Kabinetskommeling: Kyk hier na aankondiging

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting Maandag om 20:30 skuiwe aan sy kabinet bekendmaak.

Die aankondiging kom ná weke lange bespiegeling oor watter skuiwe Ramaphosa gaan aanbring. Daar is veral groot belangstelling in wie die nuwe minister van elektrisiteit gaan wees.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, is kort gelede as parlementslid beëdig, ʼn stap wat ruimte vir die president skep om nog ʼn kandidaat wat nie ʼn LP is nie, in sy kabinet in te sluit.

Volg die kabinetskommeling regstreeks hier en hou Maroela Media dop vir meer inligting oor die aankondiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jakes ·

Dit sal geen verskil maak aan n kabinet wat onbeholpe en onbevoeg is om n land suksesvol te regeer nie. Ramaphosa sal SA n guns doen as hy en sy hele kabinet onmiddelik bedank.

Theuns ·

Net nog ‘n vreesbevange cadre wat nog meer cadres aanstel . Die Ramaposa sirkusnar en sy clowns stoom voort met vernietiging van RSA. Slap beesmis menger voorgesit as koek vir fools paradise

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.