‘Kamma-dokter’ vasgetrek

Argieffoto

ʼn “Kamma-dokter” is Dinsdag in Soweto in hegtenis geneem nadat sy na bewering vals mediese sertifikate aan motoriste uitgereik het wat hulle bevoeg verklaar om vir openbare bestuurspermitte aansoek te doen.

“Die dokter het probeer vlug toe wetstoepassingsowerhede van die nasionale verkeersdepartement se teenkorrupsie-eenheid, die Valke, personeel van die mediese raad en departement van binnelandse sake ʼn klopjag by haar spreekkamer uitgevoer het,” het Simon Zwane, woordvoerder vir die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), in ʼn verklaring gesê.

Sy is deur die strate van die voorstad gejaag en teruggeneem na haar onderneming waar daar op medisyne, pasiënte se lêers en regeringsdokumente beslag gelê is.

“Die inhegtenisneming is die vyfde kamma-dokter wat in die afgelope vier weke in Gauteng in hegtenis geneem is. Die dokters is oorspronklik van die Demokratiese Republiek van die Kongo en gebruik die praktyknommer van ʼn plaaslike dokter om hul besigheid te bedryf.”

Zwane het gesê die RTMC het vasgestel dat meer as 32 000 onwettige openbare bestuurspermitte op dié wyse uitgereik is.

“Houers van hierdie permitte is op die paaie en bestuur busse, vragmotors en taxi’s. Die bestuurders plaas die lewens van ander padgebruikers in gevaar en mag moontlik nie medies in staat wees om die voertuie te bestuur nie.”

Hy het gesê die onwettige bestuurspermitte sal gekanselleer word sodra die ondersoek afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Langtoon ·

Mag die terugtrekking van die onwettige permitte as baie dringend beskou word en spoedig gebeur!
Dis daagliks sigbaar hoeveel padgebruikers daar is wat geen idee van padreels het nie!
Die skelm vrou, wat haar nogal voordoen as iets wat sy gladnie is nie, het vele oortredings teen haar! Maak haar maar goed toe vir baie jare!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.