‘Kabinetskommelinge kom teen hoë prys vir ekonomie’

David Mahlobo, die voormalige minister van staatsveiligheid en nou minister van energie. Foto: GCIS (Maart 2017)

Gereelde kabinetskommelinge kom teen ʼn groot koste vir die ekonomie, ongeag die politieke dinamika van sulke besluite.

Só sê prof. Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit se sakeskool. “Die nuus van nog ʼn kabinetskommeling beklemtoon weer die mate waartoe konstante veranderinge in die topstruktuur van die regering en die openbare sektor tot onsekerheid in beleid bydra.”

Parsons het gesê indien dit waar is dat David Mahlobo, die nuwe minister van energie, bloot aangestel is om die omstrede kernkragooreenkoms te bespoedig, dit strydig is met Malusi Gigaba, minister van finansies, se uitlatings verlede week. “Gigaba het tydens die Internasionale Monetêre Fonds se jaarvergadering gesê Suid-Afrika kan eenvoudig nie tans die kernkragprojek bekostig nie.”

Minister Hlengiwe Mkhize. Foto: Flickr/GovermentZA

Volgens Parsons sal Gigaba duidelikheid hieroor moet gee tydens die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) op 25 Oktober. “Hoe om kernkrag te finansier bly dus ʼn groot kwessie in die MTBR, sowel as die uitdagings by staatsinstellings soos SAL en Eskom.”

Parson het gesê onlangse navorsing het daarop gewys dat die kombinasie van ‘n hoë omset in kabinetsministers sowel as direkteurs-generaal oor die afgelope paar jaar beteken het dat ministers minder as ʼn jaar saam met hul direkteur-generaal deurgebring het.

“Dit is nie net sleg vir beleidskonsekwentheid en besluitneming nie, maar vererger ook die swak implementering van beleid en projekte. Dit dra by tot swak die dienslewering wat die land ervaar. Al neem ʼn mens nie eens die politieke motivering in ag nie kom hierdie gereelde veranderinge aan die topstruktuur teen ʼn hoe prys vir die ekonomie,” het Parsons gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

willie ·

ongelukkig het STAATSKAPING op hierdie stadium nie brieke nie!

Michelle ·

Willie jy het my stem. Ek wonder net hoeveel wat ongekwalifiseer is vir die poste gaan die meeste voordeel daaruit trek korrupsie gewys. Ek het vandag by die huis gesit more is ek in ‘n pos in die parlement. Ons stuur vinnig af na tweede Zimbabwe, ons sal ook ander lande gaan vra vir vlugteling status binnekort.

Clem ·

Moet net nie Kanada probeer nie, hulle het nie simpatie met die gemors wat hier aangaan nie.

jaco ·

so dis net n kabinetskommeling in die derde wereld wat tot negatiewe ekonomiese gevolge lei. as dit in Amerika of Duitsland gebeur, worry niemand nie. rommelstatus en afgraderings word ook links en regs op derde wereld lande uitgedeel. Ek keur 90% van ons regering se manewales nie goed nie, maar met rassisme wat deesdae onder elke bos uitgeskop word, is dit dalk tyd om hierdie negatiewe gevolge vir die Rand se waarde na n kabinetskommeling en afgradering na rommelstatus ook voor rassisme se deur te lê. Ek laat my nie vertel die regerings van ryk wit lande van die noordelike halfrond is 100% korrek met alles wat hulle doen nie.

Lance ·

Weier om burgerskap van die land te verkry,kan my nie vereenselwig van wat nou hier aangaan nie.Julle is te bekommerd oor mense se dialek of spelling nie reg is nie maar intussen is julle land besig om te verkrummel.

Vryheid ·

So verwoes die regering die land net verder alles net om hul eie agenda te bevorder. Dit maak nie saak of die hele land ten gronde gaan nie. Die dae van die anc is getel, hulle doen nou als om die laaste uit die pot te krap voor die hongersnood kom.

Vryheid ·

Ek wonder watter status ons land volgende gaan he- riool status! Wonder of die buiteland inelkegeval belangstel.

willie ·

Al waarvan jy in die Nuwe SA seker is, is onsekerheid! Pateties verby!

Ada ·

Ongelukkig sal S A eers heeltemal ten gronde moet gaan voordat ons dit weer sal kan optel, maar dan is die skoen an die ander voet. Die regte voet.

BANG JAN SE VROU ·

EK WONDER WAT GAAN IN jAKOB ZUMA SE DUBBELDOORKOP AAN DAT HY AL HIERDIE WOESTE BESLUITE NEEM EN IS DAAR DAN NIEMAND WAT HOM KAN STOP NIE?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.