Kabinetslede woon soos ‘rocksterre’ in staatshuise 

Minister Patricia de Lille (Foto: Fikile Marakalla/GCIS)

Die staatshuise waarin ministers en adjunkministers in Kaapstad en Pretoria woon, is gesamentlik R967 miljoen werd.

Dr. Leon Schreiber, DA-LP en woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê alhoewel dit wêreldwyd aanvaar word dat topregeringsleiers soos die president, adjunkpresident en premiers amptelike wonings het, is dit moeilik om te regverdig waarom elke ANC-minister en adjunkminister moet voortgaan om soos rocksterre te lewe.

In Kaapstad woon 26 ministers en 32 adjunkministers in staatshuise wat gesamentlik R830 miljoen werd is. In Pretoria woon 14 ministers en 25 adjunkministers in staatshuise wat gesamentlik R137 miljoen werd is. Daar is ʼn totaal van 97 staatshuise wat deur die ministers en adjunkministers gebruik word. Die inligting is deur Patricia de Lille, minister van openbare werke, bekend gemaak in antwoord op ʼn parlementêre vraag van Schreiber.

“Elke huis is gemiddeld R10 miljoen werd, wat beteken dat ministers en adjunkministers wat staatshuise in albei stede bewoon, se verblyf R20 miljoen werd is – alles met vergunning van belastingbetalers.”

Kabinetslede is ingevolge die ministeriële handboek geregtig op verblyf sowel as vier luukse voertuie elk, BBP-beskerming en internasionale reisbyvoordele.

“En om hierdie ANC-kaders te beskerm teen die elektrisiteitskrisis wat hul korrupsie geskep het, ontvang ministers en adjunkministers ook gratis water en elektrisiteit (van tot R5 000 per maand) en het De Lille R2,6 miljoen aan kragopwekkers vir ministeriële huise bestee.”

Volgens Schreiber het die DA reeds ’n klag by die Openbare Beskermer ingedien om te ondersoek of die voordele in die handboek dalk onwettig is. “Om hierdie misbruik van belastingbetalers te stop, het die DA ook reeds kennis gegee van sy voorneme om ’n wysiging aan die Wet op die Vergoeding van Openbare Ampsdraers in te dien wat die ministeriële handboek onder volle parlementêre toesig sal plaas.

“Die DA sal nie rus voordat ons die praktyk uitgeroei het waarin president Cyril Ramaphosa belastingbetalers straffeloos misbruik om byvoordele te finansier vir ’n ANC-kabinet wat ons land in fase 6-beurtkrag en ekonomiese verwoesting gedompel het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Errol ·

Baie Suid Afrikaners slaap onder karton bokse op sypaadjies elke maar die land se “leiers” lewe soos konings. Dit is n’ skande!!!

SwartBees ·

Daai selfde persoon onder die karton boks met sy bietjie besittings sal steeds stem vir die bosluise wat ons ALMAL leeg suig net omdat hy gebrainwash word met die verlede.

Wondermaarnet ·

En steeds word vir die kaders gestem so slaap maar onder kartondose. Ek kan nie meer stres oor ander mense wat sukkel nie, want ek moet self spartel om kop bo water te hou.

Harley Davidson ·

Die politieke partye is almal dieselfde, praat baie maar sorteer niks uit nie ,die meeste is daar om hulself te verryk, behalwe die eff hulle praat net nonsens en stook op maar hulle baklei ten minste vir wat hulle mense nodig het,al is dit op ‘n onbeskaamde manier

Janice ·

Nee hulle doen nie. Hule “roleplay”. Hoekom dink jy is hulle so hand om die blaas met aktrise 44? Sy gee vir hulle almal acting classes. Dit is skandelik laat hulle goedkoop politiek speel deur rond te hardloop in werkers uniforms en maak asof hulle omgee vir die armste van die armes terwyl hulle die duurtse ontwerpers klere en skoene dra en net die beste kosse eet.

SwartBees ·

Op een of ander weird manier stem ek saam met jou. MAAR wat my bang maak is dat hulle die regte geraas maak maar ook net hulle eie behoeftes sal bevredig. In plain Afrikaan: EK TRUST HULLE NIKS.

Piet parys ·

Nou stem dan eff en kyk of die braaksel wat jy kwyt geraak het waar is. Jy sal ontnugter word jou vellietjie heeltemal te lig .

Jenny ·

Die gewone belastingbetaler (wat beslis in die minderheid is in hierdie land) sukkel om kop bo water te hou, maar hierdie onbevoegde bloedsuiers lewe soos konings. Hoe regverdig mens dit?

Anel ·

Hoekom bly hulle nie meer op die landgoed nie? As hulle in gewone huurhuise bly, moet hulle daarvoor betaal. Vroeër jare het die mense van Pretoria in die Kaap op die landgoed gebly. Die vav die kaap het in hul eie huise gebly. As die parlement Pretoria toe kom, het die kaapenaars op die landgoed gebly en die pretorianers in hul eie huise. Hoekom word dit nie meer so gedoen nie? Hoekom moet die lot alles verniet kry? Ons betaal hulle om die land te regeer, nie om ons te sê hoeveel ons hulle moet betaal en wat ons moet doen nie. Of om hulle self met ons geld te verryk nie. Hulle moes ‘n werk doen en hulle het nie.

annie ·

… OB? Wie is dit? Kan net sowel op die eerste houtpaal ‘n klag plak wat meer aandag sal kry van die eerste brak wat die paal benut. Daar is navorsing oor die behoefte aan grootdoenerigheid en wat dit noodsaak. Dis bevind dat groot gebreke en etiese skete aanleiding gee tot die behoefte om te vergoed vir die tekortkominge, oa ook regeringsbyeenkomste met asembenemende vertoon deur onkundige niksseggende patete.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien almal saamwerk kan dit gedoen word. Belasting is die ANC se opium.

Elma ·

Hoe?? My belasting bydrae word teen my salaris verreken – deur die payroll. EK het geen beheer daaroor en kan dit vir seker nie stop nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Spanwerk. JSE maatskappye weerhou oorbetaling van alle tipes belasting. Dit sluit werkers se PAYE in. Kleiner maatskappye kan volg. ‘n Nie-amptelike staatsdiens word vooraf in plek gesit en word in beheer geplaas van belastinggeld en dienste, bestuur deur kundiges wat oud-amptenare insluit. Noem dit selfbestuur. SARS en die kabinet sal wil terugslaan, maar sal magteloos wees. Owerheidstrukture gaan binne twee maande knak. Om alles weer ordelik op te bou sal ‘n uitdaging wees, maar ‘n nuwe orde word gebou met ‘n nuwe grondwet. Wette sal oortree word deur hierdie aksies, en mense sal inhegtenis geneem word vir hoogverraad. Maar die owerheid is magteloos teen 10 miljoen kundige mense wat die ruggraat van die ekonomie vorm, en groot belastings betaal. Kragtie, kundiges kan nie gevange gehou word soos magtelose slawe nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Terloops, swart kundiges is ook siek en sat vir korrupsie. Indien ANC kaders in CEO poste weier om deel te neem sal dit weerstandige optrede aanvuur. Sodra een kaart getrek word val die kaarthuis.

Cherokee ·

Jy sien Prinses Bella, ‘hou op belasting betaal’ is ook een van daardie rympies wat geen opvolg het nie. As jy dit wil voorstel, moet jy die resep ook gee.

Mariana ·

En dit word nou ‘n vergunning genoem vanaf die belastingbetaler, nee nie vergunning nie, wie het hulle die toestemming gegee om ons geld, wat swaar verdien is, so te gebruik. Iemand moet hulle stop. Dit gaan nou al vir te lank te lekker. Die kabinet is opgeblaas en die meeste van hulle hoort nie eers daar nie. Cyril is ‘n biljoenêr en kry steeds al daai voorregte, wat hulle vir hulself toegeïen het,die kiesers moet mooi dink. Hoekom lewe ons soos bedelaars in ons eie land, hoekom kry mense swaar? Hoekom is die land op die gryslys, want hier is die vrate aan bewind. Wil net heeltyd skep…….

Republikein in die Wes Kaap ·

Mense in eerste wêreld lande skud hul koppe en is sprakeloos waarom ons wat hier woon alles opvreet.

Kokerboom ·

Gebaseer op inset en uitset is die uitgawes geensins geregverdig!Dis ‘n klap in gesig van belastingbetaler.
Ek was verbaas om te sien die Minister bestaan nog!!!

Witbaard ·

Hulle voel vere vir SA en hulle eie mense. Welkom in Afrika.

RS ·

Ek et nie eens n huis nie, kan nie eens huur nie. Bly met absolute dankbaarheid by familie.

Di ·

Land met die mees korrupte regering aan bewind. Ek het nie die woorde om te beskryf wat ek van hierdie gierige spul dink nie. Hoop ons raak SPOEDIG ontslae van hierdie spul bloedsuiers!!!

piet ·

As ‘n ander party aan bewind was, was dit maar dieselfde storie. Hulle skep maar almal waar hulle kan. Hoekom sou jy nie die voordele benut wat daar is nie?

Elma ·

Baie waar. As dit pap reen skep elke ou wat in die poundseat sit.

Amelia ·

Kan ons nie eies dat hul bv vir week in plakkerskmp bly sonder al die voordele nie want dit sal die persoon wees wat werklik aan di3e behoeftes van ander belangstel maar O NEE dan kan ons nie nog meer vat van belastingbetaler se geld nie Wat het van saak geword teen malema en sy belasting is dit al betaal

Kobus ·

Kan nie onthou watter kader dit gesê het nie maar sy woorde was dat “ek het nie op Robeneiland gesit om arm te wees nie”. Net voor verkiesings dan deel hulle lemoene en T-hemde uit, oorhandig ‘n huisie aan ‘n bejaarde en kondig met lang hartseer gesigte aan hoe die ANC vir arm mense werk. De Lille is ook ‘n manteldraaier. Sy het nou wel vir Zuma aan die kaak gestel en nou konkel sy ook lekker onder die radar

Vernon ·

Dis Afrika mentaliteit! Hulle leef in weelde..ons kripeer. Hoofman sit op sy stoel met sy onderdane wat hom aanbid.

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Kraal in die middel van die stat.

Yolandie ·

Die ANC is soos ‘n parasiet wat net nie ophou teer op sy “host” nie. In dié geval die SA’ners wat nou krepeer om huis en haard bymekaar te hou met stygende rentekoerse, stygende kos pryse en petrol. Maar nee wag ons daar is altyd geld vir net vd beste vir ons leiers. Dit maak my absoluut siek……NAAR – ek voel of ek kan moor so woedend raak ek.

Manie ·

Die ministriële handboek beskerm die gespuis. Hulle betaal dus geen belasting op die “perks” nie?

Casper ·

Weereens net ‘n bewys dat die ANC net na hulle self kyk en nie ‘n duit omgee oor gewone landsburgers nie,insluitend hulle eie mense.

Erika ·

Snaaks hoe hulle soos konings leef, maar elke sent uit ons wurg, hulle voel ‘n veer hoeveel onder karton bokse moet slaap, hoeveel honger gaan slaap, hoe mense sukkel om by die werk te kom, die wat wel nog ‘n werk het. Deesdae is dit ‘n “luxury” om te eet, want kos is onbekostigbaar duur. Intussen eet en leef en slaap hulle soos konings, terwyl die land honger ly, terwyl die land sukkel, ieder en elk van ons, sukkel om aan die lewe te bly. Hulle moet voel wat ons deurmaak, en hulle eie tuiste gaan huur of koop, self vir als betaal, en sien of hulle met ‘n klein salaris, kan oorleef. Sny hulle lekker lewe, en gee die mense van SA wat hulle toekom.

Johan ·

Die vraag is eenvoudig “Hoe lank gaan ons die korrupsie en onderdrukkery duld ?”

Republikein in die Wes Kaap ·

Met spanwerk kan dit binne twee maande verby wees.

Douglas ·

Our Marxist leaders love enjoying a capitalist lifestyle.

Wondermaarnet ·

En my swaar verdiende belastinggeld help hiervoor betaal!

Lorraine ·

Ons is seker een van die armste lande (agv korrupsie) maar ons het ?? een van die grootste parlement ledetal. Ai hoe lekker ry hier soustrein!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.