Kammanassie-brand voortdurend gemonitor

Die brand in die Kammanassie-berge is nou grotendeels in bedwang (21 Januarie 2022) (Foto: Verskaf)

ʼn Weghol-veldbrand in die Kammanassie-berge in die George-omgewing wat Woensdag uitgebreek en Saterdag weer opgevlam het, word voortdurend gemonitor.

Die brand is steeds onder beheer en die brandlyn strek van die weste na die ooste.

ʼn Sterk noordwestewind het Saterdagaand begin bedaar en van die weste na die ooste begin waai – en nie in die rigting van infrastruktuur nie, aldus die Tuinroete-distriksmunisipaliteit.

Brandbestryders en ʼn paar watertenk-eenhede is Sondag steeds op die toneel. Warm en winderige toestande word vir vandag voorspel en bemanningslede sal die beskerming van lewens en infrastruktuur as prioriteit beskou.

Tot dusver is geen lewensverlies of skade aan infrastruktuur aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius ·

Sterkte aan die wat geraak word. Hopelik sal die laaste goeie reëns help om die veld gou te herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.