Kameelperd-ongeluk: “Ek het niks verkeerd gedoen nie”

Foto: Thinus Botha

Foto: Thinus Botha

Die maatskappy wat die kameelperd vervoer het wat Donderdag dood is, het gesê die brug waarteen die dier sy kop gestamp het, was te laag, het Beeld Saterdag berig.

“Ons het teen 48 km/h gery en veilig onderdeur 31 brûe gery,” het Dirk Boshoff, bemarkingsbestuurder vir Ditjabe-natuurlewedienste, aan die koerant gesê. “Daar was geen waarskuwing dat die Garstfontein-brug onveilig is nie. Ek is nie hier om diere dood te maak nie. Ek vervoer hulle net.”

Hy sê hy het Donderdag agter die vragmotor en sleepwa gery wat die twee kameelperde van Meyersdal Eko-landgoed in Alberton vervoer het. Die kameelperd het sy kop op die N1 in Pretoria gestamp terwyl hy saam met ʼn ander kameelperd vervoer is.

Ken Herrison, ingenieur van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP), het egter aan Beeld gesê daar is niks verkeerd met die brug nie en dit voldoen aan alle wetlike vryruimte-bepalings.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) oorweeg steeds om klagtes aanhangig te maak teen die bestuurder kragtens die Dierebeskermingswet en het Vrydag bevestig hy ondersoek die saak.

Lees ook:
DBV oorweeg klagtes na kameelperd se dood
Kameelperd vrek ná noodlottige kopstamp op PTA-snelweg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Somerset (Sommie) Morkel ·

Nee, niks verkeerd gedoen nie…. was net bietjie baie stupid…

wessel vosloo ·

Hoekom kon die diere nie vervoer word met ‘n lowbed nie ? dan sou die diere nie seergekry het nie-meeste besighede wat diere vervoer moet juis lowbed sleepwaens he die padwet vereis dit as hulle vervoer word

andries ·

Gaan dat hulle jou driedumensie toets,jy behoort aan te voel dat die brug te laag is. Ek dink jy het n groot probleem.

Annamarie ·

Dis ‘n vreeslike onnodige tragedie. Dit help nie klippe word heen en weer gegooi nie. Ek sou voorstel dat diere wat vervoer word eerder aan die slaap gemaak word…ek kan net dink hoe traumaties daai rit vd 2 pragtige diere was. Shame man, hulle is bos diere en nie aand karre en hoofweë gewoond nie. Ek voel regtig daar moet gekyk word na die veiligste manier om alle groot diere te vervoer. Staan eerder saam en werk van hier af. . .almal maak foute maar word nie so gekritiseer of vervolg nie.

Chris van Heerden ·

n Kammeel kan nie laat le word nie. Hulle vrek as hulle gaan le. So jy kan hulle nie aan die slaap maak nie.

Paul Smith ·

Vrydagoggend op RSG gehoor dat dit die soort ouens is wat in jou posbus gaan skree as hy vir jou ‘n voicemail wil stuur. Baie, baie stupid.

adele lombard ·

Die DBV moet ALLE betrokkenes aankla…die vervoer maatskappy, die bestuurder vd trok EN die eienaar vd kameelperde. Dis hul plig om te sien dat hierdie saak nie net weer op tegniese punte deurglip nie. Enige aap kan sien die brue sou te laag wees v veilige vervoer. Die DBV skuld die publiek.. daar is gele berugte en groot ontsteltenis oor die gebeure. Ons MOET ons plig namens onskuldige diere nakom.
Adele Lombard

EMK ·

@Adele Lombard – stem saam met jou en andere hierbo. Die hele internet wemel van selfs mense van die buiteland wat onsteld en “disgusted” is oor hierdie storie. Natuurlik begin die ontkennings nou en die een blameer daardie een en so gaan dit aan. Skande!

waldo ·

Elke en enige situasie wat dalk skadelik vir diere kan wees moet so gehanteer word. Geen verskoning is aanvaarbaar nie !!! Elkeen en Almal wat betrokke was met die vervoer is skuldig !!!

Ansie ·

Dit is nie net die mense wat die dier vervoer het wat onder die vergrootglas moet wees nie…..Die betrokke beampte van die Gauteng Departement van Natuurbewaring wat die toestemming verleen het dat die dier op die betrokke roetes en metode vervoer word moet ook ondersoek word. Hulle is mos veronderstel om die roete en metode van vervoer te ondersoek voordat ‘n permit uitgereik kan word vir die vervoer. Waarom anders word toestemming gevra as enige voertuig en roete sommer net gebruik kan word. Nee, ek voel die mense wat die toestemming verleen het het nie hul huiswerk gedoen nie, anders sou hulle die vervoermaatskappy beslis gewaarsku het, of hul is nie bevoeg om die spesifieke posisie in die Departement te beklee nie.

rulphi ·

mmm , sterkte Dirk man ! onse ou perde maat , so leer mens Wel. ~ Soms met skande en skade word ‘men’ wys . .

DANIE ·

ja dit was dom ve imand wat al so lank met diere werk wou die diere goedkoop vervoer wa was di regte trok ve daai trippie te siunig gewees n skande hoes ma my mt

Belinda ·

Ja dis darem n baie hartseer storie om te lees…………….mag al die wat skuldig is asseblief net dit erken en mag daar nooit weer so iets gebeur nie………….. :-(

Isobel Vandermotten ·

more gaan hy seker se dit was die kameelperd se skuld dat hy dood is want hy het die brug gesien kom hoekom het hy nie gekoes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.