Kamma-tandarts vas oor onwettige praktisering

Argieffoto

’n Tandarts wat glo onwettig in Randburg in Gauteng tandheelkundige prosedures uitgevoer het, het Maandag in die hof verskyn. Hy het na bewering nie by die raad vir gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) geregistreer om wettig as tandarts te kan praktiseer nie.

Priscilla Sekhonyana, woordvoerder van die RGBSA, sê die polisie van Honeydew in Roodepoort en amptenare van die RGBSA het die tandarts, Effort Matanga Ncube, by sy praktyk in die Northview-winkelsentrum in Randburg in hegtenis geneem. Ncube is van Zimbabwiese afkoms.

Sekhonyana sê dit het ook aan die lig gekom dat Ncube glo ander tandartse in diens neem wat ook nie by die raad geregistreer is nie.

Die RGBSA voer landswyd voortdurend lukraak operasies saam met die polisie uit om te verseker dat gesondheidsorgpersoneel aan die Wet op Gesondheidsberoepe voldoen.

“Die Raad waarsku kamma-gesondheidswerkers om nie te praktiseer sonder om by die raad te registreer nie. Dit plaas die niksvermoedende pasiënte se lewens in gevaar. Die raad moedig mediese praktisyns wat beoog om wettig in die land te praktiseer, aan om te registreer,” sê Sekhonyana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

twaalfboor ·

Ek sien nie wat die probleem is nie. Ons het dan “kamma-ministers” in ons land sonder kwalifikasies.

Spyker ·

Verkeerd, om as n minister te kwalifiseer moet jy n Kommunis, Rassis, Korrup, Gewese Terroris en onkundig wees. Die meeste slaag met lof!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.