Kalahari-reën: ‘Sy beker van genade loop oor’

Johnnie Human. Foto: Christine Kruger

Johnnie Human. Foto: Christine Kruger

Johnnie Human (80) het sommer sy dors uit ʼn reënmeter geles nadat dit die afgelope drie weke meer as 115 mm reën op sy plaas in die Kalahari gereën het.

Christine Kruger het die foto van haar pa geneem waar hy uit die reënmeter drink en dit op Facebook gedeel. Dit het soos ʼn veldbrand versprei. Christine en ander lede van die familie het oor die feestyd op haar ouers se plaas, Doogedruin naby Upington, gekuier.

“Dit was ʼn droë seisoen en hierdie reën was regtig genade. Op 80-jarige ouderdom is so iets ʼn baie groter geskenk as wat iemand fisies vir jou kan gee. Dit is dankbaarheid en nederigheid, want hulle is totaal afhanklik daarvan. Daar is baie gebid.”

Kruger sê haar pa-hulle boer met dorpers en bonsmaras. “As jy nie iets het om vir jou diere te gee om te eet nie en dit is so warm, dan is reën ʼn baie groot seën.” Volgens Kruger is die gemiddelde reënval in die area sowat 250 mm per jaar. “Om dus so baie reën in drie weke te kry, is regtig net genade.”

Inwoners van die Kalahari en ander dele van die Noord-Kaap juig nadat goeie reën sedert Maandag oor dele van die streek geval het.

Volgens Marco Bosch het dit gister in ʼn kort ruk sowat 55 mm gereën net buite Postmasburg. Hy het op die Facebook-groep Reënval in SA foto’s gedeel. Volgens Sarel Bester, wat 30km noord van Vryburg in Noordwes bly, het dit die afgelope drie dae 110 mm gereën. Annelize Van der Merwe het gesê die plaas Kalkbult, in die Kalahari-Wes-gebied naby Noenieput, is met 75 mm geseën. Koffiefontein, in die suidweste van die Vrystaat, het die afgelope drie dae glo minstens 46mm reën gekry.

Marco Bosch het die foto’s gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Tess ·

Dank die Here! Mag hierdie droogte sy alie sien voor ons nog n jaar uitsien. Ons boere is ons lewensaar. Gebede vir reën, sowel as veiligheid vir hulle.

Suzy ·

Amen!!!!! Dankie Here vir die water wat regoor die land val !!!!!!!! . Oom geniet daai lieflike reen water die Here is so goed vir ons. Oom laat my so baie aan my pa dink wat ek al meer as 30jr terug aan die dood moes afstaan . Hier in Kwazulu Natal kry ons net so baie reen . Dis alles net genade uit die Vader se hand .

Henk Stander ·

Sowaar dankie Here.
As ek kyk na almal se eerste reaksie en sien dat almal ons Vader dank, dan weet ek daar is hoop vir hierdie volk.

Leana ·

Dis my wêreld daai! Die foto laat my aan my pa dink. Hy was ook ‘n boer daar. 2017 gaan ‘n goeie jaar wees.

Frank ·

Amen en AMEN.!!!!!! Sy plan is perfek;Sy tyd is perfek;sonder Hom is ons niks ;Waarlik waar kry ek knop in my keel as ek sien hoe ons folk nog so in Hom glo. Ons se dankie Here U is ons Fader.

Sê maar net ·

Dankie Here vir U genade vir ons boere en mense, voorsien asseblief nog Here want U weet hoe nodig ons mense dit het. Hou al ons boere ook asseblief veilig in U beskerming oor hulle. Laat U engele hulle elke dag en elke aand veilig hou. Ons vra nie oor ons dit verdien nie, maar alleen uit U groot en heilige genade. Amen

AJ ·

Prys die Here.Ons het regtig erg droogte gehaat.Alle dank aan ons Hemelse Vader

Frikkie ·

Dankie, Dankie, Dankie Here vir die milde reën,
en vir U Barmhartigheid oor mens en dier.

Marianne ·

Ons kniel nederig saam met ons Vrystaat familie en dank God vir Sy mildelike gawes. My neef het al teel skape geslag om hulle te red.
GROOT IS GOD – ONS IS NEDERIG. ONS HARTE JUIG. ONS TRANE VLOEI.

Oudste ·

Dankie ABBA Elohim! U het die gebede gehoor en reen gestuur. Kyk asseblief sag na die gedeeltes van ons land wat nog skaars reen gehad het, hoor asseblief hulle gebede en stuur asseblief daar ook reen, in die naam van Yeshua, die Begin en die Einde, die Alfa en die Omega en die Lig vir die wereld, ons Redder, Amen.

JF ·

Die foto laat my huil. Dit sê so baie. Hoera vir ‘n 80jarige oom wat nog vir boer kans sien!

Penellope Jones ·

Die absolute wonder en seen van water uit die lug!!! Dis sielsverrykend, dis sieletroostend.
So baie kere het my ooms gehuil omdat dit so droog is, dat hul skape en beeste agterdeur toe kom om te vra vir ‘n bietjie water, dat die wingerd doodbrand, letterlik doodbrand en dan op ‘n dag bars die water uit die hemel en troos mens, dier, grond, gewas, alles wat asem het.
Dit is vrede vir die siel.
So, so baie dankie vir die water uit die Heer se Hande wat Hy oopgemaak het en die water laat val het waar dit so nodig was.

Beskrywend ·

Beskrywend van daardie wêreld sou gewees het die plaas ‘Droogeduin’ en nie ‘Doogedruin’?
Vol genade is die werke van die Here.

Kobus ·

Hier in die grootste deel van die Kalahari is dit nat,nat en nat….damme water staan so ver die oog sien…van mens tot dier is daar skielik n positiewe te bespeur…die Boere het swaar gekry van jare se droogte….kon die swaarkry en stres op die gesigte sien…maar opgee was min…hul geloof en gebede het hul gedra….Dankie Vader dat U daar was en is vir ons mense in SA….Deur ons geloof en gebed sal U nog verdere wonderwerke in hierdie land laat gebeur…Amen

Alwyn ·

Dankie Heer.U sorg vir U volk.Ons prys U.Sal U elkeen seen wat U naam oor hulle lippe en vingers laat vloei.Amen.

Andrea ·

Hoe wonderlike seën is reën nie! So dankbaar vir elke druppel. Dankie liewe Vader!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.