Kameelperde kwyn vinniger as renosters

Dr. Francois Deacon, ʼn gespesialiseerde navorser, aan die Universiteit van die Vrystaat se departement van vee-, wild- en weidingkunde. Foto: ANA

Dr. Francois Deacon, ʼn gespesialiseerde navorser, aan die Universiteit van die Vrystaat se departement van vee-, wild- en weidingkunde. Foto: ANA

Die Wêreldbewaringsunie (IUCN) het vandeesweek kameelperde as “kwesbaar” geklassifiseer op sy rooilys van bedreigde spesies in ʼn poging om te verhoed dat hierdie diere uitsterf.

Die besluit volg ná navorsing wat deur ʼn span navorsers onder leiding van dr. Francois Deacon, ʼn gespesialiseerde navorser, aan die Universiteit van die Vrystaat se departement van vee-, wild- en weidingkunde gedoen is.

Deacon het Donderdag in ʼn verklaring gesê baie min mense was tot onlangs bewus van die bedreiging wat kameelperde in die gesig staar. Kameelperde is voorheen as veilig op die rooilys van bedreigde spesies geklassifiseer.

“Dit is tyd om aan die wêreld te wys dat die bevolkingsyfers van kameelperde in gevaar is. Hierdie herklassifikasie van die IUCN is noodsaaklik om die publiek sover te kry om standpunt in te neem en stappe te doen om kameelperde te red,” het Deacon gesê.

ʼn Statusverslag oor kameelperde, wat deur Deacon saamgestel is, is by die IUCN ingedien wat tot die herklassifikasie van die diere gelei het. Volgens die verslag het die bevolkingsyfer van kameelperde oor die afgelope 20 jaar met 40% verminder. Dit is vinniger as wat olifante en renosters se getalle verminder het.

Die hoofredes vir hierdie afname in die kameelperdbevolking is ʼn verlies aan habitat, burgerlike onrus en onwettige jagtogte.

“Die UV het oor die afgelope paar jaar baie navorsingprojekte oor kwessies en onderwerpe wat met kameelperde verband hou, gedoen om hierdie probleem aan te pak,” het die UV in ʼn verklaring gesê. Die instansie het gesê hy is een van min universiteite in Afrika wat daaraan toegewyd is om kameelperde te bestudeer om die bewaring van hierdie spesie te verseker.

Die verandering van kameelperde se posisie na “kwesbaar” op die rooilys is by die 13de Konferensie van Partye oor die Konvensie oor Biologiese Diversiteit in Cancun, Meksiko, bekendgemaak.

ʼn Natuurlewe-dokumentêr, Last of the Longnecks, toon duidelik hoe die getal kameelperde oor die afgelope twee dekades van 154 000 tot 98 000 verminder het. Vir sommige kameelperdspesies, soos Kenia se sogenaamde Reticulated-kameelperd, het die bevolking met tot 80% verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

M'Lady ·

Ek hoop van harte al die sogenaamde jagters is bewus van wat aan die gebeur is, nie dat dit hulle enigsins sal pla nie. Solank hulle oorsese jagters kan kry en geldmaak maak niks verder saak nie. Baie kameelperde word geskiet en as lokaas gebruik om leeus en luiperds te “bait”.

Jan ·

Moenie jou bekommer nie, die jagters sal die kameelperde op hul jagplase en wildsplase bewaar, soos die leeus en die renosters.

M'Lady ·

Ag Jan, dis soos jy se. Net jammer hulle word geteel om gejag te word soos geblikte leeu jag.

Jaco ·

Kom ons stop jag dan wonder ek wie gaan die wild dan teel?
Beeste, skape, varke ens word natuurlik geteel om ‘n lank en gelukkige lewe te he.

Jaco ·

Kom ons stop jag dan hou almal op om wild te teel dan sterf alles uit.
Beeste, skape, varke en hoenders word geteel om ‘n lank en gelukkige lewe te he natuurlik. Mielies koring ens word geplant omdat dit mooi is ook.

Jan ·

Vee en pluimvee, daar is ‘n verskil. So julle reduseer leeus, renosters ens, tot die status van vee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.