Kameelperd vrek ná noodlottige kopstamp op PTA-snelweg

Foto: Thinus Botha.

Die foto is etlike sekondes geneem voor een van dié kameelperde se kop die oorhoofse Garsfontein-brug getref het. Foto: Thinus Botha.

ʼn Kameelperd is Donderdagmiddag dood toe sy kop ʼn brug op die N1-snelweg in Pretoria getref het terwyl hy op ʼn oop wa vervoer is.

Thinus Botha, ʼn 32-jarige ingenieur wat die voorval uit sy motor aanskou het, het aan Maroela Media gesê hy het die vragmotor, wat twee kameelperde vervoer het, van die John Vorster-afrit in Centurion gevolg. Hy het naby die Garsfonteinweg-brug omstreeks 14:30 ʼn foto van die vragmotor geneem en sekondes later gesien hoe een van die twee kameelperde se kop die oorbrug tref.

“Dit was ʼn harde slag,” het Botha gesê. “Kort daarna het ek sien hoe sy nek knak en daar het bloed by sy snoet uitgeloop.”

Botha het gesê verskeie motoriste het hul toeter gedruk vir die vragmotorbestuurder om sy aandag te trek. Botha het egter by die Atterburyweg-afrit die snelweg verlaat en net gesien hoe die vragmotor in die middelste baan voortbeweeg.

Die vragmotor het uiteindelik naby die tolhek in die noorde van Pretoria van die pad afgetrek, waar die dierebeskermingsvereniging (DBV) die diere ondersoek het.

Rick Allen, ʼn woordvoerder van die Tshwane-DBV, het aan Maroela Media gesê die departement van natuurbewaring het glo ʼn permit toegestaan dat die betrokke kameelperde en ander vee vervoer mag word. Hulle was glo op pad na ʼn plaas in die Bela-Bela (Warmbad)-omgewing.

“Ons is glad nie tevrede met die manier waarop die kameelperde vervoer is nie,” het Allen gesê. “Hulle moes in ʼn wa met ʼn dak vervoer word.”

Beamptes van die DBV ondersoek die voorval en is nog op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Pieter Myburgh ·

ONNOSEL DOM,ALMAL WAT BETROKKE WAS,ORGANISEERDERS TOT DIE BESTUURDER !!!!!!!!

Amanda ·

Ai dit is so hartseer. :'( Arme diere. Ek hoop hulle word vervolg vir die onverantwoordelike manier van vervoer.

Trippie ·

Mens het lus en huil vir die arme dier se part – en sommer ‘n paar taaiklappe uitdeel aan die persoon/persone wat nie die nodige voorsorg getref het nie.

fritzoos ·

So kameelperd kos oor die R150 000 dus gaan iemand moet verduidelik. Stupid van die bestuurder maar, die verkoper moes voorsorg getref het. Die vervoer van wild is op eie risiko. Dit gaan vonke spat veral met die getuienis danksy Maroela media.

Johann Roux ·

Arme dier! Dit is so onnodig.

Wildboere moet besef dat dit van kardinale belang is om professionele wildverskuiwers te gebruik.

Ek wonder waar was die hoofwegpatrollie-lede.

Hannelie ·

Om van stuipe te kry! Daar is veronderstel om soveel logistiek, veiligheid en die nakom van wetlikke voorskrifte in die vervoer van sulke diere betrokke te wees!

Tanya Steyn ·

Dit was seker die goedkoopste vervoer, maar dink net hoeveel stres het die diere ervaar om tussen al die verkeer te wees, Dit is totaal onaanvaarbaar. GLO DIE DBV sal die probleem uitsorteer

Marga ·

Hou jou panty aan. Dit was nie die goedkoopste vervoer nie. Vra jouself wie het toegelaat dat hierdie brug so laag gebou is. Yeah etoll!!!!

Niklaas ·

Ag asseblief, Marga. Daar is nêrens e-toll brûe nie. Dit verstom my dat jy ‘n die nalatigheid van die persone verantwoordelik hiervoor op e-toll blameer. Die e-toll perd is holrug gery. Kry vir jou iets anders om alles op te blameer. Of werk aan jou uitkyk op die lewe? Dit is soveel beter om positief te wees.

Marga ·

Ja Niklaas….toevallig is die pad wat onder hierdie brug deurloop n etoll snelweg. Daar is ook aan die brug gekarring terwyl hulle met die veranderinge aan die pad besig was. Wat my uitkyk op die lewe betref weet jy niks van nie maar ek kan jou verseker dat ek glo alle sake het 2 kante.

Vasti ·

Letterlik om van naar te word!!!!! Kan ni glo oor di manier hoe hierdie arme kameelperde vervoer word ni! Dieremishandeling!!!

Marga ·

Hou op klippe gooi. Waarom is die kameelperde onder deur al die ander brue sonder n insident? Wie is die onnosel staatsamptenaar wat die brug laer gebou het en nie n waarskuwing daarby sit nie?

Gert ·

En wie sou die waarskuwing gelees het. Nie die DOM bestuurder nie.

Niklaas ·

Ek wou nou presies dieselfde kommentaar op hierdie belaglike aanmerking lewer as wat ek hierbo gedoen het. Maar toe sien ek dit is weer niemand anders nie. Blameer die staatsamptenaar – want staatsamptenare bou self brûe. Ek is stomgeslaan.

Eugene W Steyn ·

Marga, jy het ‘n geldige vraag oor hoekom die kameelperde al die ander brue gemis het, maar die Garsfontein-brug getref het. Ek het aan dieselfde aspek gedink toe ek van hierdie storie gehoor het. Die feit is dan wel dat dit lyk asof die Garsfontein-brug laer is as die ander brue. Die kruising en brug is ontwerp deur raadgewende ingenieurs en ander professionele konsultante, en ek sou graag hulle opinie wil hoor. Is daar nie ‘n standaard minimum hoogte vir brue nie?

Marga ·

Eugene.

Ek weet nie of daar standaard hoogte is vir brue nie…maar dis net logies dat as die kameelperde van anderkant jhb vervoer is onder deur al die brue dat garsfonteinbrug n moontlike probleem is. Lekker aand.

Jacco ·

Hahaha. Ek glo dit nie! Het hulle nie vir die kameelperde gesê hulle moet duik nie?

Jacco ·

Ek weet wat het verkeerd gegaan.! Hulle moes die kameelperde omgedraai het sodat hulle betyds kon wegduik het.
Is julle seker dis nie n grap nie?

Trippie ·

Ag nee man Jacco – dis mos nou nie iets om oor grappies te maak nie.

Die kameelperde was ook geblinddoek.

Gerda Stols ·

Dit is soooo hartseer was vir my skokkend dat die bestuurder nie kon dink nie!!!!!!! Daars diere met lang nekke agterop die vervoerwa het duidelik nie hulle huiswerk gedoen nie!!!!!

Gog ·

Fritzoos ek dink jy oordryf met dai prys! ‘N kameelperd kos in verskeie wildsplase in SA onder die R30 000. Nie eers 2 kos jou prys nie!!! Dis so sad van die arme dier hoe kan mense so gevoelloos wees! Die kameelperd moes verdoof geword het en in ‘n toe trok vervoer geword het! Ai so prag dier!!!

Theresa ·

Julle is vertraag verby. Dis nou mense wat so toe is soos ‘n klei-os se gat wat toegang en permitte verkry tot sulke diere. Hoe idioties wil julle wees. Ek hoop die DBV ry julle. Dis agv idiote soos julle dat dit so met ons arme diereryk gaan. Hoop julle verstik !!

Esti ·

Ek is voos van nuus oor geweld en nou nog sulke stupidheid en sinnelose gebeure. Ek glo nie iets sal hiervan kom nie – ongelukkig is ‘n menselewe niks werd in RSA nie; hoekom sal ‘n dier s’n wees? Ggandi het gese: wys my hoe ‘n nasie sy diere hanteer en ek wys jou die tipe nasie wat hulle is. So waar. My hart huil.

EMK ·

@Marga – wat se dom kommentaar lewer jy dan nou? Om nou die lae brue te wil blameer is absoluut pateties. Dis nou netsowel jy gaan ry deur ‘n diep rivier maar ag alle ander riviere waardeur jy gery het was vlak so nou neuk jy maar in die diep een en hoop vir die beste en dan verongeluk jy. Dis dan nou die diep rivier se skuld ne?? Nee, mens tref behoorlik voorsorg met die veroer van enige dier of goedere. Mens sorg dat jy vooraf weet wat die hoogte van alle brue is waaronder emns moet deurbeweeg en as dit dan wel laer is moet ander plan gemaak word. Ek hoop die hele spul word beboet, absolute skande.

Leeutjie ·

@ Elizabeth. Jy is goed met jou Hamlet aanhaling van Shakespeare!! Ek was nogal beindruk tot ek verder gelees het en besef het dat jy maar ‘n bietjie aan jou spelling moet werk!

Elizabeth ·

Ag Leeutjie, vergewe maar wat, my spelling is gewoonlik goed maar die vingers is soms te vinnig en dan korrigeer ek myself nie altyd nie. So nie regtig spelfoute nie, sommer net te vinnig tik, iemand wat jou aandag nodig het, honde wat blaf en mens moet gaan kyk…En dan is dit te laat om reg te maak! Foute sluip mos maar in, maak nie saak wie jy is nie ; )

Leeutjie ·

@ Elizabeth. Toemaar, dis darem nie ‘n “trainsmash” nie. Ekself het van die onderwerp afgedwaal en jou “getackle” en nie die bal nie. Dankie dat jy my op so mooi manier reggehelp het. Jy het jou stelling gemaak en ja, ek stem saam met jou oor die verskriklike ding wat met die arme dier gebeur het. Eugene het dit goed gestel deur te verduidelik dat Garsfontein ‘n brug is en nie ‘n E.tol brug nie.

Elizabeth ·

@Leeutjie – dis ongelukkig ‘n “kwaal” van my – haastigheid! Ek is gewoonlik met ‘n paar dinge tegelyk besig en loer tussen-in nog na Maroela en ja, soos ek sê, soms glip die vingers en voor ek kan regstel is dit geplaas. Maar dankie dat jy dit darem so insien; ek het jou opmerking darem nie as ‘n persoonlik aanval beleef nie, so laat ons die naweek geniet wat!

Petro ·

ek gee nie om wie verkeerd was nie kan hulle nie kyk nie obviously kan enige mens n skatting maak tensy jy nie op skool was nie en indien jy was is dit tyd om jou skoolgeld terug te vra hoop almal wat betrokke was kry hul straf shame man dis ook net n diertjie en as die nou weer iemand se hond of kat was was dit nou n helse issue.

maria ·

Ek kan dit nie GLO!!! Hoe gevoeloos stupid iemand kan wees nie. Die weerloos ou dier!! Wens ek kan sommer oor sy kop !!!!

Nadine ·

Mense in watter wêreld leef ons? Ons paaie oorkruis orals dit is vanselfsprekend dat hulle koppe sal stamp, hulle is groot diere, maar nie onbreekbaar nie. Diere mishandeling van n aard. Dink voor julle so iets doen.

Karel Teeven ·

Giraf veel au. Niet geleuvuh, wat ongeluk. Ziekenbed te kort. Beest veel hoog. Alle viadukkies hoog. Laat giraf veilig weggie rijde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.