Kalahari.com sluit sy digitale deure

Kalahari.com het die nuus van die samesmelting op sy webtuiste aangekondig. Foto: www.kalahari.com

Kalahari.com het die nuus van die samesmelting op sy webtuiste aangekondig. Foto: www.kalahari.com

Die bekende e-handelmaatskappy, Kalahari.com, se handelsmerk en webtuiste sal binne die volgende maand sluit.

Die Kalahari-handelsmerk en webtuiste sal deel word van Takealot.com opgeneem, het die aanlyn-handelaar aangekondig. “Die Kalahari-webtuiste sal binne die volgende maand toemaak. Ons sal ons kliënte vroegtydig in kennis stel,” het ʼn antwoord op ʼn navraag op die webtuiste gelees.

Intussen het die Takealot-webtuiste gesê vooraf-bestellings wat voor 31 Mei 2015 afgelewer moet word, sal steeds deur Kalahari.com gehanteer word. Enige vooraf-bestellings wat ná hierdie datum afgelewer moet word, sal deur Takealot.com behartig word.

Sekere Kalahari-rekeninge sal outomaties na Takealot.com oorgeskuif word sodat kliënte hul bestellings kan opspoor. Die Takealot-webtuiste het aan ander gebruikers verduidelik hoe om hul rekeninge oor te skuif.

Die plan om Kalahari in Takealot op te neem, kom nadat die Mededingingstribunaal vroeër vanjaar ʼn samesmeltingsooreenkoms tussen die twee maatskappye goedgekeur het. Hierdie ooreenkoms het ten doel om die saamgesmelte eenheid se omvang en aanbod in Suid-Afrika te vergroot.

Die Mededingingstribunaal het die ooreenkoms goedgekeur op voorwaarde dat nie meer as 200 poste gesny sal word nie. Sommige Kalahari-personeel is glo in Takealot opgeneem, terwyl ander nuwe betrekkings gevind het.

Die Kalahari-handelsmerk is in 1998 in Suid-Afrika begin met die webadres Kalahari.net. In 2011 het die maatskappy sy webdomein na Kalahari.com verander en in 2014 is ʼn nuwe logo onthul. Volgens data van Effective Measure was Kalahari.com Suid-Afrika se grootste e-handelwebtuiste in Desember 2014 met 2 277 636 besoekers aan die webblad. Daarenteen het Takealot.com 1 737 672 besoekers in Desember 2014 gehad.

Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

chantell ·

Ja en daar gaan die goedkoop pryse want kalahari was goedkoop take a lot blerry duur so nou sal ek nie meer online shop nie want by take a lot koop ek nie die naam se alles take a lot of your money

Ampie ·

Dis nogal jammer dat e-handel in Suid-Afrika net nie wil posvat nie. Ons kan aanneem dat Kalahari teen ‘n verlies voortgeploeter het die laaste paar jare. Anders as in die VSA is ons mark net te klein, mededinging nie genoeg nie en dan sukkel ons ook met groot koerierskostes agv die Poskantoor se onvermoe om ‘n diens te lewer. Dis ook te duur om pakkies te verskeep van oorsee deur Ebay en Amazon. Ons is dus maar weer uitgelewer aan die groot winkelgroepe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.