ook al aangekla van verkragting ( een keer wat ons van weet). Daars is meer as 700 klagtes van korrupsie en geldwassery teen hom! Hy steel blatant ons land se Staatskaste leeg deur sy eie en sy korneute se magsmisbruik! Hy is verandwoordelik vir MILJOENE se werkloosheid! Hy het ons ekonomie al BILJOENE gekos deur sy magsbehepte politieke handpop sirkus van pelle en familie.lede. Hy ondersteun die aanstellings van onbevoegde pelle ten koste van eens winsgewende staats instellings. Hy verkondig leuns oor ons land se geskiedenis aan massas ongeskooldes wat hy in toom hou met sosial grants. Hy propageer die diefstal van blanke besittings onder n politieke beleid wat nêrens in die Wereld werk nie…inteendeel. Hy huisves voortvlugtende moordenaars van massas mense in Afrika. Hy is bedmaats met n korrupte familie wat hom help om ons land leeg te steel en te dra. Hy omring homself met sootgelyke magsbehepte dom.astrante mense wat geen gewete toon teenoor die massas werklose honger mense wat hy “sy people” noem. Hy het n harem van vroue en afhanklikes wat MY belasting voor betaal. Hyt nie laerskool voltooi nie. Hys n opgeleide terroris. Sy naam is JACOB ZUMA! DIE BEDRIËR!

Cherokee ·

Netjiese samevatting, Johann. Die kommentaar van die aand! Gee dit deur na Wikipedia asseblief.

Joe ·

Lekke Johan. Ek wou ook al so ‘n lang brief skryf oor ons skelm pres, maar gooi elke keer die ipad voor ek klaar is.?

Leser ·

Simpel beslissing. Jy kan nie ‘n land van die regbank af regeer nie al is die president ‘n skelm.

Marina ·

sal maar sien waarmee die “geliefde” president nou weer vorendag gaan kom maar die waarheid … ek betwyfel. Dalk soek hy maar net die res van sy dom pelle in die parlement om hom slim te laat lyk

John ·

‘n Kwessie wat dalk voor enige grondwetlike verandering deur die grondwethof uitgeklaar behoort te word, is: Indien parlementslede nie’n land se president wat sy magte oorskry, afdank nie en die’ president se oproep om die grondwet drasties te wysig om bv diefstal van eiendom nogal te pleeg, of sy aanstelling verleng, ens aanvaar word, sou so ‘n besluit deur die grondwethof as wettig verklaar moet word. Is ons grondwet so swak opgestel dat ‘n despoot, die grondwethof kan ontbind, regters afdank en die parlement so beheer en doen wat hy wil en afmaai soos hy wil en mense in beheer stel wat hom en sy gruwelike genote alleen bedien? Waar is die grenslyn of is die Hemelvader ons enigste Hoeder. Miskien moet die hof dringend, voortydig , genader word… Sou ‘n waansinnige leier, as blote hipotetiese voorbeeld, dalk een wat deur doofmiddels en vreemde bygelowe aangevuur word, ook sy land met ‘n soortgelyke grondwet, verwoes totdat bloed in strome vloei… maar sy paar getroue parlementslede bly hom ondersteun… en die president sit ten spyte van hofuitsprake…

SARIE VAN HEERDEN ·

Kom ons begin ‘n nuwe Lotto-tipe kompetisie en voorspel wat van die Zumasaak uitspraak gaan word. Ek voorspel Zuma gaan hom soos gewoonlik eenvoudig AFVEE aan die hofuitspraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.