Kakamas-man (64) glo deur tuinier vermoor

Jannie Hough. Foto: Verskaf deur SAPD.

Jannie Hough (64), ʼn bekende inwoner van Kakamas in die Noord-Kaap, is Woensdagoggend vermoedelik deur sy tuinier vermoor.

Kapt. Francois Steenkamp, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Hough het omstreeks 07:00 na Langverwag in Kakamas gegaan om die werker, ʼn man in sy laat twintigs, te gaan oplaai vir werk.

“Hough het nooit teruggekeer huis toe nie en die werker is later gewaar waar hy met die oorledene se voertuig rondgery het,” het Steenkamp gesê.

Steenkamp verduidelik ʼn boer in die omgewing het die beskuldigde naby sy wingerde sien ry met Hough se bakkie. “Hy het hom gekonfronteer en gesien hy het rooi vlekke wat lyk soos bloed op sy hemp. Die verdagte het weggehardloop en die boer het die sleutels gegryp sodat hy nie kan wegry nie,” het Steenkamp gesê.

Die verdagte. Foto: Verskaf deur die SAPD.

Die polisie het ook te hore gekom dat die verdagte glo aan iemand erken het hy het sopas iemand doodgemaak.

Die saak is by die polisie aangemeld en daar is na Hough se liggaam begin soek.

“Sy liggaam is omstreeks 11:00 in ʼn oop veld naby Spieëlkop aangetref. Hy was ten volle geklee en dit was duidelik hy was reeds dood. Hough is vermoedelik met ʼn mes doodgesteek.”

Volgens Steenkamp is die verdagte omstreeks dieselfde tyd as wat Hough se liggaam aangetref is by sy huis in Langverwag in hegtenis geneem.

Die verdagte sal Vrydag in die Kakamas-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Van Kradenburg by 054 431 0863 of 076 021 5056 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Albaster ·

Ons moet nooit ooit vreemdelinge langs die pad oplaai vir stukwerk nie, nooit ooit nie, veral nie as mens alleen is nie.

Leeu ·

Ek hoop die gemeenskap ruk ook op na die hof toe. Dan wil mense my name noem as ek sê ek weier om vir enige ander ras geld te gee of werk te bied.

Cor ·

Ek stem saam 100% saam, ons almal kom by die punt waar ons nie meer tuin werk of ander werkies kan afhandel nie, dan se ek los dit want daar is nie n betroubare tuin werker nie. Almal wil net roof en moor vir nmakike inkomste.

Leahim ·

Hulle sal moet die trio taakmag inkry as van Kradeburg met die feite soos genoem in die berig nog die publiek se hulp nodig het hierdie polisie breek my ??? en ek wil ook net jammer se vir die slagoffer se familie dit was sy reg om in n veilige land te lewe die regering het hom gefaal??

kat ·

Geen bail !!!!!!!!
‘n Lewe is vir hulle niks werd nie. Ek weet nie hoedat mense so kan wees nie? is hulle mense?

Peet J ·

Blykbaar wemel dit nou van kriminele in die land het gedink Noord- Kaap is nog veilig wou graag daar gaan bly maar nou weet ek nie meer so mooi nie . My simpatie aan Mnr. Hough se familie.

Tegnologie Plakvark ·

Gebruik Google Maps en sien hoe by haas elke dorp en stad in SuidAfrika daar honderde duisende plakkers hul langs die dorpe en stede plak. Waar dink u kry hulle kos en water? Waar dink u kom hulle vandaan? Is hulle Suid-Afrikaners? Het hulle paspoorte? En waarheen dink u gaan hulle heen? En wat is die oplossings?

Piet van Zyl ·

Ou Tollies…….wat sê mens ou neef.Ons sal jou mis.sterkte aan Familie.

Kabous ·

Jare gelede weg uit Kakamas…hom op skool geken…alles so onnodig…sterkte aan familie

G ·

Ironies hoe die siel se menseregte nou beskerm word deur ‘n foto van sy rug, ipv. sy gesig te wys, maar verf jou gesig pers, of druk iemand in ‘n kis, dan is jy op elke voorblad voor jy nog skuldig bevind is.

AA ·

Ek stem saam hoe word ons beskerm as ons nie weet hoe sy gesig lyk om ons mense te beslerm nie

Kabous ·

Kom van Kakamas…jare gelede daar weg…tog hom op skool geken…so onnodig…sterkte familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.