Kallis, TV-wiskundeman met nasionale ordes vereer    

William Smith het die Orde van die Kremetart (silwer) ontvang. Foto: GCIS

Die voormalige Protea-krieketheld Jacques Kallis en William Smith, die man wat jare lank wiskunde en wetenskap op TV aangebied het, is twee van die Suid-Afrikaners wat pas met nasionale ordes vereer is.

Pres. Cyril Ramaphosa het die nasionale ordes Donderdag by die Sefako Makgatho-presidensiële gastehuis in Pretoria oorhandig.

“Saam verteenwoordig die vooraanstaande ontvangers van die nasionale orde die waardes, idees en aspirasies van die miljoene Suid-Afrikaners wat op 27 April 1994 vir vryheid gestem het,” het Ramaphosa by die geleentheid gesê.

Die nasionale orde is die hoogste eer wat ʼn Suid-Afrikaanse landsburger en vooraanstaande buitelanders kan ontvang.

Kallis het die Orde van Ikhamanga (silwer) ontvang.

Die negejarige Thapelo Tambani van die Transoranje Skool vir Dowes is postuum met die Mendi-dekorasie vir dapperheid vereer. Thapelo het verlede jaar ’n maatjie uit ’n sloot in Soshanguve naby Pretoria gered, maar toe self verdrink.

Kallis het die Orde van Ikhamanga (silwer) ontvang vir sy uitsonderlike bydrae tot Suid-Afrikaanse krieket. Yvonne Chaka Chaka het ook dié toekenning ontvang vir haar bydrae tot musiek en maatskaplike samehorigheid.

Smith het die Orde van die Kremetart (silwer) ontvang vir sy bydrae tot die onderrig van wiskunde en wetenskap. Smith het jare lank wiskunde en wetenskap op televisie aan leerlinge verduidelik.

Die volledige lys ontvangers is:

Die Mendi-dekorasie vir dapperheid

Thapelo Tambani (postuum)

Yvonne Chaka Chaka het die Orde van Ikhamanga (silwer) ontvang. Foto: GCIS

Die Orde van Ikhamanga (silwer)

Achmat Davids (postuum) vir sy bydrae tot die literatuur en die bewaring van die geskiedenis

Jacques Kallis vir sy bydrae tot krieket

Yvonne Chaka Chaka vir haar bydrae tot musiek en maatskaplike samehorigheid

Nomhle Nkonyeni vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste

Benjamin Pogrund vir sy bydrae tot die joernalistiek en die vryheidstryd

Mathatha Tsedu vir sy bydrae tot die joernalistiek in Suid-Afrika

Mary Mhlongo Twala vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste

Die Orde van Ikhamanga (goud)

Johaar Mosaval vir sy bydrae tot die uitvoerende kunste

Braam Jordaan het die Orde van die Kremetart (silwer) ontvang. Foto: GCIS

Die Orde van die Kremetart (silwer)

Braam Jordaan vir sy bydrae tot die bewusmaking van gebaretaal

Constance Miriam Thokozile Koza (postuum) vir haar bydrae tot onderwys en gemeenskapsontwikkeling

Bongani Donald Mkhwanazi (postuum) vir sy bydrae tot die opheffing van swart ondernemings

Ray en Dora Phillips (postuum) vir hul rol in die vroeë 20ste eeu om die lewensomstandighede van mense aan die Witwatersrand te verbeter

William Smith vir sy rol om wiskunde en wetenskap te bevorder

Velaphi Msane vir sy bydrae tot die vryheidstryd en menseregte

Thandi Lujabe-Rankoe vir haar bydrae tot die vryheidstryd

Anthony Andrew Trew vir sy bydrae tot die ontwikkeling van demokrasie en die postapartheid-gemeenskap

Moyisile Douglas Tyutyu vir sy rol in die vryheidstryd

Yosuf Veriava vir sy bydrae tot die mediese beroep

Thokozani Majozi het die Orde van Mapungubwe (brons) ontvang. Foto: GCIS

Die Orde van Mapungubwe (brons)

Thokozani Majozi vir sy bydrae tot die wetenskap

Die Orde van Mapungubwe (silwer)

Malik Maaza vir sy bydrae tot nanowetenskap en -tegnologie

Ari Sitas vir sy bydrae tot die sosiale wetenskappe

Die Orde van Mapungubwe (goud)

Edna Molewa (postuum) vir haar bydrae om die planeet te beskerm

Die Orde van die Metgeselle van OR Tambo (brons)

Riccardo Sarra (Italië) vir sy rol in die vryheidstryd

Klaas de Jonge het die Orde van die Metgeselle van O.R. Tambo (silwer) ontvang. Foto: GCIS

Die Orde van die Metgeselle van OR Tambo (silwer)

Klaas de Jonge (Nederland) vir sy rol in die vryheidstryd

Khotso Makhulu (Brittanje) vir sy rol in die vryheidstryd

Paulette Pierson-Mathy (België) vir haar rol in die vryheidstryd

Amii Omara-Otunnu (Uganda) vir sy rol in die stryd vir demokrasie

Lucia Raadschelders (postuum, Nederland) vir haar rol in die stryd teen apartheid

Die Orde van die Metgeselle van OR Tambo (goud)

Adm. Didier Ignace Ratsiraka (Madagaskar) vir sy rol in die stryd vir ’n demokratiese Suid-Afrika

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

marja ·

Geluk aan almal. Vra namens ‘n vriend: Wanneer word Jacob Zuma en die Guptas vereer vir hulle hengse bydrae tot korrupsie? Hulle is ongelooflik goed daarin.

Lou ·

Word die toekennings net een keer in honderd jaar gedoen of hoe word mense nou eers vereer vir hulle bydrae vroeg in die twintigste eeu?

Dries Moolman ·

Mooi so. Die oom het my ook gehelp met wiskunde in my tyd. Hy verdien dit beslis. Jammer ons land het nie MEER sulke onderwysers nie.

Marinda ·

Baie dankie William Smith – jou bydrae tot wetenskap en wiskunde was ‘n groot deel van my voorbereiding vir matriek eksamen en ek is baie bly jy het ‘n toekenning gekry

dolphin ·

baie dankie aan braam jordaan en Thapelo tambani vereer het so baie trots vir jul vir dowes in suid afrika .jul het ons dowes hart verower het.

Anel ·

Kan maar net lag. Die toekennigs is na my mening niks werd nie. En voor iemand iets sê, geen suur druiwe nie. Net ‘n feit. Dis eintlik lagwekkend.

Gert Potgieter ·

Ek sterf eerder voor ek iets van daai kommunis ontvang!

Wonder ·

Geluk aan almal wat ‘n orde ontvang het. Die wat so op die kommentare kla, ek gee nie om nie. Jaloesie is so ‘n lelike ding.

Andreas ·

Ek sou baie graag wou sien dat hulle bekend maak oor watter bydrae elkeen gemaak het wat ‘n orde ontvang het. Dan sou mens mos nou kon vestaan hoekom hulle vereer word.

marous ·

Waar is atul , ajay en el bashir se solide goue medaljes ? Kry die modder eiland tannie nie eers ‘n vry bordjie vark worsies met kapok aartappels en ertjies nie ? Hulle het ook mos saam gestry teen die bose sinistere magte van die boere ?

Marie ·

Hoekom is daar fotos van almal wat hul orde ontvang, maar van Kallis slegs ou foto???????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.