Kamer van Mynwese trek aanbod terug

Argieffoto

Argieffoto

Die Kamer van Mynwese het vandag in reaksie op Solidariteit se aanvaarding van die finale aanbod in vanjaar se goud-loononderhandelinge ’n geskil teen Solidariteit verklaar en sy finale aanbod teruggetrek.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het die Kamer van Mynwese sy morele kompas verloor en bewys hulle met hul eensydige optrede ook dat hulle in kwade trou onderhandel. “Solidariteit probeer verantwoordelik en in die belang van die goudbedryf optree, maar die Kamer van Mynwese is onverantwoordelik in sy optrede en kelder pogings om volhoubaarheid te verseker,” het hy verduidelik. “Solidariteit sal regsadvies inwin oor die kwade trou handeling van die Kamer, maar is baie teleurgesteld in die Kamer wat nou bevestig het dat hy inderdaad nie ’n betroubare rolspeler is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

susan ·

Welkom in Suid Afrika. Niks of niemand is hier betroubaar nie. Jy kan geen woord glo wat uit iemand se mond kom nie,want more word daar gese “dis nie wat ons gese of bedoel het nie”
maroela julle gaan seker nou weer nie my kommentaar plaas nie want ek trap op tone ne

Danie ·

Ek weet nie waar kry Solidariteit sy mandaat nie, in noordwes by anglo gold ashanti het ons nog geen vergadering met hulle gehad nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.