Kaderontplooiing: ANC het ‘niks om weg te steek’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: ANC/X)

Die ANC het die rekords van sy kaderontplooiingskomitee – ná ʼn jare lange regstryd – aan die DA oorhandig, dokumente wat die DA glo gaan wys watter rol pres. Cyril Ramaphosa in die aanstelling van amptenare gespeel het, veral dié wat by staatskaping betrek word.

Die dokumente dateer terug tot 1 Januarie 2013, toe Ramaphosa voorsitter van dié komitee geword het wat volgens die DA “staatskaping gehelp fasiliteer het”.

“Die oorwinning vir deursigtigheid en die oppergesag van die reg kom nadat die ANC gedwing is om in die hof die knie voor die DA te buig, waar ons drie agtereenvolgende [regs-]stryde met koste gewen het, en wat al die pad tot in die Konstitusionele Hof gestrek het,” sê dr. Leon Schreiber, DA-LP en die party se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie.

Die DA gaan nou die lywige dokument bestudeer om te bepaal of die ANC ten volle aan die hofbevel gehoor gegee het. Die regerende party is ingevolge ʼn hofbevel beveel om alle notules, e-pos-korrespondensie, WhatsApp-gesprekke, CV’s en ander tersaaklike dokumente te oorhandig.

“As die ANC gedeeltes van die inligting uitgewis of gemanipuleer het, of op ʼn ander manier die Konstitusionele Hof se bevel ondermyn het, sal die DA verdere regstappe doen om die ANC se leiers persoonlik aanspreeklik te hou,” sê Schreiber.

Hy sê terwyl hulle die dokumente bestudeer, sal die DA ook sy onderneming gestand doen om die ANC se “kadergeheime” bekend te maak vir alle Suid-Afrikaners om te sien.

“[Die] oorwinning is nog ʼn belangrike mylpaal in die DA se reis om van kaderontplooiingskorrupsie ontslae te raak. Die ANC se kaderontplooiing het die grondslag vir staatskaping gelê, vir sistemiese korrupsie en vir die ineenstorting van dienslewering wat beurtkrag, beurtwater en die versnelling van die mislukkende staat tot gevolg gehad het.”

Die ANC het intussen teruggekap en die DA daarvan beskuldig dat hy hom besig hou met “doelbewuste wanvoorstelling, dreigemente en valse verwagtinge van wat moontlik in die rekords gevind kan word”.

Die ANC sê hy het reeds verskeie van die dokumente aan die staatskapingskommissie voorgelê en dat dit daar deeglik ondersoek is.

“Die ANC het niks om weg te steek nie,” sê Mahlengi Bhengu-Motsiri, nasionale woordvoerder van die ANC.

Die ANC het in 2021 ook aan die kommissie gesê dat hy geen notules vir vergaderings van die nasionale ontplooiingskommissie vir die tydperk tussen Desember 2012 en Desember 2017 kon opspoor nie.

Dr. Leon Schreiber. (Foto: DA)

Schreiber en die DA is “ten volle bewus van dié feite”, maar kies om “wanvoorstelling, dreigemente en vals verwagtinge te skep” van wat die dokumente moontlik bevat.

Ramaphosa het in sy getuienis voor die Zondo-kommissie gesê die ANC sal alles moontlik doen om die rekords op te spoor en ʼn verduideliking verskaf van dié inhoud wat nie bestaan nie of nie gevind kon word nie.

Die ANC het ook die DA se dreigement, dat hy klagte van minagting van die hof teen die partyleiers sal aanhanging maak indien die rekords nie volledig is nie, verwerp en hou vol die party het aan al die vereistes van die hofbevel voldoen.

“Die ANC benadruk weer dat ontplooiing van lede van politieke partye nie uniek aan die ANC of Suid-Afrika is nie, soos die DA goed en direk weet.

“Die ANC se kaderontwikkelingsbeleid en ontplooiingstrategie is gemaak om die grondwetlike doelwit van transformasie te bereik,” sê Bhengu-Motsiri.

Nietemin is dit belangrik om die staatsdiens te beskerm teen misbruik vir “eng partypolitieke doelwitte”.

“Staatsdienste benodig tegniese kundigheid wat oor regeringsveranderings strek.”

Bhengu-Motsiri sê die DA en alle Suid-Afrikaanse partye gebruik ontplooiingspraktyke om vaardige en geskikte beroepslui te identifiseer om in parlementêre komitees en rade te dien en senior administratiewe poste te beklee.

“Hoewel die ANC erken dat sommige vorige ontplooiings problematies was, herhaal die ANC dat hy oor die jare mense met indrukwekkende kwalifikasies en geloofwaardigheid ontplooi het en is hy trots op dié kaders wat uitstekende uitkomste vir Suid-Afrika geskep het, asook diegene wat skouer aan die wiel sit om transformasie en maatskaplike herlewing in uitdagende sosio-ekonomiese omstandighede te skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Piet 6 ·

Die jare se dokumente wat hulle nie kon kry nie, is verdoemend en daarom is dit vernietig.

Alex ·

Jammer om te sê, maar wat is die ka s dat alles die waarheid is. Nie net dit wat dalk uitgelaat gaan word nie

Jack ·

Ons het geweet die ANC gaan weer so iets doen.Niks nuuts nie.Ons het geweet die ANC sal NOOIT al die dokumente oorhandig nie en hier het ons dit nou.Dit wat die die DA gekry is die afgewaterde niks seggende oorblyfsels.Leer nou DA dat jy nie te opgewonde moet raak oor iets voordat jy dit gekry en bevestig het nie.Die ANC is bobaas skelms en kan ‘n boek skryf hoe om onderduim skelm en korrup te wees.Ewe skielik is die dokumente net “weg”.Hoekom dan dit so beskem het deur konstitionele hof toe te hardloop en uit die DA se hande te hou ?? Natuurlik is dit wat die DA gekry het nie veel werd nie en sê dit min.Die ANC hou vas aan dit wat die hardste praat.

Nie Verbaas ·

Die ANC het niks om weg te steek nie? Ramaphosa is duidelik ver van realiteit af verwyder.

muffin ·

Die ANC het in 2021 ook aan die kommissie gesê dat hy geen notules vir vergaderings van die nasionale ontplooiingskommissie vir die tydperk tussen Desember 2012 en Desember 2017 kon opspoor nie …… Wel daar is wat weggesteek wat nie wil herken of publiek nie moet weet nie. so hulle het seker geshred van alle notules.

Fran ·

Glo my vry daar is met die rekords gepeuter! Hulle is veels te selfversekerd. Hulle het ‘n jaar gehad om dit ‘voor te berei’.

KB ·

Die ANC is reg (volgens hulle lae vlak beginsels), want hulle is gewoonte-leuenaars. Ons ken hulle al so: Geen trots, geen respek, geen menslikheid nie.

Fubar ·

“ANC het ‘niks om weg te steek’”

Natuurlik nie! Almal weet van hul korrupsie, onwettige kader ontplooiing, en diefstal. Niks nuut hier nie.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Die Grondwet behoort te bepaal dat alle staatsdiensposte van direkteursvlak en hoër in die staatskoerant en op staatsdepartemente se webwerwe volledig geadverteer moet word. Die komitees wat die aanstellings maak moet as lede ook lede van die twee grootste opposisie partye, Suid-Afrikaanse joernaliste en tegnokrate op daardie vakterrein insluit.

Magda ·

Mmm wonder hoeveel is uitgelaat of vervang met Ander, glo niks wat die all national criminal se nie.

Manie ·

Geen notules van vergaderings tussen 2013 en 2017 opgespoor nie? Dis nou ‘n maklike uitweg om te sê dis weg, dus is daar geen bewyse van besluite wat geneem is nie en die oefening duik net daar in die hek.

Republikein in die Wes Kaap ·

Niks om weg te steek nie? Nou wat beskerm die ANC so?Die DA het waarskynlik reeds van die dokumente bekom danksy fluitjieblasers.

muffin ·

die tydperk tussen Desember 2012 en Desember 2017 kon opspoor nie …… Wel daar is wat weggesteek wat nie wil herken of publiek nie moet weet nie. so hulle het seker geshred van alle notules. die wiel het gedraai omdat julle ons naam sleg geseg voor 1994. Wereld moet ook weet wat hier aangaan.

Papsak ·

Dankie DA bou voort ek dink die anc het te veel wat hulle weg steek hulle bly korrupt klaar hulle het niks om op trots te wees of voel nie ja hulle kan trots voel op die agter uitgang van SA !!!?!!?

Danie ·

Nou waarom die belasting betaler se geld vir 3 jaar mors?????Klink amper soos die lier lier my pants on fire.Die goed kan niks verkeerd doen nie.

skurweberg ·

Wees versigtig vir die ANC, dat hierdie gebeure nie ‘n slenter is om die DA te kelder nie. Het julle alle moontlikhede verreken voordat engine verdere hofsake gemaak word?

electricmango ·

Die cancer het niks om weg te steek nie want hulle het NIKS nie. Hulle is geldloos, breinloos, leierloos. Vir hulle om tronk toe te gaan is n eer en nie n straf nie.

Jakes ·

Soos ek al verskeie kere op Maroela my frustrasies uitgespreek het oor Ramaphosa wat n wolf in skaapsklere is, word kaderontplooing die grootdryfveer van korrupsie en onbevoegdheid. Dis niks anders as hoogverraad teen die mense van SA.

JohanR ·

Jy kan maar net hardop lag. Alles probeer om NIE die dokumente in die DA se hande te kry, en nou skielik het hulle niks om weg te steek. Verkondig daai stem datum aan sodat ons die ANC kan uitstem!

Elméne ·

Ek vra maar NET weereens die vraag – die “DA” – opposisie party vir die afgelope jaar, WAAROM het julle hierdie kan wurms nie alreeds in die begin oopgekrap nie?? Waarom kom daar van julle kant net so sporadies – snaaks genoeg net voor vierkiesings tye – hierdie kamptige “oopkrap en ondersoeke”??? Ek het ook al hierdie vrae direk aan DA verteenwoordigers asook die DA webwerf gevra, en raai wat – GEEN antwoorde of eens “acknowledgement” van my skrywe ontvang nie!! Wonder ook maar net.

minnie muis ·

maklik dring aan as reg van belasting betalers om elke regerings wpos se minimum requirements te sien … en ook die werker se qualifikasie, maar dan daar gaan weer brande uitbreek in sekere plekke..

Bolandse Nooi ·

Wha-ha-ha-haaaaaaaaa!!!!!!!!!!!!!!!! Dink julle nou VIR EEN OOMBLIK, die ANC sal “all the beans spill”? LMGA, 10 000 keer oor en oor ….

Net-my-opinie ·

Ai, ek is met stomheid geslaan….as lieg ñ siekte was, wat dit is, dan was julle almal al wurmkos. Net jammer leuenaars vrek nie daarvan nie!

Theunis ·

indrukwekkende kwalifikasies en geloofwaardigheid ????? Waarvan praat ramaphosa??? Baie beslis nie van die CancER kaders nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.