Kabinetskommeling: ‘President tas mis’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

President Cyril Ramaphosa het ʼn gulde geleentheid verlore laat gaan om kabinetskuiwe te maak wat ’n daadwerklike verskil sou maak aan leierskap en vertroue op die hoogste vlak in Suid-Afrika.

Godongwana se aanstelling bevraagteken

Volgens dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, is een van die grootste flaters die aanstelling van Enoch Godongwana as nuwe minister van finansies in die plek van Tito Mboweni wat bedank het.

“Godongwana het ’n omstrede verlede en hy is meermale by ongerymdhede betrek, ook waar hy en gesinslede betrokke was.

“Een van die omstrede voorvalle was in 2004 toe hy as LUR vir finansies in die Oos-Kaap afgedank is na bewerings van wanadministrasie en korrupsie. Hy het ook onder die Zuma-administrasie bedank as adjunkminister van ekonomiese ontwikkeling na bewerings van ’n bedrogspul van sowat R100 miljoen.

“Sy aanstelling sal daarom hoegenaamd nie bevorderlik wees vir plaaslike of internasionale sake-vertroue nie en maak ’n bespotting van pres. Ramaphosa se beloftes van skoon administrasie.”

Die DA het gesê hy is spyt oor Mboweni se bedanking en meen Godongwana sal baie vinnig moet wys dat hy die moed het vir sterk hervorming en dat hy nie van fiskale verantwoordelikheid sal afwyk nie.

“Hy moet begin deur te verduidelik hoekom hy in 2012 as adjunkminister van ekonomiese ontwikkeling bedank het te midde van ’n groot bedrogskandaal. Ons moet weet dat ons minister van finansies onberispelik is, en daarvoor het ons sy volledige bekendmaking nodig,” het DA-leier John Steenhuisen gesê.

Aanstelling van nuwe minister van gesondheid verwelkom

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. (Foto: VF Plus)

Volgens Groenewald is die aanstelling van Joe Phaahla as nuwe minister van gesondheid ’n pluspunt  wat vertroue inboesem met sy ervaring in die mediese beroep en meer sekerheid skep.

Die DA het Zweli Mkhize se bedanking as minister van gesondheid verwelkom. “Gegewe die verdoemende getuienis teen hom en gegewe die feit dat pres. Ramaphosa nou al meer as ’n maand in besit is van die SOE-verslag oor die Digital Vibes-kontrak, is dit verstommend dat dit so lank geneem het om van hom ontslae te raak. Maar dit is beter laat as nooit.”

Kommer oor staatsveiligheid in die presidensie

Die feit dat staatsveiligheid voortaan in die presidensie gesetel sal wees met Mondli Gungubele as nuwe minister in die portefeulje van minister in die presidensie, wys ondubbelsinnig die president se gevoel dat faksies in die ANC hom ondermyn het en selfs probeer het om hom omver te werp met die onlangse geweldpleging in die land, meen Groenewald.

Die minister van polisie, Bheki Cele. (Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

“Die onbevoegdheid van die polisie was een van die groot redes waarom die protesaksies en geweld momentum gekry het en dit is daarom onverstaanbaar dat Bheki Cele behou is as minister van polisie. Hy dra ewe veel skuld aan die gebeure as die vorige minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo.

“Die blote herontplooiing van Dlodlo wie se totale mislukking die land byna in anargie gedompel het, is onaanvaarbaar. Sy is verskuif na staatsdiens en administrasie en dit sal die land ewe duur kos indien sy daar ook misluk. Sy moes bloot afgedank word.”

Die DA is van mening dat staatsveiligheid nie in die presidensie hoort nie. “Hierdie sentralisering van mag was nog nooit ’n goeie idee nie.”

Steenhuisen beaam Groenewald se mening dat Cele en Dlodlo gepos moes word “vir hul katastrofiese versuim om die onrus en plundering drie weke gelede te voorsien, te voorkom en daarop te reageer”. Die feit dat Cele in sy pos bly en Dlodlo eenvoudig na die staatsdiens geskuif word, wys dat daar nog nie aanspreeklikheid in die uitvoerende gesag gesien word nie, sê Steenhuisen.

Dié ministers moes ook gepos word

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, skep ook eerder wrywing as wat hy enigiets onder sy beheer bevorder en veral kunstenaars beleef ’n beproewende tydperk tydens die inperking, meen Groenewald.

Steenhuisen meen dit is ewe raaiselagtig dat David Mahlobo, adjunkminister van water en sanitasie en oudminister van staatsveiligheid, sy pos behou het gegewe verdoemende onthullings voor die Zondo-kommissie.

“Nog ’n minister wat gepos moes word, is Gwede Mantashe, minister van energie,” het Steenhuisen gesê en bygevoeg Mantashe moes vervang word met ’n minister wat glo in hernubare energie.

Gulde geleentheid gemis

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: DA/Twitter)

Die VF Plus en die DA meen pres. Ramaphosa het ’n gulde geleentheid gemis om die kabinet te verklein en weg te doen met sommige adjunkministers, veral in die presidensie.

“Alhoewel weggedoen is met staatsveiligheid as aparte ministerie, is behuising en water en sanitasie geskei wat die aantal ministeries dieselfde hou,” het Groenewald gesê.

“’n Ministerie soos vroue, kinders en mense met gestremdhede kon ook suksesvol met die departement van maatskaplike ontwikkeling gekombineer word, asook die samevoeging van toerisme en kleinsake-ontwikkeling en basiese en hoër onderwys.”

Volgens Steenhuisen het Suid-Afrika steeds een van die grootste kabinette in die wêreld, asook een wat die minste produktief is.

“Pres. Ramaphosa moet besef dat kabinetskommelinge alleen nie die fundamentele onderliggende probleem van sy regering kan oplos nie, wat blykbaar ’n onwilligheid is om betekenisvolle ekonomiese hervormings aan te neem. Die enigste soort kabinetskommeling wat dit kan regstel, is die soort waar die nuwe ministers nie net werklike hervormings ondersteun nie, maar ook ’n mandaat gegee word om sulke hervormings deur te voer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

gatgogga ·

As hy vir Cele pos, sal laasgenoemde onmiddelik by die RET groepering aansluit. En Ramaphosa het nie die moed daarvoor nie. Hy volg maar weer net sy beleid van vyande paai, want hy kan nie baklei nie.

JM ·

Hoe lank nog, Suid-Afrika, met die ANC-regering? Mag daar positiewe verandering kom, en gou ook!

Johan ·

Terwyl die Titanic sink word die stoele op die dek herrangskik.

RB ·

Ja, wel hier is baie beslis ‘n ernstige gebrek aan wysheid, insig en verstand.
Daar is ook geen integriteit nie, maar dit is ou nuus.

CR se boot stuur af op n ramp; as kaptein gaan hy sink met gewigte om sy nek.

Hy en sy uitgebreide familie is net so korrup en gierig soos die ander wat reeds gevang is met hul hande in die geldtrommel.

Danie ·

Die man luister nie, hoor nie en sien nie. Die mense wat wil landuit moet dit spoedig doen en die wat hul eie volkstaat wil he moet nou daadwerklik ophou rondploeter en begin sodat ons wat agterbly onsself weer kan ophef as n volk met waardes. Ons waardes word tans afgebreek met n regering van korrupsie en n leier wat nie weet wat hy doen nie. Ek het nog altyd gehoop en gebid dat Ramaphosa die een sou wees wat vir ons beter toekoms sou kon voorsien maar ek sien dit elke dag dat sy leierskap maar net so kragteloos is soos sy vorige ampsdraers. Hoe op dees aarde stel jy n man wat met soveelslegte bewerings aan as jou minister van finansies. Hoe hou jy n persoon soos cele in sy amp wat niks beteken nie wat nie eens weet wat sy pligte is en hom heeldag besig hou met peuselagtighede dan nie eens gepraat van Sisulu wat haar as self aangestelde president maak en breek soos sy wil. Swak regeerders verdien nie investering van enige aard in hierdie land nie. Ford SA moet weer gaan dink.

Stoffeltjie ·

Sisulu is niks anders as ‘n Kubaan wat met mense handeldryf.

Pieter ·

Nog altyd gese die ANC het die slimste menisters in die wereld hulle kan enige werk doen. Die ANC sirkus hou maar net aan en ons hou aan betaal vir die siek sirkus. Die een blinde ly die ander blinde.

Tiptol ·

En SA wen goud vir die grootste en minste produktiewe en korrupte kabinet in die wêreld.

Nie Verbaas ·

En ons gaan weer goud wen vir wie die verste oor die afgrond gestoot kan word. Viva ANC!

KB ·

En daar mis hy die twee drie belangrikste ministeriële poste (wat moes verander het):

1. Polisie,
2. Samewerkende regering & Tradisionele sake, en
3. Sport, Kuns & Kultuur.

Absoluut sinneloos.

Nie Verbaas ·

Praat jy van die een met die omstrede agtergrond net soos Cele?

Casper ·

Steenhuisen en Groenewald het reeds kommentaar namens my gelewer maar ja Cele en Dlodlo moes die trekpas gekry het.Die nuwe minister van finansies kan nie vertrou word met verantwoordelikhede van die pos nie.

Persheks Adri ·

Ag genade almal klomp patete en kabinet steeds te groot gggmmmfff. Nou sit ons nog steeds met hoed pffft!!! Nou dít is bekotsingswaardig verby. Almal useless en ons betaal hulle salarisse hel

Hennie J ·

Moenie worry nie. Op goeie gesag verneem dat sodra daar weer n vakature vir n lifeguard is, hoed daarheen bevorder sal word.

Persheks Adri ·

O my genade Hennie net nie dit asb Hennie daar’s lewens betrokke…

Werner ·

Ou Cyril het nog nooit hierdie land regeer nie.Dink ou Cele het meer se as hy

Elize ·

Ek kan nie meer lag nie en sal nou maar na huil oorgaan oor hierdie wesens

Joggie ·

Net ‘n rondskuiwing van kaders om almal ‘n geleentheid te kry om te plunder!

Anoniem ·

Ramaphosa het net ‘n keuse tussen sleg, slegter en slegste. Daar is geen ander opsies vir hom om uit te kies nie.

Genis ·

Bewerings van Korrupsie se baie… dis weereens n ANC kader ontpooing om korrupsie te verdoesel

annie ·

Al die staatsamptenare is seker bly oor die nuwe minister maar ‘n kersvader wat die hele jaar lank net persentjies uitdeel is nie ‘n goeie idee nie veral as jy later moet uitvind jou ‘geskenke’ is betaal met jou eie pensioengeld vir jou oudag. Tito glo ek, het nie meer kans gesien vir die ANC se drome wat na chaos lei nie want die land se egte geld is op. Dit is duidelik dat Cyril nou niemand meer vertrou nie.

Frank John ·

Armste land met die meeste leiers. Dit klink vir my na grootskaalse berowing van die land se inkomste. Is die president nie dalk onder druk deur vooraf beloftes en omkopery van die verlede wat keer dat hy ontslae kan raak van sekere vrot appels. En dalk hou van die ouens ‘n dolk oor sy kop en pers hom af daarom kan hy nie ontslae raak van sekere ouens nie. Wie weet, daar is dalk meer shady goed aan die gang as wat ons van weet.

Keith ·

Exactly. CR and Co all know too much about who stole what and when, over the past 27 years. I believe they are ALL sworn to secrecy, and have a high level agreement amongst the top 6 and Zuma, to ensure that the truth will never be allowed to be exposed. They are ALL in on it. “They” are also aware that everytime they make ridiculous moves or statements, this affects the Rand and… the JSE and you can be sure that their “bets” are placed and ready for the win …. long before these strange cabinet moves take place.

Boer ·

Bheki Cele en Dlamini Zuma moes die trek pas gekry dan was dit al beter.

Misky ·

Ek kan dit nie glo nie!!!!! Skelm as minister van finansies en die terroris bly in beheer oor die blou brigade…. Ons gaan net vinniger onse ondergang sien

Hennie ·

Ramp-a-phosa kan net doen wat baas NKZ vir hom sê om te doen. Hy kan ongelukkig nie vir homself dink nie….

Darkwing Duck ·

CR te bang om betekenisvolle skuiwe te maak. Miskien ‘n goeie ding, dan is dit nog ‘n rede om 2x te dink waar om jou kruisie te trek (‘n pot vol winter vir ‘n ander dag).

Kokerboom ·

President hou net ANC / EFF tevrede. Kan nie verstaan sy totale gebrek aan insig/visie!!!

Dup ·

Ons land sink al hoe dieper weg in n moeras van onbeholpenheid. Hierdie is net nog n kader ontplooiing oefening en die bedrog,diefstal en korrupsie sal net voortgaan.

Vernon ·

Al ” fire” CR almal en stel nuwes aan gaan niks verander nie..ANC is die probleem!!!

My siening ·

En so ploeter die ANC voort en en het nog minder vertroue, veral die skelm finansies minister wat in die till krap. Cyrel jy bly maar jou eie grootste vyand, en die kaders bly die selfde net in n ander kantoor.

Stoffeltjie ·

Al wat ek kan sê – hoe kon jy Cyril??? Wat is jou plan, want defnitief is daar meer agter alles as jy nog steeds vir Cele in sy pos hou. Jou sleutelposte gaan ons land sink.

Kobus ·

Gee jou naam asb “Skuilnaam” Jy stem dan seker vir die ANC. Dis onnosel

Anton ·

Al Skuilies se maatjies het hom seker kleinpouse geignoreer ????

Inkpot ·

My vertroue in Cyril raak al minder.
Watter president in enige land sal sy reputasie vernietig deur onbevoegde ministers in poste te hou.
Of is daar iets meer agter dit?

Agietjie ·

Ek is bekommerd oor my finansies. Toe vat ek die R50 in my broeksak en sit dit in my hempsak. Nou voel ek baie ryker.

melaney ·

Alles tasbaar is missing in die kabinet, tot belastinggeld.

Anoniem ·

Nou hoe nou? Geen positiewe skommeling het plaasgevind nie. Die President doen soveel moeite om tog net stemme vir sy party te probeer behou maad die dorings in die vlees bly nogsteeds aan.

Etienne ·

Ons en ons arme land gaan net dieper en dieper in the 5de wereld put wegsak… hierdie ANC Govt het ongelukkig nie ‘n idee hoe om vooruitstrewende te wees en ‘n klein landjie soos SA te regeer nie…

Antoinette ·

Waarom kan die president nie begryp dat KWALITEIT die sleutelwoord moet wees nie. Eens skelm altyd skelm, eens onbevoeg altyd onbevoeg.
Daar is baie bevoegde mense van ander partye wat die werk baie meer effektief sal doen. Ek kan nie sien dat dit verkeerd kan wees om lede van ander partye in die kabinet aan te stel nie.

JohanR ·

Wie stel jy eintlik aan uit ANC geledere. Die een is soe skelm as die ander een. Sal nie verbaas wees as Mkhize weer terugkom na Ramaphosa vir ‘n tweede keer verkies is nie, of NDZ vir ‘n eerste keer, of Ace vir ‘n eerste keer, of David Mabuza vir ‘n eerste keer. Sien die tred hier……daar is NIEMAND!

Martie Smartie ·

Al wat Ramaparra doen is om twee termyne vir homself te verseker, verder is hy minder gepla

Esme ·

Dit wil vir my voorkom, of ons huidige President nie vinnig leer nie. Bheki Cele het deur en deur bewys dat hy nie sy Portefeulje werd is nie, maar nog word hy behou. Soos Pieter genoem het – Oom Cyril moet in die ANC MK en EFF se goeie boekies bly.
Met die volgende geweldsmisdaad is Bheki Cele weer mostert na die maal tensy dit weer in Senekal plaasvind.

Ria ·

Daars niemand sonder geraamtes nie, dus moet hy maar die een kies met die minste.

Pieter ·

Die nimmereindigende korrupsie van die African National Criminals….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.