Hendrik Dawson (29), die man wat vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is in verband met die moord op Jannie Hough (64) van Kakamas in die Noord-Kaap, het Vrydag sy aansoek om borgtog laat vaar.
Kapt. Francois Steenkamp, woordvoerder van die polisie, het dié nuus bevestig.
Dawson het Vrydag in die landdroshof in Kakamas verskyn. Die moordsaak is uitgestel tot 14 Desember.
Maroela Media het vroeër berig Hough het verlede Woensdag omstreeks 07:00 na Langverwag in Kakamas gegaan om sy tuinier, ʼn man in sy laat 20’s, te gaan oplaai vir werk. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie en die werker is later gewaar waar hy met Hough se voertuig rondgery het.
Steenkamp het vroeër verduidelik ʼn boer in die omgewing het die beskuldigde naby sy wingerde sien ry met Hough se bakkie. Die boer het hom gekonfronteer en gesien hy het rooi vlekke wat soos bloed lyk op sy hemp. Die verdagte het weggehardloop en die boer het die sleutels gegryp sodat hy nie kan wegry nie. Dawson is toe in hegtenis geneem.
Hough se liggaam is verlede Woensdag omstreeks 11:00 in ʼn oop veld naby Spieëlkop aangetref. Hy is vermoedelik met ʼn mes doodgesteek.
Ek wil vra dat die beskuldigde miskien by n sekuriteits firma of n 24 uur apteek aangehou word die risiko is net te groot om hom aan te hou by die polisie stasie want hulle ontsnapping rekord is nie so goed
24 uur apteek sê jy! Dis SKERP…..hahahaha
Hhehaaaaheeeeeehaaaaaaaaaa:-)))
(kommentaar van die dag Leahim)
Nou dink jy reg bly liewer binne…….