Kameelperd wat ma, seun trap se kalf dood

Dr. Sam en Katy Williams saam met hul seun Finn. Foto: Verskaf

Die kameelperdkoei wat ʼn ma en haar driejarige seuntjie op ʼn wildlandgoed buite Hoedspruit in Limpopo getrap het, se kalf is dood.

Riaan Celliers, bestuurder van die Blyde Wildlife Estate, het gesê die koei is vroeër suksesvol na ʼn ander reservaat verskuif. Die koei se kalf van twee en ʼn half maande het dit egter nie oorleef nie.

Volgens Celliers is al die nodige voorsorgmaatreëls getref en is daar aan al die wetlike vereistes voldoen. “Ons is almal platgeslaan deur hierdie baie hartseer nuus.” Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

Daar sal na verwagting later vandag meer besonderhede bekend gemaak word oor dr. Katy Williams (35) en haar seuntjie Finn se toestand. Maroela Media het die naweek berig Katy het meer as ʼn week ná die voorval haar bewussyn herwin en kan kommunikeer deur woorde en sinne op ʼn papier te skryf.

“Katy se herstel vorder goed en haar toestand verbeter daagliks. Sy verstaan dat dit tyd sal neem om ten volle te herstel, maar het ʼn positiewe ingesteldheid en verbaas dokters met haar vinnige vordering,” lui die verklaring.

Die driejarige Finn word nog verdoof, maar is volgens die familie ook besig om wakker te word. “Namate sy verdowing stelselmatig verminder word en hy sy bewussyn begin herwin, verwag sy mediese span om ʼn beter aanduiding van die omvang van sy beserings te kry. Ons kan bevestig dat hy onafhanklik asemhaal en hoop om binnekort meer inligting oor sy toestand te hê.”

Katy en Finn. Foto: Verskaf

Die ma en seun word in die Busamed Modderfontein-hospitaal in Johannesburg behandel.

Die voorval het op 3 September op die Blyde Wildlife Estate sowat 15 km buite Hoedspruit gebeur waar die gesin woon. Katy se man, dr. Sam Williams (36), het gaan draf en toe hy omstreeks 18:00 terugkeer, het hy op die toneel, sowat 150 m van die gesin se huis, afgekom waar die kameelperd steeds besig was om sy vrou en seuntjie aan te val. Finn wag gewoonlik op dié plek vir sy pa om terug te keer wanneer hy gaan draf.

Sam kon die kameelperd verjaag. Katy en Finn is hierna na ʼn nabygeleë vliegveld gehaas waar ʼn mediese span onverpoosd gewerk het om hulle te stabiliseer. Finn is eerste met ʼn ER24-helikopter na die Busamed Modderfontein-hospitaal geneem, gevolg deur sy ma in ʼn tweede helikopter.

Dit het later aan die lig gekom dat die kameelperd onlangs gekalf het en dat die aanwesigheid van haar twee maande oue kalf waarskynlik haar gedrag beïnvloed het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Deidre ·

Ja lieflik! Want mense moet mos altyd inmeng met die arme diere!

Sjoe geniepsig ·

Sjoe jul is omtrent geniepsig, dit het 150m van die huis gebeur. Werklik vreemde gedrag, maar kalf laat mens besef, sy het bedreig gevoel dalk, die vrou en kind het niks verkeerd gedoen. Hul veg om hul lewens en ja hul lewe naby diere wat dit nie verkeerd maak nie, wens almal kon soveel soos hul omgee. Jammer oor die kalfie, die skuif is dalk noodsaaklik vir die toekoms.

jo ·

Weereens ly n onskuldige dier net omdat sy haar instink gevolg het.

Ronel ·

Dan is die koei mos beslis nie “suksesvol” verskuif nie! Liewe hemel, was dit nou nodig??

Hoekom skuif? ·

…hoekom het hulle die kameelperd geskuif?
AGV die aanval? Dis mos onnodig!

DD ·

Eenvoudig verby. En alles gaan seker oor geld wat hulle kon verloor sou die kameelperd weer haar vul beskerm….
Mamon!!!

Run free ·

Tragies, alles hieraan is tragies, die mense wat seergekry het ook die arme kalfie wat dood is .. Ek glo die verskuiwing was vir die ou dingetjie net te veel … Run free!

Blondie ·

Wel, Blyde Wildlife, ek hoop julle is nou almal baie happy met julle self.

Zoro ·

Die arme dier moes geweldig onder stres geweet het – terwille van die “slim” mense wat dink hulle kan met dier kommunikeer- kla daai vrou aan omdat sy haar kind doel bewus in gevaar gestel het

Daan Erasmus ·

Geen wildvanger wat weet wat hy doen gee jou ‘n waarborg as hy ‘n kameelperd skuif nie. Daar is ook geen versekering op so iets nie. Hond kat hoender almal beskerm hul kleintjies. Tyd sou alles reg gemaak het.

dries cremer ·

ag aseblief mense. Daar word daagliks wild verskuif om welke rede ookal.

Shaun ·

Nee jy is verkeerd . Wild word hoofsaaklik in die winter geskuif . En jy mag nie wild vang of skuif as die temperatuur bo 22 grade celcius is nie .

Anair ·

…en so leef ons in n tyd waar diere se lewe meer werd geword het as mense sin.. so ter nagedagtenis word genoem van die ma en seun .. regtig mense..God het ons oor diere aangestel en nie anders om nie

Se maar net 1 ·

Uiteindelik iemand met logiese kommentaar.
Ons almal voel sleg oor die kameelperdjie, maar dra ook beslis die ma en haar onskuldige drie-jarige seuntjie op in gebed.

Susan Thiart ·

Op duimpie vir jou Anair.

Die reservaat waarvan gepraat word is ‘n “Wildlife estate”. Die mense wat in die plekke woon is mal oor die natuur, diere en buitelewe.

Menselewens is meer belangerik as die van diere – Wens daaar was soveel aktiviste vir mense soos wat daar vir diere is…

dries ·

daar is besonderse begaafde vee-artse tussen ons wat sommer so in die koerant en tussen die lyne kan lees en besluit waaraan die kalf gevrek het.

Anair ·

..en so leef ons in n tyd waar diere se lewens meer werd as n mens sin… net so ter nagedagte word daar darem oor die ma en kind ook verslag gedoen .. nee regtig.. God het die mens oor die dier aangestel en nie anders om nie..

dries ·

Anair, jy het ‘n punt maar ek dink nie God kon voorsien dat mense so ongelooflik wreed kan wees nie. En met min respek vir diere en die natuur. Maar ek sal nie die reservaat summier afskiet as ek nie weet waaraan die dier gevrek het nie. groete!

Sandy ·

Laat my nou ‘n raaiskoot waag. Die koei is verskuif oor die voorval met die twee mense. En nou is die kalfie wat sy wou beskerm, teen haar beheer of wil dood omdat hy nie tog na die ander plek oorleef het nie. Ek is seker daarvan dat sou die vrou wat vertrap is ‘n keuse kon he, sou sy nie wou he dat die kameelperd verskuif moet word nie. Ek neem nou so aan in lig van die kommentaar van haar man na die voorval.

Jean ·

Wonder of die kalfie nie “uitgehelp” is nie..? Miskien iets verkeerd gegaan met verskuiwing?

Alida ·

Dit was die kameelperd se veilige hawe. Bly weg van wilde diere af veral met n baba.

Oop oge ·

Genesis 9:1-7
n Dier het nie n siel nie…
Alle diere is “meat on feet” en die mens is nie veronderstel om enige dier te verafgod nie…dis onbybels
n Dier het sy plek (werk, eet, beskerming) en die mens moet heers oor dit en dit aanwend tot sy voordeel…sonder mishandeling….

Boempsie ·

Ecclesiastes 3:19
For what happens to the children of man and what happens to the beasts is the same; as one dies, so dies the other. They all have the same breath, and man has no advantage over the beasts, for all is vanity.

Hier maak die Bybel duidelik geen onderskeid tussen mens en dier nie.

Oop oge ·

Boempsie…..
1. die een Skrif handel oor die SIEL en elke wese se plek voor die aangesig van God en die ander…..
2. handel oor die vlees aspek – dat alles wat in vlees geskape is, uit die stof kom en alles terug na die stof gaan.
Die verskil is dat die Siele gaan terug na hulle Skepper toe want dis die beeld van God en dit wat nie Siele het nie gaan tot niet…soos plante.

Mens en dier val onder verskillende ordes en met verskillende doele. Die diereryk (in al sy vorme) is vir die mens geskape as voedselbron en hulpmiddel en is in `n laer orde as die mens.

Lees ook Ecclesiastes 3:21 (twee verse verder vir volle begrip) : Who knows if the human spirit rises upward and if the spirit of the animal goes down into the earth?”

Magda ·

Dit is jammer wat gebeur het met beide mens en dier. Onthou net die mens het verstand en instink – ‘n dier gebruik instink en sien enige iets / iemand as ‘n bedreiging vir ‘n jong kalf. Mens kan tog ook ‘n onrustige kameelperd sien – dis nie asof hulle jou bekruip nie? In ieder geval. Die mens is oor die dier en daarom het die mens verstand ook mense, komaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.