Kamer van Mynwese soek interdik teen nuwe Mynbou-handves

Argieffoto

Die Kamer van Mynwese het Donderdag die 2017 Mynbou-handves verwerp en gesê hy sal die hof nader om die departement van minerale hulpbronne te verhoed om dit te implementeer.

“Die Kamer het sy regspan opdrag gegee om ʼn verklaringsbevel te bekom wat betref die voortgesette gevolge, wat vroeër opgeskort is ten einde ʼn sinvolle ooreenkoms met die departement te bereik,” het die Kamer van Mynwese in ʼn verklaring gesê. “Die Kamer sal ʼn interdik versoek om die implementering van die handves op te skort en dat dit hersien moet word.”

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het Donderdagoggend die handves bekendgemaak. Die handves stel nuwe swart eienaarskap-teikens vir die bedryf.

Die teikens sluit nuwe mynregte en ’n 30%-belang van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in. Eienaars wat vroeër voldoen het aan die vorige teiken van 26% moet binne 12 maande die 30%-teiken bereik.

Diegene wat aansoek doen om vir minerale te prospekteer moet “ʼn minimum van 50% plus een swart persoon” in sy aandeelhouding hê. Die aandeelhouers moet ook stemreg geniet.

Die Kamer van Mynwese voer aan hy is nie geraadpleeg nie en beskuldig die departement dat hy “onwerkbare doelwitte” stel.

“Die gebrek aan betekenisvolle gesprekke met die bedryf is teleurstellend,” het Mxolisi Mgojo, president van die Kamer van Mynwese, gesê. “Dit sal onverantwoordelik wees van die bedryf om onwerkbare doelwitte te aanvaar. Ons bly toegewyd om deel te wees van ʼn proses waar ʼn uitslag bereik word wat tegelykertyd die bedryf transformeer en laat groei en wat volhoubaar is.”

Die Kamer het bewerings, dat die bedryf nie belangstel in transformasie nie, verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris ·

Ek is nog nie op hoogte van die volle mynbou-handves nie. Ek lees maar wat die pers op die stadium daaroor berig. As jy gaan kyk aan wie die myne behoort en wie die “groot aandeelhouers” is, kan ek my net een maatskappy voorstel nl Anglo American. Ek vra die vraag wat die aandeelhouding tans in die maatskappye wat mynbou bedrywighede in die land het. Waar is Anglo vandag. Hulle het ontbondel, aandele aan bemagtigtes “gegee” en met hul winste landuit waar hulle noteer is. Dit kom volgens my leke kennis voor as hulle maak hul geld nog steeds uit die grondstowwe van die land. Waar gaan die meeste steenkool, diamante, uraan, chrome en ander edel en nie-edel metale heen. Dit kom by ‘n ander vraag/punt uit. Dit is een rede hoekom hierdie land deur die buiteland aan die gang gehou word. Soos genoem, ek is ‘n leek, maar Ek vertou net nie die vrede nie. Die land is nie ‘n beleggersvriendelike land nie. Ons word afgradeer op “politieke onstabiliteit ” Dit is snert. As ons werklik so bankrot of in die grond in is soos beweer, sal ons summier verder afgradeer gewees het sonder enige powere askiese. Dink die mense ons is almal onnosel?

CHRISTA ·

Ek kan net nie verstaan hoekom hulle nie op die aandelebeurs aandele in die myne kan koop nie. So kan hulle mos aandeelhouers in die myne word. Wat is die verskil?

Mark ·

Dit is gerig om eienaarskap oor te neem, nie net aandele te besit.

Dirk ·

Hoe kan jy ‘n besigheid of ‘n myn begin maar net 49% se hê,belaglik.

Anoniem ·

Stem Dirk …wonder wat gaan met die klompie koolmyne in Mp gebeur …… ??

John ·

Op ‘n sekere tv-stasie word nou gereeld gemor oor myne wat glo dan nou so en so doen en glo ‘ons’ burgers benadeel … Ons moet swik onder atoomkragplanne, maar ons uraan en ons steenkool is in uitlanders se hande en word uitgevoer? ‘n Bekende reuk hang in die lug. Ons land, ook ondergronds, is onder beleg… en ons eie wapentuig word teen ons ingespan. Uitlanders beskerm hulself met ons Denell-wapentuig en dit skeel niemand. ‘n Hele ‘weermag’ kan so uitgerus word en die land domineer… Maar ons slaap rustig… soos onder die NP wat Afrikaners soos gr 1-leerders platgedruk het. Vandag sukkel ons om op te staan vir onsself… en die vyand lief ons terughoudenheid.

Fires ·

Net ‘n manier van die anc om punte aan te teken vat van die wat het en skenk dit aan die wat ook het, sonder teenprestasie. Ek ruik ‘n gupta in die een

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.