Kamer veroordeel Kaapstad se tariefverhogings

Kaapstad-burgemeester Patricia de Lille Foto: Phando Jikelo/African News Agency

Die Kamer van Handel en Nywerheid het Donderdag ʼn verhoging van 26.9% in water en sanitasie vir Kaapstad veroordeel.

In reaksie op die begroting wat burgemeester Patricia de Lille Woensdag bekend gemaak het, het Janine Myburgh, president van die Kamer, gewaarsku dat die verhoging, wat hoër is as inflasie, daartoe kan lei dat die Stad volgende jaar minder water sal verkoop, aangesien mense reeds begin belê het in toerusting om water te bespaar soos gryswaterstelsels, boorgate en reënwatertenks.

“Dit sal net soos elektrisiteit wees. Hoe duurder water word, hoe meer waardevol sal dit wees om alternatiewe waterhulpbronne te ondersoek en die raad sal aan die kortste punt trek,” het Myburgh verduidelik.

Sy verwelkom die R1.4 miljard wat die Stad geoormerk het om akwifeers te ontwikkel en behandelingsaanlegte op te gradeer. “Dit is ʼn goeie ding. Ons het al jare lank versoek dat water al hoe meer herbruik moet word, maar bitter min is gedoen en nou betaal ons daarvoor.” Sy voeg by dat die skerp verhogings die afgelope 10 jaar hiervoor aangewend kon word.

Eiendomstariewe sal in Julie met 7.2% verhoog, elektrisiteit met 8.1% en vullisverwydering met 5.7%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton ·

Geen manier dat dit so kan aangaan met verhogings nie. Daar kom n tyd wanneer die wat betaal dit self gaan doen en nie meer die stadsraad gaan nodig he nie… Blykbaarhet Stad Kaapstad nog nie gehoor van bloudraad en tang nie. Dit is Afrikaans vir DIY..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.