Kamma-sangoma in Pta-Oos vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn 39-jarige vrou, wat haarself as ʼn sangoma voorgedoen het, vasgetrek nadat sy glo ʼn inwoner van ʼn spogbuurt in die ooste van Pretoria met byna ʼn half miljoen rand ingeloop het.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer, ʼn 27-jarige inwoner van Hazeldean, het die verdagte in September verlede jaar vir die eerste keer ontmoet. Die verdagte het haarself in ʼn advertensie op ʼn webwerf as ʼn “psigiese medium, shaman en geestelike geneser” voorgedoen en uit haar huis in Nieuw Muckleneuk, naby die Brooklyn Mall, “gepraktiseer”.

“Die ‘sangoma’ het ʼn konsultasiefooi en ʼn groot betaling geëis om ʼn spirituele huisskoonmaak- ritueel te doen,” het Weilbach Woensdag gesê. “Die slagoffer is ook verskeie opdragte gegee om uit te voer. Een daarvan was om ʼn kluis vir haar huis aan te skaf, waarin sy betalings moes plaas gedurende daaropvolgende rituele.”

Volgens Weilbach het die verdagte tydens ʼn ritueel voorspel dat die slagoffer R10 miljoen gaan erf. “Om die voorspelling te verseker, moes die slagoffer nog geld in die kluis sit sodat die sangoma en die slagoffer oor die geld kon ‘bid’. Dinge het so geëskaleer dat die sangoma die slagoffer oorreed het om uit haar werk te bedank sodat sy haar pensioengeld kan kry en haar voorvaders dié geld kan vermeerder.”

Weilbach het gesê die slagoffer het nooit ʼn rede gehad om die sangoma te wantrou nie en is sy aangesê om nie oor haar “spirituele ervarings” met enigiemand te praat nie. Sy het uiteindelik snuf in die neus gekry en beamptes by die Garsfontein-polisiestasie se raad gaan vra.

“Die polisie het haar aangeraai om die kluis oop te maak, waarna sy besef het haar geld is weg. Die vrou vermoed die sangoma het die geld uit die kluis gesteel terwyl sy aangesê is om haar oë toe te hou tydens rituele en gebede.”

Die vrou is van meer as R400 000 besteel.

Aangesien die verdagte in die Brooklyn-polisie se wyk woon, is ʼn bedrogklag daar ingedien. Die verdagte is Dinsdag in hegtenis geneem en moet Donderdag in die Hatfield-gemeenskapshof verskyn.

Die polisie vermoed die ‘sangoma’ het nog inwoners ingeloop. Weilbach het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom as hulle vermoed hulle is deur ʼn sangoma in die Brooklyn-omgewing ingeloop. Bel die polisie by 012 366 1700.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mickey Ritter ·

As jy dom is, moet jy maar skoolgeld betaal! Geen simpatie nie.

LK ·

Ja nee, ek stem verseker saam. Hoe dom kan een mens nou wees? Kan nie glo dat hulle hulself ophou met die gemors en in sulke snert glo!

Genieve ·

Wanneer wil die mense leer,daagliks word julle gewaarsku oor kamstige simgomas,maar nee hulle is te gulsig,vertrou teveel op di arm van vlees.

Piet Pompies ·

Daar is nie medikasie vir die soort siekte….jy’s dom

Claudia ·

Dit is satanisties! Die persoon moet vir haar laat bid word om haar skoon te was. Vertrou net op God en bid tot die Here Jesus Christus:-)

Alida ·

Dom mense moet swaarkry. Sy sal nooit weer haar geld sien nie. Die SAPD het hulle hande vol met misdaad en kan nie hul tyd mors met snert nie.

w ·

Hahaha. Ai hu dom kan mense tog wees. Gierigheid van die slagoffer speel ook n groot rol. Ai mense di skelms lag vi ons?

GES ·

Ag nou ja….. As jy jou met die duiwel se dinge besig hou moet jy maar die gevolge dra. Die bedrieër het nogal ongelooflike oorredingsvermoë, om iemand om te praat om te bedank vir die pesioengeld …. dit wil gedoen word.

Stormrider ·

Lekker lag ek nou! A fool and their money is easily parted!

Cherokee ·

Vind nie my weg oop om te lag vir sulke naïwiteit nie. Al was dit hoe naief en dom is dit steeds bejammerendswaardig. Ek het twee jaar gelede die polisie opdrag gegee om die woonsteldeur oop te breek van ‘n Ugandees wat prober het om ‘n swart vrou se R90 000 te verdubbel maar ongelukkig, toe hulle die kassie weer oopmaak was die geld weg. Hy was slegs vir ‘n naweek toegesluit en ek sien hom steeds elke weeksdag. 2 Jaar later. Geen opvolg. ….. Het nie vir haar gelag nie maar die dief laat vervolg.

Joe Olivier ·

Die vrou se bed in haar “spoghuis” staan seker ook nog op bakstene.

Johan. H. ·

Die mense hoort in die parliment, daar is nie pille vir dom nie.

Ronnie ·

Nou wonder ek: sou ‘n “regte” sangoma beter gedoen het?

ken benoni ·

Speel met ‘n slang en jy gaan wel gepik word. Dis duiwels dinge maar baie mense luister nie na Gods opdragte nie, word wakker en lees die skrif! Stem saam as jy dom is help geen medikasie nie !!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Dis nie die duiwel wat verantwoordelik is vir die domheid van ‘n mens nie. Ek weier om die duiwel krediet te gee vir alles wat verkeerdgaan. Dis mense se swak besluite wat jul in die pekel laat beland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.