Kafeteriakos glo oorsaak van mediese student se dood

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Mediese student aan die Sefako Makgatho-universiteit vir gesondheidswetenskappe in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, is oor die naweek dood nadat sy na bewering gekontamineerde kos by ’n kafeteria op die kampus geëet het.

Hunadi Magongoa, ʼn tweedejaarstudent, het deur die loop van Saterdagnag vermoedelik aan voedselvergiftiging gesterf nadat sy Vrydag by die studente-kafeteria geëet het.

Prof. O Ayo-Yusuf, waarnemende visekanselier van die universiteit, het in ’n verklaring gesê ʼn multidissiplinêre span het met ʼn ondersoek begin en sal na verwagting teen Woensdag ʼn verslag met bevindinge by die universiteit se bestuur indien.

Volgens Ayo-Yusuf is die kafeteria hangende dié ondersoek gesluit en alternatiewe reëlings is getref om studente met busse na nabygeleë winkels te neem om kos te koop.

Die universiteit vra dat enige studente wat diarree, maagkrampe, naarheid of gewigsverlies ervaar by die kliniek op kampus of die Dr. George Mukhari-hospitaal vir mediese behandeling aanklop.

Luidens die verklaring het sowat 75 studente sedert Magongoa se dood ʼn mediese ondersoek ondergaan en is almal sedertdien ontslaan.

Berading sal ook vir Magongoa se klasmaats en sokkerspan gereël word, het Ayo-Yusuf verseker.

“Die bestuur doen ʼn beroep op studente en personeel om kalm te bly gedurende hierdie moeilike tyd wat die ondersoek afgehandel word om te bepaal of Mogongoa se dood en die kos wat sy by die kafeteria geëet het, verbind kan word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oujongvrou ·

Ek twyfel of dit die kafeteria se kos is, hoe is net 1 dan dood en nie n klomp ander nie. Dink sy het kos in haar kamer dalk gehad en die is geeet. Nietemin is dit hartseer.

Leslie ·

Oujongvrou ek stem saam. Hierdie kafeteria lyk spotless ! Baie netjies.

AI TOGGIE ·

Die is net n illustrasie en nie die regte kafeteria nie.

Dalk ·

Sy het dalk ‘n verswakte immuniteitstelsel gehad? Dit is vreems dat net een mens van al die wat kos daar geeet het siek geword het. Gewoonlik weer ‘n mens se immuniteitstelsel self die meeste kieme af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.