Kamma-metropolisielede aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo as Johannesburgse metropolisiebeamptes voorgedoen het.

Supt. Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, het Donderdag gesê die vier mans, onderskeidelik 18, 23, 28 en 33 jaar oud, is Woensdag in Meadowlands in hegtenis geneem.

“Metropolisiebeamptes het Woensdag ʼn verdagte Toyota Venture opgemerk en dit van die pad af getrek,” het Mamonyane gesê. “Die beamptes het die motor deursoek en ʼn koeëlvastebaadjie van die metropolisie, blou ongemerkte baadjies en vervalsde aanstellingskaarte in hul besit gevind.”

Die mans moet binnekort in die Meadowlands-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, die besit van gesteelde eiendom en die nabootsing van ʼn beampte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

10 uit 10 outjies! Nou net sorg dat hulle agter tralies bly!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.