Kamma-onnies loop hul rieme styf

Foto ter illustrasie: Pixabay

Twee onderwysers van Mpumalanga wat poste met vervalste kwalifikasies gekry het, is vrygelaat op R3 000 borgtog elk nadat hulle in die rondgaande hof op Wakkerstroom voorgekom het.

Sibongile Rose Khuzwayo (48) en Nonjabulo Bahle Mabuza (31) is verlede Donderdag in hegtenis geneem deur beamptes van die Valke nadat dit aan die lig gekom het die twee het vervalste kwalifikasies aangebied toe hulle om werk by die Seme Secondary School aansoek gedoen het.

Die een het agt jaar lank as onderwyser gewerk en die ander twee jaar, sê kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder. “Na raming het dit die provinsiale onderwysdepartement ʼn verlies van meer as R2,4 miljoen laat ly.”’

Hulle het blykbaar verkies om te bedank.

Die departement het in 2017 agterdogtig oor die twee se kwalifikasies geraak en gevra dat hulle dit aan die amptenare voorlê. Hulle het toe blykbaar verkies om liewer te bedank.

Die departement het klagte by die plaaslike polisie ingedien, wat die saak toe aan die Valke vir nadere ondersoek oorgedra het, sê Sekgotodi. Valke-beamptes het die twee eindelik op aanklagte van bedrog in hegtenis geneem.

Nadat hulle Vrydag borgtog toegestaan is, is hul saak tot 6 Februarie aanstaande jaar uitgestel sodat hulle tyd het om aansoek om regsverteenwoordiging by die Volksrust-streekhof te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael ·

Check nou.!!!nou kry die twee nog n groot goue hand druk ook.

Cherokee ·

Lê bewyse voor vir die pessimisme wat jy stook in hierdie forum.

Philip ·

Ek is nie verbaas nie. Die korrupte spul maak ons land armer en armer. Ons is bankrot soos dit is. Nee as die regering ernstig is moet hulle hul salarisse terug betaal. Om tronk toe te stuur kos net weer geld.

Bekommerde ·

Sulke nuus maak my geweldig bekommerd. Wat is die boodskap wat aan die jeug gegee word – jy kan maar lieg en bedrieg solank jy nie uitgevind word nie.
Ek wonder ook of die leerders benadeel is deur die onderrig wat die “onderwysers” gegee het asook word onderwysers se kwalifikasies nooit geverifieer nie.
Ek kan maar net wonder of hierdie die spreekwoordelike oortjies van die seekoei is ………

Sarel ·

Nou moet die Belastingbetaler nog vir hulle verdediging ook betaal. Eish!!

Koos ·

hulle lieg kwalifikasies BY op hulle CV’s om werk te kry. ek het my 2 universiteitsgrade van my CV af VERWYDER net om weer werk te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.